Digibron cookies

Voor optimale prestaties van de website gebruiken wij cookies. Overeenstemmig met de EU GDPR kunt u kiezen welke cookies u wilt toestaan.

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies zijn verplicht om de basisfunctionaliteit van Digibron te kunnen gebruiken.

Optionele cookies

Onderstaande cookies zijn optioneel, maar verbeteren uw ervaring van Digibron.

Bekijk het origineel

Bybelonderrig in  die nuwe Suid-Afrika

Bekijk het origineel

+ Meer informatie

Bybelonderrig in die nuwe Suid-Afrika

12 minuten leestijd Arcering uitzetten

In Suid-Afrika is so pas politieke geskiedenis gemaak. Tussen 26 en 28 April 1994 het die eerste demokratiese verkiesing in die land plaasgevind waaraan nie minder as 20 verskillende politieke partye deelgeneem het nie. Hierdie verkiesing is oortuigend deur die ANC gewen. Daarmee is die nuwe Suid-Afrika gebore wat deur die vorige staatspresident, mnr F.W. de Klerk op 2 Februarie 1990 in die Parlement in Kaapstad in die vooruitsig gestel is en waardoor verteenwoordigers van die oorgrote meerderheid van politieke partye onderhandel het.

Hierdeur het Suid-Afrika sy eerste swart staatspresident verkry en het 'n nuwe tussentydse grondwet in werking getree wat deur al die deelnemende partye opgestel is vir die periode 1994- 1999. Gedurende hierdie tydperk sal die nuutverkose regering van nasionale eenheid die land onder die nuwe grondwet regeer tot en met die volgende verkiesing by die draai van die eeu.

Hierdie staatkundige oorgangsfase in die RSA hou noodwendige implikasies in vir die onderwys en meer spesifiek vir godsdiensonderwys in openbare skole alhier.

Onder die vorige bedeling het godsdiensonderwys in die openbare skole in die RSA hoofsaaklik tot uitdrukking gekom deur middel van die vak Bybelonderrig wat, met behoud van die gewetensklousule, 'n verpligte vak oor die volle 12 skooljare was.

In die nuwe bedeling is daar sterk aanduidings dat die vak Bybelonderrig behou sal word, vanselfsprekend sender sy verpligte aard en met die byvoeging van ander religieuse keusemodules, ten einde ook voorsiening te maak vir ander geloofstandpunte.

Hierdie artikel wil eerstens die waarkynlike opsies vir religieuse onderwys in die skoolkurrikula van openbare skole in die nuwe Suid-Afrika aan die orde stel en daarna fokus op die uitgangspunte van een van hierdie opsies, te wete Bybelonderrig.

Die teikengroep vir hierdie artikel is akademici in Nederland met die oog op meer inligting aangaande die situasie in Suid-Afrika.

1. Religieuse onderwys: n basiese mensereg?

Vryheid van godsdiens en gewete, insluitende religieusgerigte onderwys, is volgens die internasionale Universal Declaration of Human Rights (UDHR) 'n basiese mensenreg (of. art. 18).

Hierdie bepaling ten opsigte van religieuse ondenwys is egter nie in die grondwette van alle lande ingesluit nie. So byvoorbeeld bevat die Nederlandse Grondwet nie so'n klousule nie (of. die Grondwet voor het Koninkryk der Nederlanden, artikels 1 en 6). Art. 6(2) van die laasgenoemde grondwet bepaal egter dat die reg op godsdiensbeoefening en geloofsoortuiging in die openbare belang deur wetgewing beperk mag word.

'n Tweede voorbeeld van 'n grondwet van 'n Westerse land wat nie die klousule ten opsigte van religieusgerigte onderwys bevat nie is die Amerikaanse "Bill of Rights". Inteendeel, die "first amendment", wat ook bekend staan as die sogenaamde "establihment clause" (cf. Leahy, 1991: 45-49, soos aangehaal deur Pienaar, 1993:216), verbied enige vorm van staats- of staatsondersteunende godsdiens in openbare skole in die U.S.A.

