Digibron cookies

Voor optimale prestaties van de website gebruiken wij cookies. Overeenstemmig met de EU GDPR kunt u kiezen welke cookies u wilt toestaan.

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies zijn verplicht om de basisfunctionaliteit van Digibron te kunnen gebruiken.

Optionele cookies

Onderstaande cookies zijn optioneel, maar verbeteren uw ervaring van Digibron.

Bekijk het origineel

De z.g. oeoumenische „synode", IV.

Bekijk het origineel

+ Meer informatie

De z.g. oeoumenische „synode", IV.

11 minuten leestijd Arcering uitzetten

(ii) Watter kerke moet uitgenodig word om deel te neem aan toekomstige ekumeniese slnodes (art. 43, 77, 92).

Hier het die sinode seker met die allermoeilikste vraagstuk te doen gehad. Aan die een kant wou dit nie fariseisties wees en aan die wereld die indruk gee dat hierdle drie kerke die enigste ware Geref. kerke is nie, maar aan die ander kant moes dit weer waak teen so 'n wye samewerking dat kardinale beginsels van die Geref. leer verwater word.

Kommissie I het in hul rapport beklemtoon dat dit noodsaaklik was om hierdie eerste samekoms te beperk tot die drie kerke wat een is in leer eh kerkregering. Hoe meer .kerke verskil, hoe moeiliker dit word om saam te werk in die najaging van 'n doel wat werklik die moeite werd is, soos die uitbasuin in helder tone van die implikasies van die Geref. oortuiging vir kerk, staat en gemeenskap.

Terselfdertyd is die kommissie oortuig dat toekomstige ekumeniese sinodes nie beperk moet word tot die drie kerke nie, hoewel dit wil beklemtoon dat alleen die kerke uitgenodig moet word wat Geref. in daad en belydenis is. As die hoëpriesterlike gebed van Christus iets beteken, moet dit sekerlik inhou dat al die kerke wat werklik Gereformeerd is, d.i. al die kerke wat die suiwerste interpretasie van die Woord van God besit en ernstig is in hul strewe om In ooreenstèmming met dié Woord te ïewe, hul eenheid as lede van die liggaam van Christus op een of ander uitwendige wyse tot uitdrukking moet bring en so 'n gemeenskap van die heillges moet beoefen as wat sal strek tot hul onderlinge verligting. Versterking en korrekslê. Net soos daar geen volmaakte Christene in die teenswoordige Wêrëld is nie, so is daar geen volmaakte kerke nie, en die Geref. kerke is geen ultsondering op hierdie reel nie. Geen Geref. kerk kan 'n houding van selfgenoegsaamheid inneem hie, maar moet gadagtes wissel met ander Qerêf. kerke, vir onderlinge opbouing.

Tot sover hog altyd diê motivering van kommissie ï, Die kommissie het 'n aantal kerke genoem wat uitgenodig kan Word na die volgende ekumeniese sinode, maar aan» gesien in die laaste sitting van die sinode besluit is dat hierdie sinode geen spesifieke aanwysing sal dóen met diê oog op uitnodiging nie, is die lys nie afgedruk in die offisiële gedrukte notule nie.

Kommissie I het verder aanbeveel dat sekere individue wat bekend staan as stoere Calviniste ook uitgenodig sal word om die sinode in adviserende hoedanigheid by te woon, hoewel die kerke waarvan huUe lidmate is moeilik as egte Geref. kerke beskou kan word. Die name van prof. Sebesteyn van Budapest en van pastor Grob van Zurich Is as voorbeelde genoem.

Kommissie I het van die gedagte uitgegaan dat op die volgende ekumeniese sinode alleen kerke verteenwoordig sal wees wat een is in belydenis en kerkregerlng. Die kommissie het egter aanbeveel dat daar ook 'n meer omvattende internasionale vergadering sal wees van kerke wat offisieel die Geref. konfessies bely, maar nie 'n Geref. stelsel van kerkregering het nie. So 'n konferensie kan lei tot onderlinge raadpleging en getuienis teenoor die wereld van ons gemeenskaplike geloof. Ook mag dit kerke wat nie 'n suiwer Geref. stelsel van kerkregering besit en ook nie die Geref. belydenis ten volle handhaaf nie, tot hervorming lei. Die besluite van so 'n konferensie kan egter hoogstens van adviserende aard wees en kan nie die gewig dra van die besluite van die ekumeniese sinode nie. Die konferensie moet by voorkeur net vóór die vergadering van die ekumeniese sinode gehou word en wel in dieselfde stad.

