Digibron cookies

Voor optimale prestaties van de website gebruiken wij cookies. Overeenstemmig met de EU GDPR kunt u kiezen welke cookies u wilt toestaan.

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies zijn verplicht om de basisfunctionaliteit van Digibron te kunnen gebruiken.

Optionele cookies

Onderstaande cookies zijn optioneel, maar verbeteren uw ervaring van Digibron.

Bekijk het origineel

'N BEKEERDE JODIN VERTEL

Bekijk het origineel

+ Meer informatie

'N BEKEERDE JODIN VERTEL

7 minuten leestijd Arcering uitzetten

Overgenomen verhaal uit een Zuid- Afrikaans Zendingsblad door Ds. Zijderveld.

Die getuienis van mej. Maisie RUemer oorgeneem uit:

„HULLE HET DIE GEHEIM ONTDEK"

Die onderskeid in haar lewe Natuurlijk was ek baie nuuskierig om te weet wat sy vir my gaan sè. Op pad huis toe het sy gaan stil staan en gesè: , , Wil jy graag weet wat my lewe so anders maak? WEL, DIT is dierede". Tot my verbasinghet sy 'n Bybel opgehou en ek het uitgeroep: „DIE BYBEL! Lees jy dit tog nie! Dit is dan alles van gods diens en God". Met 'n stralende gesig het sy my geantwoord: , , Ditisdie wonderlikste boek in die wereld. Dit vertel ons van geskiedenis, aardrykskunde, wetenskap, filosofie. God en satan, die hemel en die hel envanjouenmy. AUes wat ons van die lewe wil weet, kan ons in hierdie wonder like boek vind. Ja, hierdie boek leef en het die oplossing vir elke probleem".

Haar erns en y wer het my diep bëindruk. Sy het voortgegaan deur aan my die profesië oor Jesus Christus in die Ou Testament te toon, maar ek kon huUe nie verstaan nie, want ek het niks van Hom geweet nie. Daarna het sy Jesaja 53 gelees en verduidelik dat die Messias vir ons sondes moes ly en Homself vir ons moes offer. Hierna het sy my van Jesus Christus vertel, van Sy geboorte, Sy goeie lewe, Sy dood, opstanding en uiteindelik Sy wederkoms. Terwyl sy gepraat het, het ek soos 'n riet gebewe. Angs het my beetgepak. Ek is'n Jodin en ek mag nie na hierdie dinge oor die heidense God luister nie. Die Heilige Geest het egter tot my hart gespreek en ek het GEWEET dis die WAARHEID. Die trane het oor my wange begin rol, ek het om verskoning gevra en huis toe gehardloop. My moeder mag nie weet wat in my gedagtes omgaan nie. Daardie aand kon ek nie slaap nie, want twee stemme het gedurig in my ore weerklink: , , Sè nou net dit is waar. Dan sal jy iets daaromtrent moet doen, want anders sal jy verlore gaan". En dan weer die ander stem: , , Dit is nie waar nie, Jesus is net 'n God vir die heidene". So het dit aangehou tot in die vroeë more-ure.

Die hele aand vir my gebid

Uitgeput het ek die volgende oggend gaan werk en probeer om Dot te ontduik. Met teepouse het sy my egter voorgekeer en gesè: , , Maisie, ek het dieheleaand vir jou gebid en weet die Here is besig met jou te praat". Ek het geantwoord: „Dat ek is 'n Jodin en ons GLO NIE in Jesus Christus nie. En wat nog meer is, as my moeder hiervan moet hoor, weet ek nie wat sal gebeur nie". Dot het geantwoord: , , Ek weet dit sal baie kos om gehoor te gee aan die WAARHEID, maar dit is die enigste ding om te doen. Ek weet, want ek is ook'n Jodin". Dot 'n Jodin en 'n gelowige in Jesus Christus! Ek was verbaas. Dit het gemaak dat ek 'n Bybel geneem het. Ek het die Skrif begin studeer. Dit moes ek egter in die aand doen nadat ahnal reeds bed toe gegaan het en ek die deur gesluit het. Soms het ek tot vroeg in die oggend gelees. Hierdie boek wat eknouvirdieeerstekeerlees, was vir my die wonderlikste en interessantste boek wat ek al ooit gelees het. Hoe meer ek gelees het hoe meer oortuig het ek geraak dat Jesus wel die Messias is. Skrifgedeeltes soos Jesaja 9 : 6, Psahn 22 en baie andere was heeltemal duidelijk vir my. So het ek dan in die geheim 'n gelowige geword.

