Digibron cookies

Voor optimale prestaties van de website gebruiken wij cookies. Overeenstemmig met de EU GDPR kunt u kiezen welke cookies u wilt toestaan.

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies zijn verplicht om de basisfunctionaliteit van Digibron te kunnen gebruiken.

Optionele cookies

Onderstaande cookies zijn optioneel, maar verbeteren uw ervaring van Digibron.

Bekijk het origineel

Bond van Gereformeerden (Calvinisten) in Nederland.

Bekijk het origineel

+ Meer informatie

Bond van Gereformeerden (Calvinisten) in Nederland.

12 minuten leestijd Arcering uitzetten

IV.

De formuleering van den grondslag is alzoo met groote zorg gekozen.

Het is mogelijk, dat sommigen dien, van 'hun kerkelijk standpxmt bekeken, anders zouden wenschen.

Maar men moet deze zaak juist niet van eigen kerkelijk standpunt bezien.

Men blijve het zich ten volle bewust: kerkelijk gaan de leden van den Bond in groepen uiteen.

En nu spreekt niemand, die tot den bond toetreedt, uit, dat hij de kerken, waartoe andere leden behooren, zuiver acht.

Zij, die bij de „Confessioneele Vereenigiag" of de „Gereformeerde Bond" in de Hervormde Kerk zijn aangesloten, meenen, dat de Gereformeerde Kerken op een kerkelijken dwaalweg loopen, gelijk schrijver dezes hetzelfde van hen 'beweert.

De Christelijke Gereformeerden meenen, dat wij het aloude kerkelijke beginsel hebben verlaten, ter-.wijl wij omgekeerd het afkeuren, dat zij zich van onze Kerken hebben afgescheurd.

Ieder behoudt zijn eigen oordeel over de kerken.

Het komt er alleen op aan, dat de bepaalde personen, die zich aansluiten, confessioneel Gereformeerd zijn.

Er ligt in de daad van aansluiting volstrekt niet opgesloten, dat men an'dere kerken voor zuiver Gereformeerd houdt.

Het feit, dat enkelen uit een'kerkengroep zich bij den Bond voegen, houdt geen beslissing in^, dat wij alle leden van die _groep als Gereformeerd erkennen.

Het is er om te doen de Gereformeerde elementen uit die kerkea, waaria zich richtingen afteekenen, te zoeken.

Nu is het een nationale eigenschap', dat wij. al spoedig leeuwen en beren op 'den weg zien.

Men gaat berekenen: maar zou er niet eens een konflikt over een zeker belijdenisvraagstuk kunnen ontbranden?

Indien dit zou komen, dan zal de Bond vanzelf daarover uitspraak moeten doen.

Niet de uitspraak van de een of andere kerkeagroep kan hier het beslissende woord spreken.

Dat ligt op den weg van den Bond zelf.

Daarom zij, 'die het meest beducht zijn, dat het weleens tot een konflikt zou kunnen leiden, zijn het eerst verplicht zich aan te sluiten.

Dan kunnen zij voor hun deel er toe medewerken, dat de Bond in het ^oede Gereformeerde spoor blijft.

Verantwoordelijkheidsbesef te dringen. behoort er hun toe

Het is veel gemakkelijker om op een zomerdag achterover op het strand te liggen en te mijmeren: zou er geen kans op bestaan, dat het te eeniger tijd met dien Bond eens misloopt, dan op zijn post te staan.

Men zegge: 't mag niet misloopen! Hier hebt gij mijn naam en mijn gulden (of meer) per jaar en mijn persoon!

Overigens is de grondslag zóó streng bepaald, als het bij een niet-kerkelijfce vereeniging maar zijn kan.

Men vergelijke onzen grondslag eens met di^i van onze zusterorganisatie in Zuid-Afrika!

'Zoo juist ontvangen we een communiqué van deze organisatie met verzoek tot opname.

Om het belang der zaak schakelen we dit i» onze artikelenreeks in.

De vergelijking kan bijzonder leerzaam zijn.

Geagte Redaksie,

Namens die voorlopige Bondsbestuur word u vriendelik versoek om die volgende te publiseer ter algemene kennisgewing.

