Digibron cookies

Voor optimale prestaties van de website gebruiken wij cookies. Overeenstemmig met de EU GDPR kunt u kiezen welke cookies u wilt toestaan.

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies zijn verplicht om de basisfunctionaliteit van Digibron te kunnen gebruiken.

Optionele cookies

Onderstaande cookies zijn optioneel, maar verbeteren uw ervaring van Digibron.

Bekijk het origineel

De z.g. oecumenische „synode". III.

Bekijk het origineel

+ Meer informatie

De z.g. oecumenische „synode". III.

6 minuten leestijd Arcering uitzetten

II. — GEREF. GETUIENIS EN AKSIE.

A. — Organisatoriese vraagstuldce:

1. Status van ekumeniese sinodes, sinodes en/of konferensies, ens. (arts. 43, 49, 88).

(a) Gesag en IMmaatskap van ekumeniese sinodes:

(1) Van watter aard is die huicfige ekumeniese sinode? Op hierdie vraag het die sinode die volgende antwoorde gegee:

Die teenwoordige vergadering dra die KARAKTER van 'n sinode, omdat dit 'n vergadering van kerke is wat, deur middel van wettig benoemde deputate, saamkom om sekere kerklike sake op 'n kerklike wyze te behandel.

Die GEONDSLAG van hierdie sinode is die Heilige Skrif soos geïnterpreteer deur die Formuliere van Enigheid van die verskillende kerke wat deelneem aan hierdie vergadering.

Die DOEL waarvoor dit saamkom, is in hoofsaak om te soek wat mees bevorderük is vir die algemene opbouing (edification) van die deelnemende kerke en om 'n verenigde getuienis te geo van die geloof wat eenmaal (onoe for all) aan die helliges oorgelewer is.

Die deelnemende kerke probeer om hierdie doel te bereik deur uitdrukking te gee aan hul eenheid in Christus, deur mekaar te versterk in die geloof en mekaar te he^ in die handhawing van die suiwerheid (soundness) VSA leer en lewc.

In hoe ver en in watter gevalle die besluite van iiierdie sinode BINDEND is, hang af van die instruhsies wat die respeköewe kerke ain hul deputate gegee het.

Hierdie sinode streef daarna om grondleggend en voorbereidend te wees, sodat die weg gebaan mag word vir 'n groter en meer eicumeniese vergadering van kerke.

Hierdie besluite is gebaseer op die meerderheidsrappoift van kommissie I. In hul motivering het die meerderheid van die kommissie daarop gewys dat die ekumeniese sinode wel 'n sinode is, maar tog nie dieselfde karakter het as sinodes binne dieselfde kerklike federasie (kerkverband) nie. Dit het nie die gesag waarvan die K.O. spreek in art. 36 nie. Hier word nl. verklaar: „Dieselfde seggenskap het die klasse oor die kerkeraad wat die partikuliere sinode oor die klassis en die algemene sinode oor die partikuliere het. Sodanige gesag kan uit die aard van die saak alleen toegeken word aan breër vergaderinge binne dieselfde kerkverband. Hierdie sinode wil nie 'n soort supersinode, iets soos die hoogste hof van appèl, wees nie.

Om hierdie rede kan die besluite van ekumeniese sinodes nie bindend wees soos die besluite van kerklike vergaderinge binne dieselfde kerklike federasie nie. Die ekumeniese sinode het nl. 'n ander karakter, sodat art. 31 K.O. ook nie in hierdie verband pas nie.

Dit wil egter nie sê dat die besluite van die ekumeniese sinode niet bindend is nie. Sommige beslissinge is bindend uit die aard van die saak as huüe in ooreenstemming is met die instruksies wat deur die verskillende kerkö aan hul deputate gegee is. Ander beslissinge is alleen bindend in sóver as die respektiewe kerke vir hulleself so besluit.

