Digibron cookies

Voor optimale prestaties van de website gebruiken wij cookies. Overeenstemmig met de EU GDPR kunt u kiezen welke cookies u wilt toestaan.

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies zijn verplicht om de basisfunctionaliteit van Digibron te kunnen gebruiken.

Optionele cookies

Onderstaande cookies zijn optioneel, maar verbeteren uw ervaring van Digibron.

Bekijk het origineel

DIE INDIKATIEF EN DIE IMPERATIEF IN DIE PREDIKING

Bekijk het origineel

+ Meer informatie

DIE INDIKATIEF EN DIE IMPERATIEF IN DIE PREDIKING

33 minuten leestijd Arcering uitzetten

L. Floor

Inleiding

Ons lees in die Bybel belialwe die beloftes van God ook sy gebooie. Daar is 'n hele aantal wette en voorskrifte in die Woord van God. In die O.T. word die hele wet van God opgesom met as hoogtepunt die bekende Tien Gebooie. By die profete hoor ons herhaaldelik van voorskrifte wat die volk Israel wys hoe God en die naaste gedien moet word.

In die N.T. staan daar al dadelik aan die begin die indrukwekkende Bergpredikasie van Jesus waarin die gebooie van God geproklameer word, 'n Groot gedeelte van die briewe in die N.T. bestaan uit apostoliese vermaninge.

Die vraag is hoe ons die gebooie van die Bybel moet verkondig.

Daar word nog al een klagtes gehoor in verband met die prediking van die gebooie van God. Soms word die gebooie van die Bybel as geïsoleerde wette aan die gemeente voorgehou. Dit klink soms meer as wetsartikels uit 'n burgerlike wetboek dan as Evangelieverkondiging uit die Woord van God. Die prediking ontaard dan in wat ons kan noem 'n soort van „sambokprediking". Die gemeente word gestriem met die wette van God. Die prediker gesel sy hoorders met Gods gebooie. Wanneer ons die gebooie van God verkeerd verkondig dan dreig die gevaar dat ons prediking ontaard in 'n moralistiese sedeles of in 'n aktivistiese program van lewens-en wereldverbetering.

Mense met 'n sterk ontwikkelde wilslewe gryp die gebooie gretig aan en verwag deur gehoorsame wetsvervulling die saligheid. Ander by wie die gevoelslewe weer sterker ontwikkel is, word moedeloos van so 'n jy-moetof - moenie-prediking.

In Duitsland het 'n besonder boeiende homiletiek verskyn van die hand van R. Bohren onder die titel Predigtlehre. In sy insiggewende boek gee Bohren 'n analise van die nuwere prediking wat veral deur die teologie van die rewolusie en die s.g. politieke teologie beïnvloed is. Hy kom dan tot die

konklusie dat die prediking in baie gevalle gekenmerk word deur 'n wettisistiese karakteri.

Wettisisme in die prediking hang nou saam met die nuwe siening op die Koninkryk van God. Die Ryk van God moet op aarde gerealiseer word. Die mens word by hierdie realisering ingeskakel. Hij koöpereer met God. Daar is 'n duidelike sunergistiese trek in die nuwere teologie^. Heil en heiliging word met mekaar verwar. In die reformatoriese teologie word dit so gestel dat die Kerk die boodskap van heil moet verkondig en dat die mense tot heiliging opgeroep moet word. Maar in die s.g. politieke teologie word heiliging self tot heil. Dit wil sê: wat mense doen, word tot heil vir die medemens. Heil, verlossing word van heiligmaking, van wetsvervuUing afhanklik gemaak. Met name in die politieke teologie soos dit veral deur Dorothee Sölle vertolk word, word die verlossing van mens en wereld afhanklik gemaak van wat mense doen. Die Evangelie word tot 'n nuwe wet. Dit is ten diepste wat Prof. W. J. Snyman genoem het 'n judaïsering van die Koninkryk van God.

Die hele probleem waarvoor die nuwe teologie ons plaas, trek saam in die verhouding van die indikatief tot die imperatief. Die krisis in die hedendaagse prediking bring ons by die vraag hoe ons die gebooie van die Bybel moet verkondig. Hoe moet ons in die Bybel en met name in die N.T. die verhouding sien tussen die indikatief en die imperatief?

Graag wil ek probeer om hierdie uiters belangrike verhouding vir u grammatikaal, struktuuranalities en ook openbaringshistories te skilder.