Na langdurige bespreking is besluit om 'n kommissie te benoem wat 'n konsep-verklaring sal opstel om die sinode as leidraad te dien by die bepaling van watter kerke tot die volgende sinode uitgenodig sal word. Hierdie kommissie het bestaan üit: Dr Aalders, ds Van Dellen en prof. S. du Toit (art. 56, 71, 76). Nadat die sinode die rapport van hierdie kommissie geamendeer het, is die volgende as finale redaksie vasgestel:

1. Die grondslag vir die ekumeniese sinode van Gereformeerde kerke sal wees die Heilige Skrlfte van die Ou en Nuwe Testament soos geïnterpreteer deur die Gereformeerde Belydenlsskrifte, naamllk die Eerste Helvetlese Konfessie, die Heidelbergse Kategismus, die GalUkaanse Konfessie, dte Belgiese Konfessle, die Eerste Skotse Konfessle, die Tweede Skotse Konfessie, die Westminsterse Kontessie, die Dordtse Leerreëls en die 37 Artikels. Van die grondsitelllng moet uitgegaan word dat hierdie skrlfte In hul geheelheld, sowel as in al hul atsonderlike dele, die onfeilbare en altyd Wywende Woord van die Lewende Drleënige God is, absoluut gesaghebbend In alle sake van belydenis en wandel, en dat die Geref. Konfessies aangeneem word omdat hulle die Ooddelike geopenbaarde waarheid voor oe stel, (present), die versaklng waarvan die betreurenswaardige verval van die moderne lewe tot gevolg gehad het. Dit moet beklemtoon word dat alleen 'n heelhartige en getroue (consistent) terugkeer tot hierdie Skrittuurlike waarheid, waarvan die Evangelie van Jesu« Christus die kern en kroonpunt (core and apex) is, redding vir die mensheid kan bring en die so hoog nodige vernuwlng van die wereld kan bewerkstellig.

2. Vanweë die verskeldenheid In die vorme van kerkregering van die Geref. kerke kan eenvormigheid van kerkregerlng nie beklemtoon word as 'n fundamentele vereiste nie, behalwe insover die beginsels van hierdie regering In dlq Geref. Belydenlsskrifte vervat is, soos b.v. die feit dat Christus Hoof van sy kerk is, en die kentekens van die ware kerk: die sulwere prediking van die Evangelie, die Skriftuurllke bediening van die sakramente en die getroue uitoefening van die kerklike dlssipllne.

3. Alle kerke wat die Geref. oortuiging (reformed faith) bely en handhaaf, sal uitgenodig word om deel te neem aan die ekiuuenlese sinode, die op basis hlerbo genoem. Verder sal huUe vrtendellk versoek word om hul ultgesproke (explicit) Instemming daarmee te betuig en alle afgevaardlgdes na die sinode sal hul gehegtheid aan die konfessies van die Geref. geloof en aan die bogenoemde verklaring moet betuig.

4. 'n Verklaring met betrekking tot die geskledenls en organlsasie van Merdte sinode, asook die karakter, gesag en doel van toekomstige ekumeniese sinodes ittoet die uitnodiging aan die verskillende kerke vergesel.

