Digibron cookies

Voor optimale prestaties van de website gebruiken wij cookies. Overeenstemmig met de EU GDPR kunt u kiezen welke cookies u wilt toestaan.

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies zijn verplicht om de basisfunctionaliteit van Digibron te kunnen gebruiken.

Optionele cookies

Onderstaande cookies zijn optioneel, maar verbeteren uw ervaring van Digibron.

Bekijk het origineel

'N BEKEERDE JODIN VERTEL

Bekijk het origineel

+ Meer informatie

'N BEKEERDE JODIN VERTEL

4 minuten leestijd Arcering uitzetten

1.

Overgenomen verhaal uit een Zuid- Afrikaans Zendingsblad door Ds. Zijderveld.

Die getuienis van mej. Maisie Pillenier oorgeneem uit: „HULLE HET DIE GEHEIM ONTDEK"

Dot se antwoord het my verbaas: „Ek weet dit sal baie kos om aan die wasirheid gehoor te gee, maar dit is die enigste ding om te doen. Ek weet, want ek is ook 'n Jodin". Dot 'n Jodin en 'n gelowige in Jesus Christus! Van Jesus Christus het ons as Joodse kuiders van kleins af geleer dat Hy die God van die heidense nasies is en dat ons niks met Hom te doen he nie.

Ek het 'n ortodokse Joodse huis opgegroei en my moeder wat 's Russiese Jodin was, was streng „Kosher". Elke Vrydagaand voor sonsondergang het sy die kerse aangesteek en die Sabbat het sy na die beste van haar vermoë probeerhou. Myoumaenoupa, watnie ver van ons gebly het nie, het 'n groot rol in ons lewens gespeel, want my vader is oorlede toe myjongstesussienog maar twee weke oud was, terwyl ek self vier en my oudste suster twaalf was. Die lewe was nie maklik nie, maar ons oupa was 'n bron van sterkte vir ons almal. Hy was 'n goeie man, wat streng met sy eige Mnders enkleinkinders was, maar ook baie goedhartig as dit nodig was. Ons het hom baie liefgehad. Elke oggend het hy sy „phylacteries" aangesit en in'n hoek van die kamer tot God gebid. Elke Vrydagaand en Sater dagoggend kon 'n mens hom met sy gebedsmussie, - tjaUe en gebedeboek (let op: nie die Bybel) in die hand op pad nadiesinagogesien. Die vrouens het die sinagoge slegs op sepesisde heilige dae besoek en ons het almal daarna uitgesien. Die vrouens sit almal op die galery, want huUe neem nie aan die diens deel nie. Daar was maar weinig van ons wat Hebreeus kon verstaan en ons kon dus nie eens die Skriflesing volg nie. Tenspyte hiervan het ons ons in die atmosfeer van die sinagoge verlustig, wat deel van ons lewe uitgemaak het.

Nie een van hierdie dinge het my met God laat kennis maak nie. Ek het 'n staatskoolbygewoon waar driekwart van die Mnders nie-Jode was, maar selfs hier het ek nie met God kennis gemaak nie. Nie een van die sogenaamde Christene het ooit met my oor Christus of God gepraat nie. Omdat daar nie 'n Joodse onderwyser was nie, het die Joodse kinders geen godsdiensonderrig ontvang nie. Die gevolg was dat ek op 17-jarige leeftyd 'n totale ongelowige was soos meeste Joodse jongmense. Dietradisies van die vader het ons wel van ons Joodse afkoms bewus gemaak, maar ons nie met God laat kennis maak nie. Van Jesus Christus het ons as Joodse kinders niks geweet nie. Ons is van kleinsaf geleer dat HydièGod van die heidense nasies is en dat ons niks met Hom te doen mag he nie, anders sal ons onsself besmet. Van kleinsaf is ons geleer om die Shema op tese: „Hoor, Israel, die Here onse God is 'n enige Here". Die Christene? Wel, huUe glo in drie Gode.

Anders as die res

Aan die einde van my skooUoopbaan het ek by 'n firma met 'n personeel van200beginwerk. Soos meeste van die ander meisies het ekdikwels, as gevolg van ons geklets in die kleedkamer, nie met my werk op tyd begin nie. Die meisies het ook maklik langer as die toegestane tien minute vir teepouse geneem en in stede van vyfuur reeds • vyf voor vyf klaargemaak om huis toe te gaan. Ek het nooit daaraan gedink dat ons besigis omtyd te steel nie. Tussen al die meisies was daar een wat spesiaal uitgestaan het. Dorothy was baie mooi en besonder eerlik. Sy was altyd betyds by haar skrjrtafel en het ook altyd gewerk of die baas nou daar was of nie. Dikwels het ek saam met die ander meisies een of ander van die personeel beskinder. By sulke geleenthede sal Dot ons dan op die goeie punte van die persoon wys. Sommige van die meisies het nie van haar opregtheid gehou nie, maar ek het haar liefgehad. Hoe het ek nie verlang om soos sy te wees nie. Op 'n dag het ek haar dan ook gevra hoekom sy dan so anders as die ander meisies is. Haar antwoord was: , , Ek hou nie daarvan om gedurende werksure te gesels nie, maar wag vir my na werk en dan sal ek jou graag vertel".

Dit artikel werd u aangeboden door: De Saambinder

Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen, vragen, informatie: contact.

Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing. Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this database. Terms of use.

Bekijk de hele uitgave van donderdag 25 juli 1968

De Saambinder | 4 Pagina's

'N BEKEERDE JODIN VERTEL

Bekijk de hele uitgave van donderdag 25 juli 1968

De Saambinder | 4 Pagina's