Die konteks van die gebooie

Dit moet vir ons baie duidelik wees dat nêrens in die Bybel die gebooie van God as geïsoleerde wette verkondig word nie. 'n Imperatief staan in die Bybel nooit op homself nie. Hy staan altyd in 'n bepaalde kader, in 'n bepaalde konteks. Die imperatiewe in die Bybel is altyd gekoppel aan 'n indikatief.

Wanneer ons die gebooie van God van huUe konteks losmaak, wanneer ons in die prediking die imperatiewe losweek van die indikatief dan gaan hulle op 'n verkeerde wyse in die verkondiging funksioneer. Aan die een kant is daar die gevaar dat die prediking as verkondiging van losstaande voorskrifte ontaard in sedeprediking. Dit bring ons terug by die teologie van A. B. Ritschl volgens wie die prediking van die Koninkryk van God in wese eties van karakter moet wees. Godsdiens is ten diepste verbetering van die

sedelike lewe van die mens. Wanneer die lewe van die mense eties wat gepolitoer v^rord dan is hulle burgers van die Koninkryk van God.

Aan die ander kant kan die gebooie van die Bybel in die prediking ook op so 'n wyse uit hulle konteks losgeweek word dat die gehoorsaamheid aan die wet van God 'n voorwaarde gaan word om in die Koninkryk van God te kan ingaan. Die imperatief gaan dan aan die indikatief vooraf. Dan is ons egter weer terug by die Joodse verlossingsteologie.

Ons vind hierdie benadering van die gebooie van die Bybel by die bekende nieuwtstamentikus Joh-Weiss. Ook by R. Bultmann kry ons 'n beklemtoning van die gebooie van God as 'n voorwaarde om deel te ontvang aan die heil van die basileia. Wel handhaaf Bultmann die eenheid van die eskatologiese en die etiese verkondiging, sodat by hom imperatief en indikatief in feite saamval^.

Die konteks waarin die Bybel die gebooie plaas is die Verbond of die Koninkryk. Hierdie twee belangrike Bybelse begrippe is ten diepste identies. Daar is soos J. Behm dit gestel het, 'n korrelasie tussen basileia en diathèkè. Hy noem die nuwe verbond „ein Korrelatbegriff zur basileia"*.

Die Verbond of die Koninkryk is die groot indikatief wat God daar gestel het. Die verskillende imperatiewe van die Bybel moet altyd in verband met die magtige heilsindikatief van die Verbond of die Koninkryk gepredik word.

Verbondsprediking of ïioninkryksprediking is daarom die beste middel om 'n verkeerde, eensydige verkondiging van die gebooie van die Bybel vry te spring. Ons moet egter in ons Verbonds-of Koninkryksprediking die lyne van die indikatief na die imperatief en van die imperatief na die indikatief op die regte vv^yse trek. De indikatief is op 'n bepaalde manier in die Bybel aan die imperatief verbind.

Die Dekaloog

Ons sal eers kyk in die O.T. hoe daar die verhouding van die imperatief tot die indikatief gereël is. Die mees sprekende voorbeeld is Ex. 20 waar die Dekaloog, die Tien Gebooie of Tien Woorde vermeld word.

Op 'n geheel besondere wryse is die Tien Gebooie in Ex. 20 verbind met die eerste vers waar die Here Homself bekend stel as die God van bevryding. Dit is nie moontlik om hier 'n uitgebreide analise van die begrip exodus te gee nie. Daar moet net onthou word dat in die woord exodus die harde kern van versoening opgesluit lê. Verlossing is hier verlossing in sy diepste betekenis as verlossing van die sonde. Die Here wil Sy volk by die verlossing

wat Hy verwerf het, ook bewaar. Daarom gee Hy die Wet vir Sy volk. Die Wet is dus nie gegee om daardeur verlossing te kan verwerf nie. Die Wet is alleen gegee om by die verworwe verlossing te bly. Dit is die rede dat in die Heidelbergse Kategismus die Wet in sy oudtestamentiese vorm opgeneem is in die derde deel, die deel van die dankbaarheid.

Eers kry ons by die Tien Gebooie die indikatief van Gods verlossing en daarna kom die tienvoudige imperatief van die gebooie. Ons sien hier dus dat die imperatief in die indikatief gefundeer is.

In die theologie vind ons dat soms die waarde van die imperatiewe van die Tien Gebooie onderskat is. In die vorige eeu wou H. F. Kohlbrügge en in hierdie eeu wou Karl Barth die karakter van die imperatiewe van die Wet van God wysig. Beide teoloë het dit so gestel dat die imperatiewe van die Wet van God nie as imparatiewe opgevat moet word nie maar as indicativi futuri, derhalwe nie as 'n gebod nie maar as 'n belofte^.

