Digibron cookies

Voor optimale prestaties van de website gebruiken wij cookies. Overeenstemmig met de EU GDPR kunt u kiezen welke cookies u wilt toestaan.

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies zijn verplicht om de basisfunctionaliteit van Digibron te kunnen gebruiken.

Optionele cookies

Onderstaande cookies zijn optioneel, maar verbeteren uw ervaring van Digibron.

Bekijk het origineel

PERSSCHOUW

Bekijk het origineel

+ Meer informatie

PERSSCHOUW

9 minuten leestijd Arcering uitzetten

Een Zuid-Afrikaansche stem over wedergeboorte en heiligmaking.

Ds G. D. du Toit schreef in een C.S.V.-reeks d.w.z. Christen-Studentanvereeniging-Reeks), B, no. 24, een verhandeling over , , Ons Heiligmaking, Skriftuurlik Gesien", welke verhandeling in 1945 herdrukt is (C.S.V.-Boekhandel, Postbus 25, StelJenbosch). We laten het stuk hier volgen in zijn geheel, aan de taal gewent ieder zich wel na enkele regels:

ONS HEILIGMAKING SKRIFTUURLIK GESIEN.

Die Heilige Gees wys vir ons in die Skrif gedurig op die goddelike en die menslike sy van ons heiligmaking. As ons oë niet oopgaan om dit raak te sien nie sal ons hierdie groot en heerlike waarheid nooit reg verstaan nie, en loop ons gevaar om in allerhande dwalinge te vervaj.

Dit is nie ons bedoeling om hier breedvoerig te gaan uitwei oor hierdie saak nie. Ons wil net aanstip, en die leser vra om sy Bybel ter hand te neem, elke teks wat ons noem na te slaan, en dan self hierdie Bybelstudie verder uit te brei.

Die? Goddelike sy van ons Heiligmaking.

(1) In Sy verlossingsplan het God my in Christus uitverkies om heilig te wees (Ef. 1 : 4). Die grondbetekenis van die woord „heilig" is „afgesonder". In Christus, dan, het God my van ewigheid af afgesonder vir Hom.

(2) Aan die Kruis het hierdie afsondering in werking getree (Hebr. 10 : 10 en 13 : 12). Toe Christus daar gehang het, het ek saam met Hom daar gehang (Rom. 6:6; Gal. 2 : 20). Toe Hy daar vir die sonde gesterf het, het ek saam met Hom vir die sonde gesterf (Rom. 6 : 8 en 10; 2 Kor. 5 : 15; Kol. 3 : 3). Aan die kruis het God my saam met Christus, as my Verbondshoof, afgesonder van alles wat onheilig is.

(3) Hierdie afsondering het heerliker werklikheid geword toe Christus opgewek is en verheerlik is aan die regteAand van die Vader. Ek is toe saam met Hom opgewek en sit nou reeds saam met Hom in die hemele. (Ef. 2 : 4—6; Kol. 3 : 1, 3).

Let daarop dat hierdie heiliging 1900 jaar gelede geskied het en buite ons plaasgevind hét. Daarom noem ons dit ons objektiewe in teenstelling met ons subjektiewe heiliging wat in ons plaasvind. Ons kan dit ook noem ons posisionele heiliging omdat dit te doen het met ons posisie in Christus, in teenstelling met ons praktiese heiliging.- Die_ eerste het te doen met ons_ status, die tweede met ons toestand. Of ook ons absolute heiliging omdat dit volmaak is en eenmaal en vir altyd verby (Hebr. 10 : 10), in teenstelling met ons progressiewe heiliging wat voortduur ons hele lewe lank. Dit is met die oog op hierdie objektiewe of posisionele heiliging in Christus dat ons

Hemelse Vader al Sy kinders in die Nuwe • Testament heiliges of geheüigdes noem, nie om wat hullc in hulself is nie, maar alleen om wat hulle in Christus is. (Rom. 8 : 27; 1 Kor. 1 : 2; Ef. 4 : 12; Fil. 1 : 1 en 4 : 22; Kol. 1 ; 2). Nergeils spreek die Skrif van „geheiligde" kinders van die Heer in subjektiewe sin nie. Die term kom altyd voor in objektiewe betekenis. Daarom tref ons die uitdrukking „ongeheiligde kinders van die Heer" ook nooit in die Skrif aan nie. Wel spreek die Skrif van „vleeslike" en „geestelike" mense (1 Kor. 2 ; 15 en 3 : 1, 3, 4). Ook die terme , , toegewyde" en „geesvervulde" kinders van die Heer is die gees van die Skrif, maar l.aat ons tog nooit spreek van geheiligde'en ongeheiligde gelowiges nie.