1. Bestuurslede:

Die voorlopige bestuur is nou voltallig met die volgende lede: Sy Ed. Mnr. E. R. Grobler (Erevoors.), Bloemfontein; Dr N. J. van der Merwe L. V. Voors.), Bloemfontein; Sy Ed. Min. P. Grobler, Pretoria; Ds J. H. Eybers, Schweizer Reneke; Dr H. D. van Broekhuizen, L. V., Pretoria; Ds S. van Niekerk, Johannesburg; Ds P. J. Conradie, New Castle; Dr A. J. Stals, L. V., Worcester; Dr H. C. M. Fourie, Johannesburg; Dr J. D. du Toit, Potchefstroom; Ds L. P. Vorster, Sheepmoor; Ds P. Boshoff, Bloemfontein; Ds C. W. M. du Toit, L. V., Bloemfontein; Ds J. D. Kestell, Bloemfontein; Ds C. R. Kotze, Rietfontein; Ds D. Postma, Burgersdorp; Dr H. A. Lamprecht, L. V. Colesberg; Dr E. E. van Rooyen, Stellenbosch; Dr S. H. Rossouw, Swellendam; Mnr. Abr. Kruger, Knapdaar; Dr G. Besselaar, Pietermaritzburg; Mnr L, J. du Plessis, Potchefstroom.

2. Ontvangste Des. 1929 en Jan. 193 0:

Met dank word die ontvangs erken van die volgendt verdere donasies vir voorlopige onkoste, naamlik: Ds P. J. Conradie, New Castle, f 1. 5.0 Mnr H. J. Venter, Bloemhof - 10.0 Ds T. Hamersma, Colesberg - 2. 2.0 Dr C. J. H. de Wet, Potchefstroom - 10.0 Ds J. D. Kruger, Potchefstroom - 10.0 Totaal f 4.17.0 Saldo in kas op datum £25.13.0

8. Volgende Konferensie:

Die Uitvoerende Bestuur het die volgende konferensie belë vir 9 Julie a.s. in Bloemfontein. Die doel is om. dan die Konstitusie, ens., was te stel en die organisasie definitief te reel. Vir opstelling van die Agenda is 'a subkommissie aangestel, wat later sal rapporteer. Soos tevore sal alle belangstellendes welkom wees.

Verwag word dat hierdie konferensie meer sal ingryp in die praktiese belange van ons wolkslewe, aangesien die algemene grondgedagte nou neergelê is. Ons herinner ook daaraan dat die eerste konferensie volgens sy besluite blijkbaar dit wenslik geag het dat simpatieke persone inmiddels aansluit by die Bond en hulself waar moontlik tot takke konstitueer. So'n optrede sal die kwessie van verteenwoordiging op die a.s. konferensie of kongres baie vergemaklik. Met die oog hierop word die konsep-Statute, ens., van die Bond hier opgeneem:

4. Voorlopige Statute, ens.:

Die navolgende statute is volgens besluit van die konterensie en in opdrag van die bestuur opgestel deur 'n subkommissie, beoordeel deur die Bestuurslede en vasgestel deur die Uitvoerende Bestuur as 'n konsep ter voorlegging aan die a.s. kongres vir behandeling. Wenke on voorstelle in verband hiermee word graag ingewag. Moontlik sal 'n kort toeligting in die vervolg gepubliseer word. Belangstellendes word versoek om ernstig 'aandag hieraan te skenk, aangesien die beginsels hier neergelê bereken is om 'n diepgrypende invloed op ons volkslewe uit te oefen en baie populêre voorstellinge teë te werk.

A. Statute.

(Vasgestel op die Stigtingskonferensie, Bloemfontein 4 Julie 1929.)

Aanhef: Onder 'n diep besef dat ons op die verskillende terreine van ons volkslewe in menig opsig afwyk van die Kalvinistiese spoor en onder biddend opsien tot God Drieënig, dat dit Hom mag behaag om ons poginge te heilig tot sy eer en tot handhawing van sy geopenbaarde wil in Staat en Maatskappy, besluit hierdie konferensie tot die oprigting van 'n Kalvinistiese organisasie en maak 'n beroep op alle Kristene in alle kerke wat in hoofsaak die Kalvinistiese wêreldbeskouing huldig, om tot die geledere van hierdie organisasie toe te tree.

Art. 1: Naam: Die naam van die organisasie sal wees die Kristelik-Nasionale Bond (van Kalviniste in Suidafrika).( N.B. Die laatste woorde staan tussen hakies omdat die betrokke kommissie voorstel om hulle uit te laat.)

Art. 2: Grondslag: Die grondslag van die Bond sal wees die Woord van God, soos geïnterpreteer in die Kalvinistiese wêreldbeskouing in ooreenstemming met ons Kristelik-Nasionale volkstradiesies.

Art. 3: Die doel: Die doel van hierdie Bond sal wees om die eise van die onveranderlike beginsels van die Woord van God vir die verskillende terreine van ons moderne volkslewe toe te lig en te verwesenlik en om ook saam te werk op internasionale terrein met organisasies van gelyke grondslag.