A. van Selms het egter daarop gewys dat hierdie eksegese van die Tien Gebooie taalkundig nie houdbaar is nie. Ons het hier wel terdeë te doen met imperatiewe ook al staan die negatiewe gebooie van die Wet van die Here nie in die imperatiefvórm nie. Maar dit kom, aldus van Selms, omdat dit in die Semietiese tale nie moontlik is om 'n imperatief met behulp van 'n ontkenning tot 'n verbod te maak nie. Vir 'n negatiewe gebod, dus 'n verbod, gebruik die Hebreeuws ló met indikatief. Die vierde gebod wat in die positiewe vorm opgestel is, staan wel in die imperatiefvórm^.

Daar is dus geen rede om die Tien Gebooie om te vorm tot Tien Beloftes nie, Andersyds is die Gebooie ook nie bedoel om die mens daardeur 'n instrument te gee waardeur hy homself kan verlos nie. Ons moet die Tien Gebooie altyd bly sien en ook verkondig in die konteks waarin hulle aan ons meegedeel word.

Die prediking van Johannes die Doper en Jesus

In die prediking van Johannes die Doper en Jesus hoor ons 'n kragtige imperatief: Bekeer julle!" (Matt. 3:2; 4:17). Duidelik is egter dat hierdie oproep tot bekering nie 'n imperatief is wat sender verband as 'n losstaande uitroep verkondig word nie. Sowel Johannes die Doper as ook Jesus motiveer hierdie imperatief: want die Koninkryk van die hemele het naby gekom".

Die bekering wat deur Johannes die Doper en Jesus gepredik word, is nie 'n middel om die Koninkryk van God naby te bring of te laat kom nie.

Die bekering beteken ook nie dat die mens van sy kant aan 'n voorwaarde moet voldoen waarop God van Sy kant dan die Koninkryk laat kom en die mens laat ingaan nie.

Die voegwoord ydg word in die indikatiewe sin gebruik „to introduce the reason"^ waarom die imperatief aangewend word.

Die imperatief: ekeer juUe, moet ons sien in verband met die indikatief van die koms van die Koninkryk van God. Die imperatief van die bekering rus in die indikatief van die koms van die Koninkryk van God. Calvyn het by Matt. 3 : 2 so mooi opgemerk: ohannes het nie gesê nie; doen boete en dan sal die Koninkryk van God naby kom, maar hy het allereers die genade van God op die voorgrond gestel en daarna vermaan hy die mense om hulle te bekeer^.

Die ware bekering waartoe Johannes die Doper en Jesus oproep is meer as net nalewing van die nuwe reels en wette, want dan bly ons maar beweeg op die vlEik van moralisme en wettisisme. Deur die ware bekering kom ons in die ryksgebied van Koning Jesus en laat ons ons beheers en lei en regeer deur Hom as ons nuwe Koning. Daarom is bekering meer dan alleen die doen van 'n aantal goeie dade, maar dit is 'n nuwe lewe volgens die orde van die Koninkryk van God,

Die ware bekering resulteer in geloof in Jesus Christus en in navolging van Hom.

In die bekende prediking van Jesus op die berg vind ons dieselfde volgorde van indikatief en imperatief. Eers verneem ons die geweldige indikatiewe van die saligsprekinge (Matt. 5:3-11) en daarna proklameer Jesus die gebooie in kragtige imperatiewe (Matt. 5 : 13 - 7 : 24). Dit is hier nie die plek om aandag te gee aan die inhoud en die radikaliteit van die gebooie van Jesus nie. Ons wil net let op die kader waarin die gebooie deur Jesus geproklameer word. Die struktuur van die Bergpredikasie is: ers die saligsprekinge en daarna die gebooie. H. N. Ridderbos noem die vervulling van die wil van God „de keerzijde" van die verlossing van die Koninkryks. Daarom behoor die imperatief soos die indikatief tot die gawe van die Koninkryk. Gods opgawe is tegelyk 'n gawe.

Die imperatief tree self ook op in die vorm van heilsverkondigingio. Ons kam nie sê nie: Die gebooie van God is eintlik beloftes. Dan verswak ons die gebodskarakter van die wette en bepalinge van God. Maar ons kan wel sê: die gebooie van God is ook beloftes.