Voorgevoel van moeilikheid

Elke Vrygagaand het Dot, wat maar 16 jaar oud was, my geleer om te lees en te bid en om die Bybel lief te kry. Maar ek was baie ongelukkig, omdat ek bang was dat iemand dit sou uitvind. Ek het egter verlang dat my familie ook hierdie dinge kon hoor englo. Dorothy en ek het vir my familie begin bid. Nadat ek vir 13 maande reeds in die geheim 'n gelowige was, het ek op 'n aand gedurende 'n Bybelstudie by Dot se huis ewe skielik 'n voorgevoel begin kry dat daar vir my moeilikheid by die huis wag. Ek het dit vir Dot gese en sy het my aangeraai om dadelik huis toe te gaan, terwyl sy vir my bid. Ek het met 'n swaar hart gegaan. By die hek het my suster my ontmoet en my in my gesig begin te slaan, terwyl sy skree: , , Hoekom het jy hierdie vreeslike dinge gedoen om ons soindieskandetesteek en moeder soveel hartseer besorg? Wat maak jy met al die boeke oor Christus in die huis? Jy het Mammie se hart gebreek". Daarna het sy my op die grond neergetrek en begin wurg. Ek het begin dink dat dit die einde was, maar skielik het sy my gelos.

Ek het binnetoe gegaan en my moeder in trane gevind. O, ek kon dit nie verdra om haar so te sien ly nie. Ek het na my kamer gehardloop en tot God geroep: , , Ag, Here, ek kan nie hiermee aangaan nie. Die prys is te groot. Dit is erg genoeg as ek moet ly, maar hoekom moeder? " Toe het daar iets gebeur, ewe skielik was dit asof die kamer verlig was en ek kan dit nie verduidelik nie, maar dit was asof ek die woorde: „Volg My" gehoor het. Met hierdie woord het ek 'n diep innerlike oortuiging gekry dat Jesus wel die WARE JOODSE MESSIAS is en dat ek Hom moet volg. Ek het nuwe moed gekry en die kamer verlaat om my moeder te gaan vertel waarom ek glo dat Jesus ons Joodse Messias is. Maarsy het na my opgekyk en gese: , , Hoe durf jy met my hieroor praat, maak dat jy wegkom". Ek het na my kamer teruggegaan, maar hierdie keer met 'n innerlike vrede en gebed in my hart dat die Here wel eendag die oë van my familie sal open en dat huUe HOM KAN KEN WAT DIE EWIGE LEWE IS.

My hele famiKe word gered

Dit het egter j are van vervolging, misverstand en gedurige gebed gekos voordat ek die antwoord gesien het. Maar ek glo die Here het reeds die eerste dag wat ons begin bid het, gehoor en geantwoord, maar dat ons die vrug eers baie later sou sien. Ja, 10 jaar het reeds verbygegaan en dit het onmoontlik gelyk dathuUesouglo. Teen die einde van die 10 jaar het my jongste sussie, Eimice, haar hart vir Jesus oopgemaak. Later het sy met'n Joodse christen getroud. Dit was eers weer na 12 jaar dat my oudste suster en my moeder die waarheid gesien en geglo het en hulle harte vir Jesus Christus oopgemaak het. O, hoe heer lik was dit om na die j are van gebed die vrug te kon sien. Daarna het my tante, haar seun. Al Preston, wat in Hollywood Sanger was, en haar dogter almal Jesus as hul Verlosser en Messias aangeneem. Hoe wonderlik is God se weë nie. Vandag is my tante in Israel waar sy aan die verlore skape van Israel van Jesus vertel. Haar seun het sy stem aan die Here gegee om tot eer van Sy Naam te sing. My suster Nan stry saam met my in die gebed terwyl ek uitgaan om aan die verlore Joodse nasie van Jesus te vertel. My moeder is reeds by die Here en hoe heerlik om te weet sy is by Hom.

Waarlik die Here se weë is wonderlik. Hoe heerlik om te weet ons sondes is vergewe en om absoluut verseker te wees van'newige lewe. As'n mens die Lam van God ken, wat die sondes van die wereld wegneem, weet jy ook wat die woorde: , , As ek die Bloed sien, sal ek by juUe verbygaan", beteken. Ja, die Pasga-lam het 'n nasie uit cüe hande van Farao en van 'n seker dood deur die doodsengel, gered. En Jesus, die Lam van God, is ons waarborg, want as God Sy bloed sien, gaan die DOODS­ ENGEL ook by ons verby. Ons is veilig en vry, want Jesus het die prys vir ons verlossing betaal. Prys Sy Naam.

Uit: Die sendingsblad, Junie 1967

Dit artikel werd u aangeboden door: De Saambinder

Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen, vragen, informatie: contact.

Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing. Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this database. Terms of use.

Bekijk de hele uitgave van donderdag 8 augustus 1968

De Saambinder | 4 Pagina's

'N BEKEERDE JODIN VERTEL

Bekijk de hele uitgave van donderdag 8 augustus 1968

De Saambinder | 4 Pagina's