Dit is dus opvallend dat 'n land soos die U.S.A. wat hom in die Westerse wereld uitleen as diè voorstander vir die handhawing van menseregte, en wie se voorbeeld in baie lande sterk inspraak het, so behep geraak het met die neutraliteitsbeginsel, dat hy 'n basiese mensereg van die meerderheid van sy eie inwoners, wat Christene is, nie genoegsaam in sy eie grondwet beskerm nie. Die gevolg hiervan is dat hooggeregshofuitsprake in die U.S.A. tot gevolg het dat religieusgerigte ondenwys nie in openbare skole aldaar gegee mag word niemet die gevolg dat die regte van die meerderheid van die bevolking ingekord word ten einde nie aanstoot te gee aan die regte van minderhede nie. Dit is verder opvallend dat hierdie "sensitiwiteit" uitsluitlik ten opsigte van Godsdiensonderwys geld en nie ook ten opsigte van ander vakke op die gebied van byvoorbeeld Taalonderrig, Geskiedenis, Aardrykskunde, ens. nie.

In Suid-Afrika bepaal art. 14 van die nuwe Grondwet as volg: "Godsdiens, Geloof en Opinie 14 (1) Elk persoon het die reg op vryheid van gewete, godsdiens, denke, oortuiging en opinie, waarby akademiese vryheid aan instellings van hoer onderrig inbegrepe is. (2) Sender om afbreuk te doen aan die algemeenheid van subart. (1), kan godsdiensbeoefening in staatsof staatsondersteunde instellings geskied... mits sodanige godsdiensbeoefening op 'n billike grondslag geskied en bywoning daarvan vry en vrywillig is."

Die Suid-Afrikaanse grondwet laat dus die deur oop vir religieusgerigte onderwys aan tersiêre sentra onder die begrip "al< ademiese vryheid" asool< in staatsondersteunende openbare skole met dien verstande dat daar geen vorm van dwang en/of diskriminasie van enige aard sal wees nie. Pienaar (1991:223) se gevolgtrekking oor die Nederlandse model blyk in die verband 'n redelike standpunt te wees, wanneer hy sê:

"Die Nederlandse model, met openlike statutêre owerheidsteun aan religieusgerigte ondenwysinstellings sonder om aan spesifieke godsdienstige strominge voorkeur te verleen, blyk egter die beste resultaat te verskaf in die afweging van die diskriminasieverbod teenoor die reg op geloofsvryheid."

2. Moontlike opsies vir religieuse onderwys in die nuwe Suid-Afril(a

Die verskillende opsies vir Relieuse Onderwys in 'n nuwe onderwysbedeling sou skematies as volg uiteengesit kon word:

Geen religieuse onderwijs in openbare sl< ole nie * Religieuse onderwys oorgelaat aan die kerk

* Die skool konsentreer op die vorming van leerlinge deur middel van nie religieuse vormingsvakke

Reiigieuse onderwys in openbare siiole * Opvoeding onvolledig sonder Religieuse onden/vys * Respekteer vryheid van godsdiens sonder enige vorm van dwang en/of diskriminasie * Moontlikhede:

1. Bybelonderrig óf 'n nie-religieuse keusemodule 2. Parallelle godsdiensmodules óf 'n nie-religieuse keusemodule 3. Religieuse Opvoeding óf Bybelonderrig óf 'n nie religieuse keusemodule

2.1 Geen religieuse onderwys in openbare sl(ole nie

Twee praktiese oonwegings sou tot so'n keuse kon lei, te wete: (i) Indien daar in die R.S.A., soos in die U.S.A., 'n skeiding sou kom tussen Kerk en Staat, dan sou Religieuse onderwys beskou kon word as die uitsluitlike verantwoordelikheid van die Kerk. In so'n geval sal die onderrig van godsdiens nie deel van die kurrikula van openbare skole uitmaak nie.