In die gelykenis van die onbarmhartige skuldeiser (Matth. 18 : 23-35) word dit deur Jesus Self aangetoon. Op grond van die weldaad van god-

delike vergewing word die mens opgeroep om teenoor sy naaste vergewensgesind te wees. Vergewing in die vertikale vlak maak dit vir die mens moontlik om ook op die horisontale vlak vergewing aan sy naaste te skenk. Hierdie bereidheid om te vergewe word deur Jesus voorgestel as 'n vrug van Gods genadige vergewing. Andersyds is die bereidheid om die naaste te vergewe ook 'n toetssteen om te sien of daar werklik geglo word in Gods vergewing.

Ons mag dus die kritiese betekenis van die imperatief nie verwaarloos nie. Wie die imperatief nie gehoorsaam volbring nie kan nie deel hê aan die heil wat in die indikatief voorgestel word nie. Met name by Paulus sal ons skerp die kritiese betekenis van die imperatief sien. Ons moet egter in die prediking die imperatief nooit van de indikatief skei nie, want beide indikatief en imperatief verkondig vir ons die verlossing wat met die koms van die Koninkryk van God aangebreek het vir die mens.

Die imperatief in die prediking van Paulus

In die prediking van Paulus vind ons ook 'n innige samehang tussen die indikatief en die imperatief. In sy bekende rede op die Areopagus hoor ons die imperatief van die bekering. Hier word ons veral getref deur die totalitêre karakter van die imperatief. God verkondig, aldus Paulus, aan al die mense oml dat hulle hul moet bekeer (Hand. 17 : 30). Paulus lê in sy prediking te Athene baie sterk die klem op die maet van die bekering.

Die eis tot bekering word deur Paulus vervolgens gefundeer in die opstanding en die wederkoms van Christus (vs. 31). Die opgestane Here Jesus is ook die komende Wêreldregter. Hy is Here van almal (Hand. 10 : 36). Die opgestane Here Jesus is Koning, Regter. In die indikatief van die koningskap en regterskap van Christus rus die imperatief om Hom as Koning te erken en as Regter te vrees.

In die briewe van Paulus vind ons dieselfde karakteristieke struktuur: ie imperatief rus in die indikatief. Paulus omskryf de indikatief as die groot openbaringshistoriese gebeurtenis van die sterwe en opstanding van Jesus Christus. Die imperatief is die imperatief van die nuwe gehoorsaamheid. Hierdie imperatief rus in die indikatief van die sterwe en opstanding van Christus (o.a. Rom. 6 : 2 e.v.; Kol. 3 : 3 e.v.; Fil. 2 : 12, 13).

Telkens vind ons by Paulus dat die imperatief konkluderend rus in die indikatief. Dit kom besonder duidelik aan die lig in die bekende teks Fil. 2 : 12, 13 waar die apostel die inspanning van die gelowige om sy behoud te bewerk fundeer in Gods werk tot verlossing van die mens: werk julle eie heil uit met vrees en bewing, want dit is God wat in julle werk om te wil as om te werk na sy welbehae".

Die voegwoord y& g gee die grond aan vir die opwekking om ywerig te

werk. Dit beteken hier hoegenaamd nie dat die indikatief wys op wat God doen en die imperatief op wat die mens doen nie. Dit sou die mens lei tot sunergisme of werkheiligheid. Indikatief en imperatief is hier veeleer die twee kante van dieselfde saak.

Dit is onmoontlik om die verhouding tussen Gods verlossingswerk en die verantwoordelikheid van die mens vir die verstand deursigtig te maak. Dit kan alleen in die geloof aanvaar word. Wel wys Paulus ons hier op die innige samehang tussen indikatief en imperatief. So skrywe H. N. Ridderbos oor hierdie verhouding: „Indicatief en imperatief zijn beide voorwerp van geloof, enerzijds in zijn receptiviteit, anderzijds in zijn activiteit. Daarom is het verband tussen beide zo nauw en onlosmakelijk. Zij representeren twee „zijden" van dezelfde zaak, die niet afgescheiden van elkaar kunnen bestaan"! 1. Wel ontdek ons uit hierdie teks dat by Paulus die imperatief altyd konkluderend volg op die indikatief. Hierdie orde kan nie omgekeer word nie.

Dan vind ons by Paulus ook dat die imperatief 'n dubbele funksie het. Aan die een kant wil die imperatief tot openbaring bring wat in die indikatief as heilswerklikheid aangedui is. Die imperatief is duidelik 'n vrug van die indikatief in die lewe van die gelowige. So moet ons die imperatief dan ook predik.