(Noot: In die oorspronklike formulering van die kommissie van drie het punt 3 gelul: „Alle kerke wat in hul formuhere (standards) die Geref. oortuiging, bely, sal uitgenodig word om deel te neem aan die ekumeniese sinode, op die bogenoemde basis " Die kommissie het van die gedagte uitgegaan dat die sinode self nie moet Oordeel oor die vraag wie uitgenodig sal word, al dan nie, maar dat die aangenome grondslag aan alle kerke gestuUr word wat die Geref. belydenlsskrifte aanvaar, terwyl dit dan aan die kerke self oorgelaat word om te beslis of hulle heelhartig die belydenis onderskrywe en uitlewe. Dit sou dan word „'n appèl op die gewetes". Die sinode het egter besluit om na „bely" die woorde „en handhaaf" in te voeg. Dit het volgens die meerderheid van die sinode meegebring dat uitgemaak moes word wie handhaaf en wie nie. I

(Ds Van Dellen het egter 'n minderheidsrapport ingedien ten effekte dat uit die woorde „bely en handhaaf" nie noodwendig voortvloet dat die sinode moet oordeel wie bely en handhaaf nie. Sy eerw. het versoek dat eers uitsluitsel op hierdie punt gegee word. Op 'n later stadium is toe die woorde „volgens die oordeel van die sinode" ingevoeg, sodat die begin van punt 3 gelui het: „Alle kerke wat, volgens die oordeel van die sinode, die Geref. geloof bely en handhaaf, sal uitgenodig word". Gedurende die laaste sitting van die sinode het egter geblyk dat die sinode nie in staat is om op hierdie punt te beslis nie, met die gevolg dat die beslissing oorgelgst is aan die nasionale sinedes, nadat die verskillende afvaardiginge elk aan hul eie sinode gerapporteer het. Deur hierdie laaste besluit het die woorde „volgens die oordeel vah die sinode" verval, en daarom het ons dit uitgelaat in die finale redaksie).

Hierna is aan kommissie I opgedr.a om uit te maak hoe bepaal sal word watter kerke die Geref. geloof bely en handhaaf (art, 77).

Op aanbeveling van dié kommissie het die sinode besluit (art. 92): ' "'

Die sinode neem die volgende standaard van beoordeling aan: Alleen kerke wat die Gereformeerde geloof bely, moet uitgenodig word, tensy hulle in gebreke bly om tug uit te oefen in geval van atwyldnge van die Gereformeerde geloof.

(Noot: Hierdie besluit is geneem onder die verstandhouding dat die ekumeniese sinode self sal oordeel. Dit •kan egter ook vir die nasionale sinodes as leidraad dien in hul beslissing.)

Verder is - op aanbeveling van kommissie I besluit:

Die afgevaardlgdes van die Nederlande sal 'n kommissie* vorm om die sinode te adviseer met betrekking tot die verskillende kerke van Europa, eweso die deputate van Suid-Afrika met betrekking tot die kerke van Suid-Afrika en die afgevaardlgdes van Amerika met betrekking tot die kerke van Amerika.

U deputate het hierop die volgende rapport ingedien: —

RAPPORT VAN DIE SUID-AFRIKAANSE AFVAAR­DIGING MET BETREKKING TOT UITNODIGINGE NA DIE VOLGENDE EKUMENIESE SINODE.

Hooggeagte brs.,

U kommissie wat benoem is om die sinode te adviseer met betrekking tot die verskillende kerke van Suid-Afrika, wens as volg te rapporteer:

Die kommissie is nie bereid om enige bepaalde aanbeveling op hierdie stadium voor te lê nie, om die volgende redes:

(1) Ons het geen dokumentêre gegewens tot ons beskikking met betrekking tot die offisiële houding van die verskillende Afrikaanse en Engelse kerke in Suid-Afrika ten opsigte van die vraagstuk van die handhawing van die Geref. belydenis nie.

(2) 'n Indiskrete besluit met betrekking tot 'n uitnodiging na 'n ekumeniese sinode kan die bestaande broederlike verhoudinge tussen die Afrikaanse kerke, soos gestipuleer in die liandeUnge van 1939, art. 170 (bl. 218) en 1942, art. 62 (bl. 94—vgl. voetnoot), versteur.

Op hierdie gronde adviseer ons die sinode om te besluit dat aan die Suid-Afrikaanse afvaardiging toestemming verleen word om ondersoek in te stel en te rapporteer aan die generale sinode van die Geref. Kerk in Suid-Afrika.