' Die - Menslike sy van ons Heiligmaking.

(1) Die heiliging wat in Gods verlossingsplan uitgedink, aan die kruis uitgewerk, en op die troon van die hemel voltooi is, tree subjektief in werking in my wedergeboorte. Die Heilige Gees maak my dan, ek wat van natuur dood is in die sonde en in die misdade, die goddelike natuur deelagtig. Deur hierdie daad sonder Hy my af van die ou natuur in my en die goddelose wereld rondom my. My heiligmaking het begin.

(2) Nou kom my heiligmaking as 'n eis van God tot my (1 Thes. 4 : 3, 7). Ek moet my afskei (2 Kor. 6 : 14, 17); ek moet my toewy (Rom. 6 : 13 en 12 : , 1).; ek moet vervul word met die Heilige Gees (Ef. 5 : 18). Dit is 'n eis tot onmiddellike gehoorsaamheid; nou afskei, nou toewy, nou vervul word. Maar' dit is ook progressief van aard. Op die weg van gehoorsaamheid (1 Joh. 1 : 7) roep die Heilige Gees my tot meerdere afskeiding, meerdere toewyding, meerdere vervulling. , ^Vees heilig", roep God my toe. , , want Ek is heilig" (1 Petr. 1 : 15, 16).

• Laat ons tog nooit die goddelike en menslike sy van ons heiligmaking van mekaar skei nie. Ook in hierdie geval is dit waar dat, •' wat God saaragevoeg het, ons nie mag skei nie. Doen ons dit, dan loop ons baiè gevare. Om maar een te noem, die gevaar om te verval in 'n sieldodende werkheiligheid. Ek onderdruk dan die ou mens; ek stry hard teen hom; ek bid ernstig dat die Heer my mag help om hora te oorwin; ek doen my bes om 'n lewe van oorwinning te lei, maar al my pogings misluk. Dit kan ook nie anders nie, want ek streef dan na 'n selfheiliging. Nee, laat ons ophou met daardie ek-doen^my-bes godsdiens. Laat ons wegkyk van onsself en kyk na die Here Jesus. Die krag tot 'n heilige lewe laat ons dit nooit vergeet nie, lê in ons kennis en toediening van ons posisionele heiliging in Chrstus.

Laat die Skrif self spreek.

2 Kor. 5:15: Julle het almal gesterf (saam met Christus, dus posisioneel); moet dan niet meer vir julleself lewe nie, maar vir Hom (prakties).

Kol. 3 : 1, 3, 5, 8: Julle het gesterwe; julle is saam met Christus opgewek; julle lewe is saam met Christus verborge in God (posisioneel). Maak dan dood die lede wat op die aarde is, lê af (prakties).

Rom. 6 : 6, 11: Julle moet weet dat julle ou mens saam met Christus gekruisig is (posisioneel). Reken dan dat julle vir die soiide dood is (prakties). Die sonde is nie dood nie, die ou mens is nie dood nie, maar julle is posisioneel in • Christus vir die sonde dood. Eien dit in die geloof vir julle toe.' Maak deur die Gees die werke van die liggaam dood (Rom. 8 : 13).