Maar aan die ander kant het die imperatief ook 'n kritiese funksie. Die imperatief is ook bedoel as 'n toetssteen. Waar aanwesig is wat in die heilsindikatief verkondig word, daar sal en moet ook tot openbaring kom wat in die imperatief geëis word.

Kenmerkend vir hierdie kritiese funksie van die imperatief is die manier waarop Paulus die imperatief in sy briewe gebruik nl. as 'n nasin (apodosis) na 'n voorwaardelike voorsin (protasis), 'n Voorbeeld hiervan vind ons in Kol. 3 : 1 waar die apostel skrywe: As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit". Die partikel fi die ..indien" of die , , as" in die voorsin is hier nie hipoteties bedoel nie. Dit is hier eerder 'n veronderstelling waarvan die imperatief as 'n aangenome feit uitgaan. Ons sou hierdie teks dan ook beter kon vertaal met: angesien of daar julle immers saam met Christus opgewek is'^. Ons kry dieselfde grammatikale konstruksie in Matt. 4 : 3 waar die satan Jesus versoek met die woorde: As U die Seun van God is, só dat hierdie klippe brode word".

Wanneer datgene wat in die imperatief geëis word nie sou plaasvind dan is wat in die voorsin gestel word nie meer aanneemlik nie. So moet ons die imperatiewe ook aan die gemeente verkondig. Hulle moet in die prediking gegee word as 'n toetssteen waaraan die hoorders hulle geloof kan toets.

In die brief aan die Romeine vind ons 'n duidelike voorbeeld van die wyse waarop Paulus die imperatief met die indikatief verbind. Dit bring ons by die manier waarop die Pauliniese paraenese in sy briewe fungeer.

In die hoofstukke 1 t/m 11 van sy brief aan die Romeine het die apostel geskrywe oor die beslissende vrae van die christelike geloof. Ons kan maar sê dit gaan in hierdie hoofstukke oor die christelike leer. Die groot heilsindikatief het Paulus in die hoofstukke 5 en 6 ontvou: ie betekenis van die offer van Christus nl. Christus vir ons en ons met Christus. Dan kry ons in hoofstuk 12 die waterskeiding tussen leer en lewe, tussen dogmatiek en etiek. Paulus gaan aan die begin van hierdie hoofstuk oor van die indikatief op die imperatief. Hy doen dit in hoofstuk 12:1 met die oorgangspartikelow. Alle imperatiewe wat dan in hoofstukke 12 t/m 16 volg, vat hy saam met die werkwoord: k vermaan julle. Die werkwoord nngaHaho staan met nadruk en gesag vooraan in die sin. Hierdie werkwoord kan beteken: ersoek, vermaan, vertroos. Maar die grondbetekenis is: herbeiführen"i3j naderby roep. Dit lyk vir my dat ons die werkwoord hier in sy grondbetekenis moet gebruik. Paulus skrywe oor die ontferminge van God. Letterlik sou ons daarom hierdie teks soos volg kon vertaal: k roep julle tot by die ontferminge van God. Al die imperatiewe wat volg is bedoel as oproepe om by Gods ontferming in Christus Jesus te bly. Dit bring ons by die heilskarakter ook van die imperatiewe. Paulus sê nie vir die gemeente van Rome nie: k gebied julle. Dit doen die owerheid. Hy gebied en beveel deur sy wette en verordeninge. Ook word nie deur die apostel gesê nie: k dwing julle. Dit doen die polisiemag, die sterk arm van die owerheid. Ook sê Paulus nie vir sy lesers nie: k adviseer julle. So maak 'n verkoopman. Nee, Paulus skrywe vir sy lesers: k roep julle tot by die offer van Christus, sodat daardie offer julle sal inspireer tot offerbereidheid. Die indikatief van die heilswerk van Christus sal die gelowige aanvuur om de imperatief van die heiligmaking te gehoorsaam.

Dit wys dus vir ons dat ons nooit die imperatiewe van die Evangelie as geïsoleerde gebooie mag verkondig nie.

Saamvattend kan ons dus sê dat ons die imperatief altijd moet predik in noue samehang met die heilsindikatief. Die indikatief is die voedingsbodem vir die imperatief. Soos de indikatief appelleer op die geloof in sy reseptiewe hoedanigheid, so appelleer die imperatief op die geloof in sy aktiewe hoedanigheid. In die betrokkenheid op die geloof van sowel die indikatief as die imperatief is dus die eenheid van indikatief en imperatief veranker. Wat die Bybel so saamgevoeg het, mag ons in die prediking nie van mekaar skei nie.

