Digibron cookies

Voor optimale prestaties van de website gebruiken wij cookies. Overeenstemmig met de EU GDPR kunt u kiezen welke cookies u wilt toestaan.

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies zijn verplicht om de basisfunctionaliteit van Digibron te kunnen gebruiken.

Optionele cookies

Onderstaande cookies zijn optioneel, maar verbeteren uw ervaring van Digibron.

Bekijk het origineel

Jongens, meisjes… Is jy 'n sendeling?

Bekijk het origineel

+ Meer informatie

Jongens, meisjes… Is jy 'n sendeling?

5 minuten leestijd Arcering uitzetten

Dit artikel is overgenomen uit de 'Nuwe Voorligter', een Zuid-Afrikaanse kerkbode. Zoals u ziet, is ook daar veel aandacht voor zending en evangelisatie. We vonden het leuk om dit artikel zonder vertaling weer te geven. Boeiend om te merken dat Zuid-Afrikaans zoveel overeenkomsten heeft met onze taal. Het artikel was gericht aan jongeren.

Miskien wonder julle hoe 'n mens 'n sendeling word? Of hoe 'n mens weet waar jy moet gaan sendingwerk doen? Of hóé 'n mens sendingwerk doen? Omdat ek baie lief is vir die taal en woorde, het ek die groot woordeboek nader getrek om te kyk hoe die verskillende woorde in verband met sending beskryf word. Kyk gou saam met my: send: stuur; sendeling: iemand wat in (vreemde lande) heidene (en ander nie- Christene) tot die Christelike geloof probeer bekeer.

As ons dit nou sommer in ons eie 'gewone' woorde wil sê, kan ons sê: om 'n sendeling te wees en sendingwerk te doen, beteken om gestuur te word om vir iemand, êrens te vertel van Jesus wat ons kom red het. En natuurlik is dit God wat ons stuur. Hy wys ook vir ons na wie toe ons moet gaan en waarheen ons moetgaan.

God stuur mense

In die Bybel lees ons van baie mense wat God na ander mense of na 'n ander plek toe gestuur het: In Genesis 12 lees ons dat God vir Abram weggestuur het uit sy eie land na die land wat God vir hom sou aanwys. God het ook vir Josef voor sy mense uitgestuur sodat hy op die ou end hulle lewens kon red. Moses is gestuur om sy volk uit Egipte te verlos. Jona word na Ninevé gestuur om die heidene daar te gaan bekeer (soos ons prentjie hier langsaan wys). Die profete in die Ou Testament en die dissipels en apostels in die Nuwe Testament is almal deur God gestuur om mense van Jesus te vertel. Vandag nog stuur God mense na afgeleë en ver plekke om sendingwerk te gaan doen. Ek ken twee tannies wat al ver weg was om sendingwerk te gaan doen - een in Indië en die ander in Boelgarye. Hier is ook 'n hele klompie mense in ons gemeente wat elke jaar in die wintervakansie Mosambiek toe gaan om sendingwerk daar te doen. Miskien stuur God jou ook eendag om êrens op 'n ver plek tussen vreemde mense van Hom te gaan vertel.

Nie net ver plekke en groot mense

Maar sendingwerk beteken nie net om na ver plekke te gaan om die Woord daar te versprei nie. Óm ons is daar baie mense wat nog nie Christene is nie en ek en jy kan vir hulle ook van Jesus vertel. Miskien is julle bure niet Christene nie en kan jy met hulle maats maak en begin vertel van Jesus. Daar is sulke wonderlike klein Bybelboekies of selfs Bybelinkleurboeke of werkboeke wat jy dalk vir hulle present kan gee. Het jy al ooit vir die man wat in julle tuin werk gevra of hy vir Jesus ken? Dalk kan Mamma vir hom 'n Bybel in sy eie taal koop. En as hy nie kan lees nie, kan julle uitvind of daar by julle kerk nie 'n skool is waar hulle mense leer lees en skryf nie - daar leer hulle ook die mense van Jesus. Dalk stuur God jou na jou kunsklas of jou dansklas, waar iemand dalk nog nie van God gehoor het nie. Dalk stuur God jou na die busbestuurder of die tannie wat langs jou in die woonstelblok bly.

Hoe begin 'n mens?

Soos ek reeds gesê het, kan jy begin deur 'n vriend te wees vir iemand wat nie 'n Christen is nie. 'n Oom wat gereeld Mosambiek toe gaan, het vir my vertel dat hulle eers lekker speletjies met die kinders speel. Elke dag speel hulle saam en later begin hulle dan vir hulle Bybelstories vertel en saam bid. As jy 'n nie-Christen maatjie nooi en julle hou huisgodsdiens, plant julle 'n saadjie in sy of haar hart. Dalk behin hulle julle uitvra oor die gewoonte om huisgodsdiens te hou en kan julle hulle meer vertel.

Sending is nie net vertel nie

Om vir mense wat niks van God weet nie, te vertel datjesus hulle liefhet en dat hulle gered is, en te sien dat hulle dit aanvaar en glo, is wonderlik. Maar omdat sulke mense dalk hulle hele lewe lank nooit geglo het nie en nog baie het om te leer oor God en Jesus, kan ons hulle nie net so 'los' nie. Dit sal wees soos om vir iemand 'n opwindende bordspeletjie present te gee, maar nie te verduidelik hoe 'n mens dit speel nie! Ons kan nie vir die tannie wat by ons in die huis werk net een maal van Jesus vertel, 'n Bybel gee en daarvan vergee nie. Of vir die maatjies langsaan 'n paar mooi Bybelboekies gee en van hulle vergeet nie. Nee, ons moet hulle aanhou help en sterk maak op hulle pad na Jesus. Ons moet hulle vra hoe dit met hulle as ménse gaan en vir hulle help met probleme of swaar-kry. Ons moet hulle leer bid en in die Bybel vir hulle wys dat ander mense ook al swaargekry het en deur God se krag sterk geword het. Ons kan die maatjies langsaan saamnooi na die jeug-aksie of katkisasie of kerk toe. Ons kan vir ander mense ook vra om op allerhande maniere te help om die mense by te staan. Ons moet Jesus se liefde ook wys in dit wat ons doen.

Dit artikel werd u aangeboden door: In de Rechte Straat

Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen, vragen, informatie: contact.

Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing. Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this database. Terms of use.

Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 mei 1999

In de Rechte Straat | 16 Pagina's

Jongens, meisjes… Is jy 'n sendeling?

Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 mei 1999

In de Rechte Straat | 16 Pagina's