Is Heiligmaking 'n Krisis of 'n Proses? ^

Heiligmaking in subjektiewe siri, soos reeds aangetoon is 'n proses wat begin by ons wedergeboorte en voortduur ons hele lewe deur. Dit is nie 'n krjsis nie. Dit is beslis 'n groot dwaling om heiligmaking voor te stel as 'n krisis; Gods genadewerk in ons hart is een volm.aakte, heerlike geheel. Dit is geen stukwerk nie. Op die weg van heiligmaking, egter, kom daar dikwels 'n krisis. Dit is die getuienis van baie kinders van die Heer. Daardie krisis bestaan nie daarin dat hulle tot sover alleen weergebore was, maar nou ook heiligmaking deelagtig geword het nie; ook nie daarin dat hulle tot sover weergebore was en 'n mate van heiligmaking deelagtig was, maar nou volkome heiligmaking aangeneem het sodaf die ou sondige natuur, met al sy neiginge nou met wortel en tak uit hulle uitgeroei is nie. Hierdie voorstelling van heiligmaking wat genoem word die tweede genadewerk of die tweede seen bring baie verwarring onder kinders van die Heer en duisternis in menige lewe. So 'n voorstelling van heiligmaking is vreemd aan die Skrif. Tog is dit die getuienis van baie kinders van die Here dat daar een uitstaande keerpunt in hulle lewe is wat hulle gebring het uit die skemerlig in die sonlig van Gods genade in Christus. Prof. Hofmeyr spreek dikwels van daardie keerpunt in sy boek, „Pinksterlicht en Leven". Wat is dan daardie keerpunt? Dit is 'n oofstap uit die vleeslike in 'n geestelike lewe, uit die woestynlewe van gebrek in die Kanaanslewe van volheid. Dit is 'n verlossing van die sukkelende lewe, soos Prof. Hofmeyr dit noem.

Hoe geskied dit? Die Heilige Gees bring my onder 'n oorweldigende besef van die aakligheid van my „vleeslike" toestand, ' bring my tot wanhoop aan myself. Hierdie gevoel van wanhoop, van geestelike bankrotskap, van bekommernis oor my sonde dryf my uit tot gebed. Ek roep tot God om verlossing. En nou kom die Heilige Gees en Hy wys vir my op my heiligmaking in Christus. Hy wys vir my dat dit 'n volbmgte werk is. My oë gaan oop om te sien dat ek deur die onderdrukking van die ou mens, deur my strydi teen my sondige natuur, deur my bes-doen tot stand wou bring wat God reeds in Christus vir my tot stand gebring het. Ek sien dit. Ek eien daardie volbragte werk vir my toe. Ek neem 'n geloofsposisie in Ek was ah die tyd 'n koningseun maar het 'n bedelaarslewe gelei. N'ou trek ek daardie bedelaarskleed uit en ek trek my koningskleed aan. Ek beklee my met die Here Jesus (Rom. 13 : 14). Ek neem Hom aan as my heiligmaking (1 Kor. 1 : 30). Waar my hart so oopgaan vir die Here Jesus as my Erekoning (Ps. 24 : 7—10), daar maak die Heilige Gees Hom Koning van my lewe. En dit is hierdie koningskap van Christus in my wat die geheim is van 'n lewe van oorwinning, die geheim van ware heiligmaking. Vroeër was my geestelike lewe onder-normaal. Daar is 'n gesonde groei in die genade. Vroeër het my medemens gedurig self in my raak gesien. Noudat seif deur die geloof aan die kruis is en Christus op die 'troon, kry die Heilige Gees die kans om Christus te verheerlik. My lewe trek onbewus mense, na Hom. Hulle sien Hom in my. Nou. is dit niet meer 'n selflewe nie, maar al meer 'n Jesuslewe. My heiligmaking het geword gelykvormigwording aan Christus (Rom. 8 ; 29, 2 Kor. 3 : 18).

Tot zoover Ds du Toit.

Ik denk, dat als deze predikant het bekende Praeadvies las, alsmede de daarin en ook in 1905 voorkomende beschou'wing over het dankgebed na den doop, of, als hij gesteld was geworden op onze voorlichtingsvergaderingen voor de duizendmaal gestelde en beantwoorde vraag, hoe ter wereld, Paulus, als de kinderen niet wedergeboren zijn, dan toch de gemeente kan aanspreken als geheiligden, etc, etc, confuus zou worden, niet vanwege de vraag, maar vanwege het stellen ervan en het synodalis-

tische beantwoorden ervan.

Dit artikel werd u aangeboden door: Vrije Universiteit Amsterdam

Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen, vragen, informatie: contact.

Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing. Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this database. Terms of use.

Bekijk de hele uitgave van zaterdag 11 mei 1946

De Reformatie | 8 Pagina's

PERSSCHOUW

Bekijk de hele uitgave van zaterdag 11 mei 1946

De Reformatie | 8 Pagina's