Die imperatiewe van die Evangelie moet ons aan die gemeente verkondig sodat die geloof in die heilsindikatief geaktiveer word.

In die tweede plek moet die imperatiewe aan die gemeente verkondig word sodat die gemeente daardeur gebring kan word tot selfondersoek: is in my lewe aanwesig wat in die indikatief gestel en in die imperatief geeis word? Lewe ek sodanig uit die heilsindikatief dat die heilsimperatief in my lewe werksaam geword het?

Ten derde word die innige maar tegelyk onomkeerbare samehang tussen die indikatief en die imperatief by Paulas duidelik gestel in die omskrywing van die geloof. In Rom. 1 : 5 skrywe Paulus dat by genade en die apostelskap ontvang bet „om geloofsgehoorsaambeid te verkry onder al die heidene". Letterlik spreek die apostel bier van die gehoorsaambeid van die geloof. Ons moet moTeoK hier opvat as 'n gen. subj. Dit gaan hier om gehoorsaambeid waarvan geloof die subjek, die wortel, die bron is; dus gehoorsaambeid wat uit geloof voortspruiti*. Geloof kan ook omskryf word as gehoorsaambeid. Calvyn by Rom. 1:5: Hie quoque observanda est fidei natura: uae nomine oboedientiae ideo insignitur", dit is die natuur van die geloof dat dit as gehoorsaambeid aangedui wordi^.

In Joh. 3 : 36 word geloof gestel teenoor ongeboorsaambeid.

Ten vierde word in die spanning van indikatief en imperatief soos Paulus dit vir ons aandui, duidelik dat die Koninkryk van God gekom het en dat dit nog moet kom. Ons lewe tussen die koms van die Koninkryk van God as saaityd en die koms van die Koninkryk van God as oestyd. Daarom kan die indikatief die heilswerklikbeid van die Koninkryk van God stel, maar daarom moet ook telkens deur middel van imperatiewe die vermaninge gehoor word om te stry.

Die imperatief in die Johannetese geskrifte

In die Evangelie volgens Johannes en ook in die Briewe van Johannes stuit ons op dieselfde samehang tussen die indikatief en die imperatief. Tog ontdek ons by Johannes 'n aksen tverschil ten opsigte van Paulus. Die imperatiewe is by Johannes nie minder kragtig dan by Paulus nie. Ook vind ons by Johannes dieselfde karakteristieke struktuur: die imperatief rus in die indikatief. Die verskil tussen Paulus en Johannes lê egter in die omskrywing van die indikatief. Paulus omskryf die indikatief as die groot openbaringshistoriese gebeurtenis van die sterwe en opstanding van Jesus Christus.

By Johannes wordt die indikatief waarin die verskillende imperatiewe rus nie openbaringshistories beskryf nie maar veelmeer heilsordelik. Ook lees ons by Paulus wel imperatiewe wat op 'n beilsordelike indikatief gefundeer is soos byvoorbeeld in Gal. 5 : 16; Ef. 4 : 30, maar dit is nie die hoofdlyn van Paulus se denke nie.

In die geskrifte van Johannes is die imperatiewe gebind aan die indikatief van die inwoning van Christus deur Sy Gees in die hart. In Joh. 15:4 lees ons die sterk imperatief: Bly in My". Hierdie imperatief rus in die indikatief wat direk daarop volg: soos Ek in julle". Ons moet by hierdie indikatief, aldus F. W. Grosheide, dink aan die inwoning van die Heilige Gees in die hart van die gelowigei^. Deur Sy Heilige Gees bly Jesus in ons en op hierdie indikatief rus die imperatief om ook in Hom te bly. „Was gefordert ist, ist schon geschenkt", so skrywe R. Bultmann by hierdie teks^'^.

In sy eerste algemene brief bind Johannes die gehoorsaamheid aan die imperatiewe van God aan die indikatief van die wedergeboorte. Johannes beskryf die wedergeboorte as 'n geboorte uit God telkens in die Perf. vorm wat wys op „het afgelopen proces en het blijvende resultaat, en dus: en uit God verwekte geborene", so sê S. Greijdanusi'*. Aan hierdie indikatief van die wedergeboorte verbind Johannes die verskillende imperatiewe soos die doen van geregtigheid (2 : 29), die liefde tot die naaste (5 ; 1), die oorwinning van die wereld (5:4) en die opdrag om jouself van die afgode te bewaar (5 : 20, 21).