(ii) Indien bevind sou word dat dit personeel- en tydsgewys prakties onuitvoerbaar sou wees om in elke skool, standers en klas binne die skoolrooster voldoende voorsiening te maak vir die keuse van godsdiens van elke leerling, dan sou die onderrig van godsdiens uit die kurrikula van openbare skole uitgesluit kon word.

Die Skool sou, in die afwesigheid van religieuse onderwys in die kurrikula van openbare skole, deur middel van een/meer nie-religieuse keusemodule(s) 'n bydrae kon lewer tot die vorming van leerlinge op weg na verantwoordelike volwasse-wording. Dit sou gedoen kon word deur keuse-modules wat die persoonlikheids- en karakterontwikkeling van leerlinge, goeie landburgerskap, die vereiste kwaliteite vir die bou van 'n nuwe nasie in die R.S.A., respek vir norme en waardes vir beskaafde samelewings, ens. bevorder.

Die keuse om nie religieuse opvoeding in openbare skole te onderrig nie sou egter 'n leemte in die opvoeding van leerlinge laat, soos Nicolson (1994:44) tereg opmerk:

"Religious and moral education fills a need which no other subject can do. To exclude religious education would be a tragedy."

In dieselfde verband sê Holmes (1962:166): "No true education can be without religious content and character."

2.2 Religieuse onderwys in openbare skole

Opvoeding is gemoeid met die opvoeding van die leerling in geheel, dit wil sê nie slegs met sy/haar verstandelike ontwikkeling nie, maar ook met sy/haar emosionele, geestelike, fisiese en psigo-motoriese ontwikkeling.

Hierbenewens is die mens ten diepste 'n religieuse wese wat behoefte het aan religieuse ontwikkeling. Die mens het deur sy geskapenheid na die beeld en gelykenis van God (cf. Gen. 1 : 26), 'n mens in verhouding tot God, sy Skepper en Onderhouer, geword. Deur hierdie skeppingsverordening staan God en mens in 'n bepaalde verhou­ ding. God spreek die mens aan deur die algemene en besonder openbaring en die mens is hierdeur" 'n aangesproke en antwoordende wese" (Heyns, 1978:128). As gevolg hiervan is die mens onlosmaaklik betrekke by God en dus ten diepste religieus.

In ooreenstemming met internasionaal aanvaarde beskaafde norme en standaarde, soos weerspieël in die (tussentydse) Grondwet wat Suid-Afrika, wat vryheid van keuse vir elke indiwidu waarborg sonder enige vorm van dwang en/of diskriminasie, behoort hierdie beginsel ook ten opsigte van godsdiensvryheid en - onderwys gerespekteer te word.

Teen hierdie agtergrond geld die volgende moontlike opsies vir religieuse ondenwys in 'n toekomstige Suid-Afrika:

Opsie 1 :

Inaggeneem dat verreweg die meerderheid van die Suid-Afrikaanse bevolking selferkende Christene is (64.4% tydens die 1991 sensusopname), kan verwag word dat bale ouers daarop sal aandring dat hulle kinders ondenwys sal ontvang wat in geen opsig teenstrydig met dié van die Bybel is nie.

Dit sou derhalwe gewens wees dat Bybelonderrig in die toekoms minstens as 'n keusemodule in openbare skole in die R.S.A. aangebied sou word. Leerlinge wat vir waiter rede ookal sou besluit om nie Bybelonderrig te neem nie, behoort 'n alternatiewe vakkeuse uit een/meer nie-christelike keusemodules te kan doen, soos byvoorbeeld Rekenaarwetenskap, Omgewingsopvoeding. Eerste Hulp, ens.

Opsie 2:

Daar sou geargumenteer kon word dat om slegs voorsiening te maak vir die religieuse behoeftes van die meerderheid van die inwoners van die land, nog nie voorsiening maak vir dié van minderheidsgroepe in die samelewing nie. Dit sou ook as 'n vorm van diskriminasie beskou kon word.