Hoogagtend,

P. J. S. de Klerk, H. G. Stoker, S. du Toet.

Voetnoot:

Die Handelinge van 1939, bl. 218, bevat onder andere die volgenSe:

„Die kommissie vir interkerklike korrespondensie word gekontinueer met die volgende mandaat:

(a) die samewerking van ander kerke te verkry in verband met die uitvoering van al die besluite waartoe hierdie sinode die samewerking versoek het;

(b)'met die ander kerke 'n samespreking te hou oor sake van praktiese aard wat belemmerend mag werk tot meerdere sarpewerking".

Handelinge 1942, bl. 94, C2: „In die praktyk het die Hollandse kerke mekaar reeds as ChristeUke kerke erken deur noue samewerking in baie sake, soos b.v. Bybelvertahng, Psalmberyming, lidmaatskap, ens. Die algemene sinode word nou net gevra om, aangesien die Geref. Kerk reeds in die praktyk bewys het dat hy beide die Ned. Geref. Kerk en die Ned. Herv. Kerk erken as ChristeUke Kerke, te verklaar.dat die Geref. Kerk graag broederllke verhouding en hartlike samewerking wil onderhou sowel met die Ned. Geref. as met die Ned. Herv. Kerke "

Hierdie rapport is 'deur die sinode aanvaar, waarop die deputaatskappe van Nederland en Amerika versoek het dat dieselfde prosedure ook in hul geval sal geld.

Gevolglik is die finale besluit in verband met uitnodiging die volgende:

Aan die deputaatskappe van Nederland, Amerika en Suid-Afrika word verlof gegee om ondersoek in te stel, eVk in sy eie land (Nederland oolil in die res van Europa) en aan die respektiewe nasionale sinodes te rapporteer. Die nasionale sinodes sal besluit watter kerke uitgenodig sal word en rapporteer aan die kommissie van advies deur hierdie sinode benoem.

K. S.

Het „verdriet" van den onwetende?

„De Groene Amsterdammer" schrijft:

Het Indonesische onderwijscongres te Solo (Soerakarta) heeft, naar Antara meldt, besloten, het Nederlandsch als leervak af te wijzen, zoolang die taal een „psychologisch gevaar" inhoudt. Voorshands zal les Worden gegeven in het Indonesisch, en Engelsch wordt toegelaten als leervak op de middelbare scholen.

Het is een verdrietig bericht, omdat hier een medewerking in het kader der Nederlandsch-Indonesische Unie geweigerd wordt wegens „gevaren", welke op taalgebied zeker niet hoeven te bestaan. Toch ontkomt mèn niet aan de gedachte, dat het zoo anders had gekund, als een jaar geleden, ja terstond na het optreden van de eerste regeering-Sjahrir, met begrip en breedheid was gegeven wat ons thans zoo moeizaam moest worden ontwrongen. En het kan hun, die zelfs nu nog tegenstribbelen, doen gevoelen, hoe zwaar hun verantwoordelijkheid is voor wat zij gedaan hebben en vopr wat zij noe altijd doen.

We kunnen 't niet helpen, dat we hierbij danken aan , , het gebed van den onwetende". Gelooft „De Groene" nu heusch, dat de menschen van den door Japan gewekten revolutie-geest, anders zouden hebben gehandeld als de nederlandsche capitulatie een tikje eerder gekomen was ? Kent men aan „De Groene" Mussert niet meer? Of — wel hem, maar niet zyn ergere editie Soekarno?

Hier is al het eerste bericht, dat de zending te denken geeft. Maar de synodocratische zendingsmenschen, die Sjahrir hebben aangewezen als eeir man, om God voor te danken, en die de revolutie hun fiat hebben gegeven, zullen zich er niet door laten gezeggen.

K. S.

Dit artikel werd u aangeboden door: Vrije Universiteit Amsterdam

Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen, vragen, informatie: contact.

Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing. Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this database. Terms of use.

Bekijk de hele uitgave van zaterdag 10 mei 1947

De Reformatie | 8 Pagina's

De z.g. oeoumenische „synode

Bekijk de hele uitgave van zaterdag 10 mei 1947

De Reformatie | 8 Pagina's