Digibron cookies

Voor optimale prestaties van de website gebruiken wij cookies. Overeenstemmig met de EU GDPR kunt u kiezen welke cookies u wilt toestaan.

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies zijn verplicht om de basisfunctionaliteit van Digibron te kunnen gebruiken.

Optionele cookies

Onderstaande cookies zijn optioneel, maar verbeteren uw ervaring van Digibron.

Bekijk het origineel

II. B. — VRAAGSTUKKE VAN PROMULGASIE (AFKONDIGING, ENS.) OF PROPAGERING, ENS.

Bekijk het origineel

+ Meer informatie

II. B. — VRAAGSTUKKE VAN PROMULGASIE (AFKONDIGING, ENS.) OF PROPAGERING, ENS.

3 minuten leestijd Arcering uitzetten

De z.g. oecumenische „synode”, VI.

Kommissie II het in hierdie verband gerapporteer dat verder bespreking oor hierdie saak onnodig is, aangesien 'n getuienis reeds opgestel is. Punte II, B 1 en 2 kan onder die aandag gebring word van organisasies wat huUeself besighou met die propagering van die Geref. oortuiging. Daar is ook heelwat oorvleueling met punte I, A—E (die leerstellige punte).

Die sinode het hierdie aanbeveling aanvaar.

(Noot: Die sinode het hom derhalwe nie uitgespreek oor die vraagstuk van uitbreiding en/of hersiening van belydenisskrifte, of spesiale verklaring, getuienis, of leerstellige uitsprake deur die ekumeniese sinode nie, behalwe insover die sinode 'n getuienis laat hoor het. Later is egter die reeds genoemde studiekomitees benoem sodat die volgende sinode seker rekenskap sal moet gee van hierdie vraagstukke).

n. C. — ONS BOEPING IN DIE MODEKNE WERELD.

1. Hoe kan ons die Geref. belydenisskrifte meer effektief maak in die moderne wereld ?

Op voordrag van kommissie II het die sinode besluit:

Daar kan oor geen ander weg gedink word as dié van aanmoediging van die Christelike pers en Geref. organisasies wat reeds in 'n vorige besluit genoem is om hulleself die propagering van ons Geref. oortuiging in elke sfeer van die lewe tot taak te stel. Hierdie sinode is vanself 'n gedeeltelike verwerkliklng van die ideaal om ons konfessies meer effektief te maak in die moderne wereld.

2. Christelike Onderwys — die vraagstuk van die publieke skool.

Op voordrag van kommissie II het die sinode besluit:

Wanneer die beginsel van die deur die ouers gekontroleerde skool prysgegee word, is dit noodwendig dat allerlei moeilikhede hulleseU sal voordoen, 'n Paslike herformulering van hierdie waarheid word gevind in die getuienis soos geformuleer deur proff. Berkouwer en Kromminga, wat op hierdie stadium as genoegsaam beskou word.

(Noot: Later is besluit om 'n studiekomitee ook vir hierdie saak te benoem.)

3. Huwelikskwessies — die vraagstuk van die gronde vir egskeiding.

Die sinode het die volgende rapport van kommissie II aanvaar:

By wyse van informasie herinner die kommissie daaraan dat net een grond vir egskeiding in ons kerke as Bybels erken word: owerspel. Dit skyn asof daar 'n gedagte bestaan dat sommige van die drie kerke ook kwaadwillige verlating as grond beskou. Dit is egter in strijd met die feite.

Ander huwelikskwessies kan ook bespreek word. U kommissie het ook die ingewikkelde (perplexing) kwessies bespreek van (her) toelating tot die volle kerklike gemeenskap van diegene wat geskei is op onbybelse gronde, maar later tot inkeer gekom of berou betoon het oor hul verkeerde daad. Die kommissie voel dat niks op hierdie tydstip gesê kan word nie, aangeslen die vraagstuk, streng geneem, nie op die agenda is nie en veral omdat die Amerikaanse kerke 'n rapport oor hierdie kwessie hangende het.

(Noot: Ook vir hierdie vraagstukke is 'n studiekommissie benoem.)

II. D. — DIE GEREF. GETUIENIS IN SENDING EN EVANGELISASIE.

Op voordrag van kommissie U is besluit:

Die sinode sal 'n internasionale kommissie vir sendingsake benoem met die oog op onderlinge raadpleging. Hierdie kommissie sal dit as sy taak beskou om die Geref. beginsels ten opslgte van sendingsake te bestudeer en te verbrei en om onderling mekaar te raadpleeg In sake van sendingbeleid. Hierdie komitee sal genoem word: Die Internasionale Gereformeerde Sendingraad.

(Noot: Dit word niet gesê wie die lede van hierdie kommissie moet benoem nie, maar dit sal waarskynlik die taak van die verskillende nasionale sinodes wees.)

Dit artikel werd u aangeboden door: Vrije Universiteit Amsterdam

Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen, vragen, informatie: contact.

Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing. Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this database. Terms of use.

Bekijk de hele uitgave van zaterdag 31 mei 1947

De Reformatie | 8 Pagina's

II. B. — VRAAGSTUKKE VAN PROMULGASIE (AFKONDIGING, ENS.) OF PROPAGERING, ENS.

Bekijk de hele uitgave van zaterdag 31 mei 1947

De Reformatie | 8 Pagina's