In die lig hiervan sou, as 'n volgende opsie, kon dien om ook vir die ander mees beduidende godsdienste in die Suid-Afrikaanse bevolkingsamenstelling in parralelle sessies, naas Bybelonderrig, binne die skoolrooster voorsiening te maak.

In die praktyk sou dit dan beteken dat daar gedurende die Godsdiensperiode gelyktydig naas Bybelonderrig ook Hindoeïsme, Islamkunde en Judaïsme en waar moontlik ook die reeds gemel-

de nie-religieuse keusemodule(s) vir leerlinge in elke klas en standerd, soos benodig, aangebied sal word. Dit spreek vanself dat hierdie opsie binnen die skoolrooster tyds- en personeelsgewys probleme kan meebring afgesien daarvan dat dit nie noodwendig voorsiening sal kan maak vir die religieuse behoeftes van alle minderheidsgroepe nie.

Opsie 3:

'n Derde moontlikheid sou wees om uitsluitlik op meerdere kennis te konsentreer deur die verskillende godsdienste van die wereld te bestudeer. Dit sou gedoen kon word deur middel van 'n oorkoepelende vak soos byvoorbeeld Religieuse Opvoeding.

Op die wyse sal leerlinge meer kennis bekom nie slegs van hulle eie godsdiens nie, maar ook van andere godsdienste, soos wat hulle byvoorbeeld in Aardrykskunde en Geskiedenis doen wanneer hulle nie slegs die geografie of gebeure uit die verlede van hulle vaderland bestudeer nie, maar ook diè van ander lande van die wereld bestudeer. Die probleem word egter bemoeilik deurdat dit in Godsdiens, in teenstelling met anders skoolvakke, om meer as slegs feitelike kennis en/of vaardighede gaan. Godsdiens is ten diepste 'n geloofsoortuiging wat eers wanneer dit assulks bestudeer word, werklike betekenis kry. Hierdie dimensie vereis dat geen leerling ten opsigte van enige aspek van Religieuse Opvoeding "gedwing" mag word om dit te bestudeer nie. Enige vorm van gewetensdwang sou boonop ook in stryd wees met die vermelde aanvaarde Grondwet van die land.

In die Suid-Afrikaanse opset waarin die meerderheid van die bevolking Christene is, sou dit beteken dat indien ouers sou verkies dat hulle kinders nie blootgestel word aan onbybelse ideologieë nie, hulle kinders nie daartoe gedwing behoort te word nie. Vryheid van godsdiens en gewete beskerm tog sekerlik die regte van die indiwidu, hetsy of hy/sy tot die meerderheid of tot die minderheid van die bevolking behoort.

Die oplossing vir die probleem skyn dus daarin te lê om by wyse van keusemodules voorsiening te maak vir Religieuse Opvoeding naas Bybelonderrigen die reeds gemelde nie-religieuse keusemodule(s) soos in opsie 1 hierbo beskryf.

Gevolgtrekkings

Uit die voorafgaande moet gekonkludeer word dat: (1) die opvoeding van leerlinge onvolledig sou wees sender enige vorm van religieuse onderwys. Die uitsluiting van religieuse onderwys uit die kurrikula van openbare skole sou eerder 'n ontwyking as 'n oplossing van die onderhawige probleem wees.

(2) Die Ouer, die Kerk en die Skool het elk 'n eie/afsonderlike asook 'n gesamentlike verantwoordelikheid tot die religieuse opvoeding van hulle kinders. In die belang van hierdie kinders mag nie een van die gemelde samelewingsverbande sy verantwoordelikheid op enigeen van die ander twee afskuif nie.

(3) Opsie 1, uitsluitelik Bybelonderrig, sou as diskriminerend tenoor ander minderheidsgroepe geïnterpreteer kon word.

(4) Opsie 2 sou personeel- en tydsgewys praktiese probleme meebring wat bale moeuilik oorkom sou kon word.