(Volledigheidshalwe moet hier gemeld word dat daar op die sinode wel voorstanders was van die gedagte dat 'n toekomstige ekumeniese sinode 'n sinode kan wees met dieselfde seggenskap oor nasionale sinodes as wat nasionale sinodes oor partikuliere sinodes en partikuliere sinodes oor klassisse het, d.w.s. as in so 'n'sinode kerke ver-i gader wat één is in belydenis en kerkregering. Dit sou dan 'n logiese deurtrekking wees van die Kerkorde tot aan die wéreldgrense. Die oorgrote meerderheid was egter van gevoele dat 'n ekumeniese sinode 'n buitengewone karakter drs, selfs al sou dit beperk word tot kerke wat ook één is in kerkregering. Teen die einde van die verrigtinge het derde ondergetekende voorgestel dat aan die roepende kerk magtiging verleen word om te eniger tyd wanneer dit nodig geag word weer 'n sinode van kerke wat een is in leer sowel as kerkregering saam te roep, maar die algemene gevoele was dat die saak so vanseif-» sprekend is dat geen besluit in dier voege nodig is nie. Vooraf sal egter diepgaande studie geraaak moet word oor die vraag of die kerkverband verder as nasionale en/of itontinentale strek al dan nie, m.a.w. of so 'n sinode gewoon of buitengewoon van aard is. — Deputate.)

Hoewel hierdie sinode in baie opsigte grondleggend en voorbereidend is, dra dit in beginsel 'n ekumeniese karakter.

Met betrekking tot die doel van hierdie ekumeniese sinode het die kommissie nog die volgende mooi yerduideliking gegee: Die sinode het die welvaart van die deel? nemende kerke op die oog. Verder wil dit 'n verenigde getuienis gee van sy geloof in die midde van die wereld en teenoor ander kerke wat behoefte het aan terugkeer tot die geloof van die vaders. Dit is baie noodsaaklik om as vanaf die dake die waarheid van Gods heilige Woord te verkondig en die volka te roep tot bekering en geloof in Jesus Christus, die Lig en Saligmaker van die wereld.

Om hierdie tweevoudige doel te bereik, vergader die kerke in 'n ekumeniese sinode, ten eerste om uitdrukking te gee aan hul eenheid in Christus en so ver moontlik die gemeenskap van die heiliges te beoefen, In sy hoëpriesterlike gebed het die Here Jesus sy Vader gevra dat dié wat aan Hom gegee is één mag wees (Joh. 17:11). Die kerk van Christus is een liggaam, en hierdie eenheid moet gevoel en na buite geopenbfiar word. Die kerke wat oor die heel wereld versprei is, het mekaar nodig. Die voet kan nie vir die hand sê: Ek het jou nie nodig nie". Die verskillende dele van die liggaam — hand, voet, oog en oor — moet verenigd saamwerk in die onderlinge diens (1 Kor. 12).

In die tweede plek behoort die kerke in sinode te vergader om mekaar te versterk in die geloof wat eenmaal aan die heiliges oor, ^eIewer is. Hulle is gestuur soos skape te midde van die wolwe. Die aartsvyand val hulle van alle kante aan Hulle moet toeneem in die genade en ken-

nis van Jesus Christus om oorvvinninge te behaal vir hul Koning.

Eindelik moet hulle gesond (sound) bly in leer en lewe. Met die oog liierop moet huUe mekaar vermaan teen die liste van Satan en die wereld wat in die bose lê. Van alle kante staan ketters op wat selfs die uitverkorenes probeer verlei. Hulle moet vir mekaar die oë laat oopgaan om die afgronde en gevare te sien wat hulle omring. ^

Tot sover die motivering van die meerderheid komm. I. van

Die minderheidsrapport was van oordeel dat die huidige vergadering geen sinode is nie en dus ook geen sinodale outoriteit besit nie. Dit het slegs morele gesag en moet licwer 'n ekumeniese konvent Csamenkoms) genoem word. Anngesien die deputate egter wettig deur die kerke benoem is om saam raad te hou in verband met sake wat die afvaardigende kerke op die agenda gcplaas het, moet die sinodes van die drie kerke baie huiwerig wees om die besluite te verwerp.

Die minderlieidsrapport is deur die sinode nie aangeneem nie.

Dit artikel werd u aangeboden door: Vrije Universiteit Amsterdam

Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen, vragen, informatie: contact.

Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing. Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this database. Terms of use.

Bekijk de hele uitgave van zaterdag 3 mei 1947

De Reformatie | 8 Pagina's

De z.g. oecumenische „synode

Bekijk de hele uitgave van zaterdag 3 mei 1947

De Reformatie | 8 Pagina's