B. Konsep van Beginselprogram.

Art. 1: Die Bond bely die absolute soewereine gesag van God Drieënig oor alles sender enige uitsondering. Art. 2: Hy glo dat God sy gesag openbaar in die skepping, onderhouding, bestiering en herskepping van alles. •Art. 3: Hy beskou die Heilige Skrif as die onfeilbare •beskrywing van die grondfeite en die grondbeginsels van hierdie openbaring.

Art. 4: Hy verstaan hierdie openbaring in die lig van die Kalvinistiese lewens-en wêreldbeskouing, soos gegrond op die belydenisskrifte van die Hollandse en Engelse Gereformeerde of Hervormde Kerke en histories ontwikkel in ons Kristelik-Nasionale volkstradiesies.

Art. 5: Hy erken dat die Woord van God vaste beginsele neerlê vir kerk, staat, wetenskap, maatskaplike en persoonlike lewe in alle verhoudinge en dat die menslike rede en wil en die kerklike en politieke mag , yaa volk en owerheid hulle aan hierdie beginsels moet onderwerp.

Art. 6: Hy aanvaar dus slegs 'n afgeleide en beperkte gesag in alle instellinge, elk op sy eie terrein, soos van die kerk in kerklike of geestelike sake, van die owerheid in staatkundige sake, van die ouer in huislike sake, ens., maar verlang dat almal saam sal werk tot eer van God, onder die oppergesag van sy Woord.

Art. 7: Hy eerbiedig egter alle gesag op aarde as deur God ingestel, in so ver as dit nie die gebod van God skend of die vryheid van gewete verkrag nie, terwyl hy streef na hervorming volgens die geopenbaarde wil van God.

Art. 8: Hy verwerp op grond van hierdie beginsels uitdruklik alle kerkisme, sektarisme en modernisme, neutraliteit in politiek, wetenskap en onderwijs, volksoewereiniteit sowel as staatsoewereiniteit; imperialisme, kosmopolitisme en liberalisme; sosialisme, kommunisme en bolsjewisme, en alle beweginge vir oorheersing en emansipasie wat in stryd is met die ewige Woord van God.

Art. 9: Daarteenoor bepleit hy op dieselfde grondslag die vrye ontplooiing van die kerklike lewe onder die geestelike koningskap van Kristus, 'n Kristelik-Nasionale politiek sender gewetensdwang vir andersdenkendes; Skriftuurlike wetenschap en Kristelik-Nasionale onderwys en opvoeding; saamwerking tussen verskillende nasies, rasse en stande in gemeenskaplike belange sonder vermenging of miskenning van hulle besondere eiendommelikhede; die gesaamlike voogskap van die blanke rasse oor die naturelle-bevolking in Suidafrika; handhawing van die ouerlike gesag, die onskendbaarheid van die Kristelike huisgesin en die verpligting van Kristelike Sabbatsheiliging en verder alle optrede in ooreenstemming met die ordinansies van God Almagtig.

C. Program van. Aksie. (Konsep).

In ooreenstemming met hierdie statute en beginselprogram bind die Bond hom aan die volgende program van aksie.

Art. 1: Die uitbou van sy eie organisasie en die verbreiding van sy beginsels deur woord, geskrif en daad.

Art. 2: Die bevordering van Kristelike wetenskap en van onderwys en opvoeding, volgens die eis van ons Kristelike beginsels, deur die verwydering te probeer bewerk van alle wetlike belemmering daarvan en deur ondersteuning en indien vereis, die oprigting van skole •wat die Woord van God in Kalvinistiese sin ten grondslag lê aan alle onderwys.

Art. 3: Beskerming van die Kristelike huwelik en die eenheid van die huisgesin teen die ge vare verbonde aan "n valse indiwidualisme, uithuisigheid, vrye liefde, egskeiding, geboortebeperking, verkeerde openbare kindersorg, 'ens.

Art. 4: Bevordering van Kristelike beroepsorganisasies, ter bestryding van uitbuiting, klassestryd, werkeloosheid en staatsosialisme.

Art. 5: Bestryding van die staatkundige en ekonomiese ongelykheid van Afrikaans-en Engelssprekendes en van poginge tot gelykstelling van die nie-blanke be-I volking met die blankes; bevordering van die inter-' nasionale selfstandigheid van die Unie van Suidafrika, van plaaslike selfbestuur en van die afsonderlike Kristelike ontwikkeling van die nie-blanke rasse volgens die aard van hulle rastradiesies.

Art. 6: Ondersteuning van die Kristelike kerke as institute vir die bediening van Woord en Sakramente en vir Kristelike liefdadigheid; beskerming en versterking van die Kristelike karakter van ons openbare lewe, o.a. deur bepleiting van private en publieke Sabbatsheiliging, maar sender gewetensdwang.