Die liefde tot die gebooie van God is die gevolg van die inwoning van Jesus in die hart van die gelowige deur die Heilige Gees.

Sowel by Paulus as by Johannes vind ons die gedagte van representasie en inkorporasie. By Paulus val egter die nadruk op die representasie en hy verbind sy imperatiewe aan hierdie groot gedagte van: ons in Christus, terwyl by Johannes meer die nadruk val op die inkorporasie sodat hy sy imperatiewe verbind aan die heerlike feit van die lewensvernuwing deur die Heilige Gees. Christus in ons.

Ons mag in ons prediking geen van twee gesigspuntc verwaarloos nie. Die representasie hou verband met die sterwe en opstanding van Christus waarin die gelowige begrepe is, terwyl die inkorporasie verband hou met die uitstorting van die Heilige Gees op Pinkster en die inwoning van Jesus deur Sy Gees deur die geloof.

Representasie en inkorporasie staan tot mekaar in 'n verhouding van wortel tot vrug.

Ons moet dus die imperatiewe van die Bybel predik in noue samehang met die ster\\'e en opstanding van Jesus Christus, maar ook in verband met die uitstorting van die Heilige Gees en die werk van die Heilige Gees in die hart van die mens.

Dit bring ons by die verhouding van die Heilige Gees tot die wet van God.

Die Heilige Gees en die wet van God

Wanneer die gehoorsaamheid aan die imperatief van die Evangelie vrug is van die verkondiging van die heilsindikatief, is dit dan nog wel nodig om die wet van God te verkondig en om in die prediking aan die paraenese aandag te gee?

Jesus hot immers in sy gelykenis van die saad gesê dat die aarde vanself (in Grieks "t'To/^dr*; , outomaties) vrug voortbring (Mark. 4:28). Moet ons in die prediking nie meer daarop vertrou nie en die verkondiging van die get)ooie dan maar vergeet?

Luther was al van oordeel dat ons aan die „vanself" aandag moet gee. Hy het met nadruk gestel dat die geloof uit homself, deur 'n innerlike drang en dryfkrag goeie werke sal voortbring. Calvyn was egter nie so optimisties oor die mens nie. Hy het van sy kant met klem gestel dat in die prediking die aansporing en onderrigting van die wet noodsaaklik is om die gelowige te bring tot gehoorsaamheid aan die wet van God^^.

Ons glo saam met Calvyn dat die gebooie van Gk)d deur ons verkondig moet word. Hulle moet egter niet gepredik word om daardeur verlossing te kan verwerf nie, maar wel om by die verworwe verlossing te bly. Die Heilige Gees rig die lewe van die gelowige op die wet van God nie om daarmee iets verdiensteliks te presteer nie maar om God te eer^o.

Prof. L. J. Botha het in sy Homiletiek aangetoon dat uit reaksie teen die semie-Pelagianisme in die 16e eeu en teen die Remonstrantisme in die 17e eeu en teen die moralisme in die 18e eeu en ook uit reaksie teen allerlei sunergistiese rigtings wat werkheiligheid verkondig in die 19e en 20ste eeu, die prediking van protreptiese, aansporende stowwe by bale Gereformeerdes nie geliefd is nie. „Ons mag egter", so skrywe Prof. Botha, „nie hierdie stof in die prediking vermy nie. Ons moet die volle Woord van God verkondig. Maar dit dan ook in die regte verband. Onthou moet word dat die geloof en die werke onlosmaaklik aan mekaar verbonde is. Die prediking mag nie geloof sonder werke of werke sonder geloof verkondig nie. Dan wyk hy af van die regte leer van die Skrif"2i.

Die onlosmaaklike samehang tussen geloof en werke waarop Botha hier wys, is die weerspieëling in die lewe van die gelowige van die onlosmaaklike verband wat daar is tussen die indikatief en die imperatief van die Evangelie.

Prof. Hugo du Plessis het hom ook besig gehou met hierdie verhouding

tussen indikatief en imperatief. Hij het dit so gestel: „Daar is dus enersyds die indikatief van God se werk in die gemeente en andersyds die imperatief van die gemeente om self tot werksaamheid oor te gaan. Sonder hierdie indikatief is die imperatief van sy drang en krag ontroof, maar selfs in die imperatief gaan Christus self saam met sy gemeente en handel Hy deur sy gemeente"22.

