Die Godsbesluit
Voor die onheilswoning en tussen die skaars-beblaarde soetdorings staan, in droƫ aarde maar lowergroen en blink van blad, die wag-'n-bietjie *) langs die pad.
Wanneer ek naderkom dan sien ek do ring s krom en reg; 'k sien takke immekaar gedraai en deurmekaar gevleg. En wil ek in die blare gryp of aan die takke breek, dan tas ek in 'n doringnes wat vreeslik haak en steek.
Bo al u donker bome, o Heer, groei my 'n enk'le reusboom uit dit is die wag-'n-bietjie-bos van u besluit.
Van ver so skoon, so groen, so blink maar hoe verward wanneer ek dieper kyk en dink as wat 'n sondaar pas. En steek ek dan my hande uit na u besluit, dan gryp ek in die dorings vas.
*) De , , wag-'n-bietjie" is een prachtige doornstruik, die je echter beter niet kunt aanraken.
Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt
voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen,
vragen, informatie: contact.
Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing.
Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this
database. Terms of use.
Bekijk de hele uitgave van vrijdag 13 maart 1987
Daniel | 36 Pagina's