Art. 7: Bepleiting en verdediging van die selfstandigheid van maatskaplike, staatkundige en kerklike organisasies, elk op eie terrein, maar ook van onderlinge saamwerking in gemeenskaplike belang, selfs op internasionale gebied.

D. Konsep-Konstitusie.

Art. 1: Lidmaatskap: Lid van die Bond kan word enige blanke persoon wat instem met die beginsels van die Bond en die verpligtinge van lidmaatskap aanvaar.

Art. 2: Takke: Lede kan hulself plaaslik organiseer tot takke op die grondslag'van die Bond se Statute, programmes en konstitusie, maar met 'n eie huishoudelike reglement, bestuur en kas.

Art. 3: Kongres: (a) Volgens die bepaling van die Bondsbestuur of op versoek van 50 lede, na algemene kennisgewing minstens 'n maand vooruit, sal die Bond in kongres vergader met volle gesag oor algemene Bondsake in ooreenstemming met Statute, programmas en konstitusie.

(b) Alle lede het reg van sitting en stem op die kongres, terwijl elke tak verteenwoordig kan word deur een persoon wat eweveel stemme sal hê as sy tak lede het wat nie persoonlik op die kongres aanwesig is.

Art. 4: Bestuur: (a) Die Bondsbestuur, wat elke twede jaar op 'n kongres gekies sal word, sal bestaan uit 22 lede wat soveel moontlik oor die land versprei sal wees, met 'n uitvoerende komitee van 5 lede, onder wie die Voorsitter en die Sekretaris-penningmeester.

(b) Die Bondsbestuur sal die algemene leiding uitoefen in die optrede van die Bond en sal oor sy kragte en sy bates beskik vir die bevordering van die Bondsdoel, volgens kongres-besluite en in ooreenstemming met Statute, Programmas en Konstitusie van die Bond.

(c) Bestuursbesluite vereis 'n kworum van tien lede, tensy hulle skriftelik bekragtig word deur 'n meerderheid van die Bestuurslede.

Art. 5: Inkomste: Die Bond trek sy inkomste uit gifte, eie besigheidsonderneminge en verpligte bydraes van sy lede of ten behoewe van lede deur takke op 'n basis van minstens 5/-per lid per jaar.

Art. 6: Wysiging: Die Statute van die Bond en hierdie artiekel kan nie in beginsel gewysig word nie, maar die kongres is bevoeg om die programmas en die res van die konstitusies in ooreenstemming met die Statute te wysig of aan te vul. Geen wysiginge in die program van beginsels sal egter in werking tree in geval van protes deur of namens minstens 50 leden, voordat 'n volgende kongres hulle bekragtig het nie.

Art. 7: Ontbinding: Die Bond kan alleen ontbind word deur 'n kongres by meerderheid van stemmen, wanneer ook beslis moet word oor die likwidasie en besteding van die Bond se bates deur die dan bestaande bestuur.

5. Die Pers en die Bond.

Die ontvangs van die Bond in die pers was, afgesien van verswyging, tweërlei: eensdeels goedkeurend, anderdeels afkeurend. Onder die goedkeurende beskouinge noem ons b.v. dié van Die ou Paai e. Die Volksblad, Ds Kestell in die Kerkbode, Dr Hepp in De Beformatie, Dr Keizer in De Bazuin (albei van Holland), Dr Beets in De Heidenwereld (Noord-Amerika), Die Kerkblad. Onder die meer of minder vyandige ontboeseminge kan genoem word dié van Die Volkstem, Dr Cruse in Die Burger, Dr Cillié in Die Unie, Het Zoeklicht, The S. African Review, Dr S. P. Engelbrecht in 'n brosjure. Ons Vaderland.

Op die meeste aanvalle is indirek geantwoord in 'n offisiële uiteensetting deur die Voorsitter en die Sekretaris, onder die tietel: Die Kristelik-Nasionale Bond van Kalviniste in S. Afrika —• Sy beginsel en sy doel. Ongelukkig is hierdie stuk deur verskeie persorgane geweier of verkort weergegee (die laatste veral in die gewal van Engelse koerante). Vir die welwillende beskouinge en sinapatieke bejeëning ons hartlike dank.

Dnw. L. J. DU PLESSIS, Eresekretaris.

Noordbrug, Potchefstroom. 3 Febr. 1930.

Dit artikel werd u aangeboden door: Vrije Universiteit Amsterdam

Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen, vragen, informatie: contact.

Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing. Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this database. Terms of use.

Bekijk de hele uitgave van vrijdag 28 februari 1930

De Reformatie | 8 Pagina's

Bond van Gereformeerden (Calvinisten) in Nederland.

Bekijk de hele uitgave van vrijdag 28 februari 1930

De Reformatie | 8 Pagina's