(5) Opsie 3 skyn in die Suid-Afrikaanse opset, uit die vermelde moontlikhede, die beste opsie te wees.

3. Bybelonderrig: 'n keusevak binne religieuse onderwys

Bybelonderrig is huidiglik 'n nie-eksamenvak in openbare skole oor die volle twaalf skooljare. Dit word aan alle leerlinge aangebied met dien verstande dat enige leerlinge wat gewetensbesware teen die bywoning daarvan het, daarvan verskoon word.

Die onderrig van die vak word deur wetgewing statutêr in die Wet op Onderwysaangeleenthede (Volksraad), Wet no 70 van 1988. Artikel 62 bepaal onder meer:

"(2) (a) Bybelonderrig word aangebied as 'n vak op alle vlakke in openbare skole

(3) Geen leerstelling of dogma wat eie is aan 'n bepaalde denominasie of sekte mag gedurende skoolure in 'n openbare skool onderrig of bevorder word nie.

(4) Indien die ouer van 'n kind wat 'n openbare skool bywoon die skoolhoof skriftelik versoek dat die kind vrygestel word van die bywoning van godsdiensplegtighede of Bybelonderhg, moet daardie skoolhoof die kind dienooreenkomstig vrystel." In die nuwe Suid-Afrika kan verwag word dat die "verpligte" aard van die vak getermineer sal word. In die lig van die reeds beklemtoonde feit dat die meerderheid van die bevolking Christene is en baie sterk voel oor die Christelike onderwys van hulle kinders kan, soos reeds gemeld, venwag word dat Bybelonderrig 'n keuse-opsie in toekomstige kurrikula sal wees.

Dit moet ten slotte beklemtoon word dat swart leerlinge 'n besonder belangstelling in die onderrig van die Bybel openbaar. In die jongste openbare eksamens aan die einde van 1993 het nie minder as 110000 van die 330000 matrikulante van die Department Ondenwys en Opleiding, in Bybelkunde wat as 'n keusevak in die kurrikulum angebied is, eksamen gedoen.

4. Samenvattende gevolgtrekkings

In Suid-Afrika het 'n nuwe era aangebreek. Geloofs- en gewetensvryheid word in sy nuwe grondwet gewaarborg. Alles dui daarop dat hierdie basiese mensereg ook in die onden/vys tot sy reg sal kom deur middel van religieuse onderwys in openbare skole. In teenstelling met die praktyk in die verlede sal religieuse ondenwys in die toekoms minstens voorsiening maak vir onderwys in al die godsdienste wat in die Suid-Afrikaanse samelewing gereflekteer word. In die lig van die feit dat die meeste Suid-Afrikaners selferkende Christene is sal Christelike Bybelonderrig een van die keuse-opsies binne religieuse onderwys moet wees.

Dr. Ronald Murray Senior lektor, fakulteit opvoedkunde, universiteit in Pretoria

Bibliografie

Heyns, J.A., 1978. Dogmatiek. Pretoria: N.G. Kerkboekhandel Transvaal. Holmes, H., 1962. Religious Education in the State School. Johannesburg: Thomas Nelson and Sons.

Nicolson, R., 1994. Religious education in schools in a future South Africa, in die Suid- Afrikaanse Tydskrif vir Opvoedkunde, Februarie 1994, 14 (1): 43-48.

Pienaar, G., 1993. Diskriminasieverbod en religieusgerigte onderwys - wat hou die toekoms in? , in die Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, Mei 1993, 56 (2): 210-228. Suid-Afrika (Republiek), 1993. Tussentydse Grondwet. Pretoria: Staatsdrukker.

Dit artikel werd u aangeboden door: De Reformatorische School

Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen, vragen, informatie: contact.

Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing. Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this database. Terms of use.

Bekijk de hele uitgave van woensdag 1 juni 1994

De Reformatorische School | 36 Pagina's

Bybelonderrig in  die nuwe Suid-Afrika

Bekijk de hele uitgave van woensdag 1 juni 1994

De Reformatorische School | 36 Pagina's