Ons kan hieruit leer dat die imperatief soos dit in die Evangelie verkondig word nie alleen 'n opgawe is nie, maar tegelyk ook 'n gawe. Die imperatief van die Bybel het stellig ook die bedoeling om die mensen tot verootmoediging en skuldbesef te bring. Dit kan ons die negatiewe betekenis van die imperatiewe noem. Hierdeur word die gemeente ontdek aan haar tekortkomings, sondes en gebreke. Ons kan hieruit leer dat ons God nie met so 'n ywer dien as wat ons verskuldig is nie.

Daar is egter ook 'n positiewe betekenis van die imperatiewe te noem nl. dat hulle in die Bybel ook as gazve verkondig word^^. Die eerste drie bedes van die Onse Vader leer dit nadruklik. Ons mag van God afsmeek wat Hy van ons vra om te doen. „Daarom staan deze geboden met Jezus' gebeden ook in nauw verband"^*.

Die imperatief, die gebod soos dit in die prediking verkondig moet word, sal daarom die mens moet bring tot gebed. Hierdie gebed is 'n gebed om die Heilige Gees, want die inhoud van Gods gawe is die Gees van Jesus Christus wat uitgestort is en wat woon in die Kerk. Deur die Heilige Gees is die mens alleen in staat om die wil van God te gehoorsaam. „Hij schept en onderhoudt de gemeenschap tussen de Vader en Zijn kinderen. Hij is ook het beginsel van de heiliging van Gods naam en het geschieden van Gods wil op aarde. Hij ontneemt de gelovigen de zorg voor het dagelijks brood, geeft hun de zekerheid van de vergeving der zonden en bewaart hen voor de macht van de boze"25.

Ek dink hier aan die bekende gebed van Augustinus: „Domine, da quod iubes, iube quod vis". Here gee wat U eis en eis dan van my wat U maar wil.

In die Evangelie word nog maar min eksplisiet oor die gawe van die Gees as heilsbesit van die gelowiges gespreek, maar tog kan ons nie ontken nie dat die saamgaan van die Koninkryk van God en die Heilige Gees een van die groot veronderstellinge van die Evangelie vormde. In die briewe van Paulus kom die verband tussen die Heilige Gees en die Koninkryk van God duideliker en meer eksplisiet aan die lig. Paulus wys dikwels daarop

dat die Heilige Gtees die groot Inaugurator én ook die groot gawe van die eindtyd is, die eindtyd wat met die opstanding van Christus aangebreek het.

Dit is met name die Heilige Gees wat die gelowige bind aan die wil en aan die wet van God, nie om deur wetsgehoorsaamheid die saligheid te verwerf nie, maar om daardeur God te dien^'^.

Vryheid van die wet beteken nie vryheid van die inhoud van die wet nie. Wei word die gelowige bevry van die veroordelende krag van die wet. Deur die Gees word die gelowige op 'n nuwe wyse aan die gebooie van God gebind n.l. om met liefde en in volharding die wil van God te gehoorsaam.

In die geskrifte van die apostel Johannes word op die inwoning van die Gees en op die gawe van die Gees as heilsbesit van die gelowige gewys in verband met die gehoorsaamheid van die gebooie van CJod. In die lig hiervan kan ons sê dat die verkondiging van die imperatiewe van die Bybel ten diepste altyd 'n verwysing is en moet wees na die belofte en die werk van die Heilige Gees. Die gebooie van die Bybel moet dan ook in die kader van die koms en die werk van die Heilige Gees verkondig word. Verbondsprediking of Koninkryksprediking sal ons telkens weer daartoe bring om die gebooie van die Bybel sowel openbaringshistories as ook heilsordelik te verkondig in verband met die koms en die werk van die Heilige Gees.

Die gebod sal so die gemeente dryf tot gebed, tot geb> ed om die Heilige Gees.

'n Preekskets

Laat ek datgene wat ek hierbo opgemerk het met 'n voorbeeld in die vorm van 'n preekskets verduidelik. Ons kies vir hierdie doel een van die kort imperatiewe waaraan die briewe van Paulus so ryk is nl. die woorde uit 1 Thess. 5:16: avxoxE j; aig£T£, wees altyd deur bly. Dit is 'n kragtige imperatief wat Paulus voorhou aan die gemeente te Thessalonika. Die werkwoord staan in die Imp. praesens waardeur reeds die voortdurende beklemtoon word. Dit word nog onderstreep deur die bywoord navTozt, altyddeur.

Hierdie oproep tot voortdurende blydskap steek wel besonder skerp af teen die toestand in die gemeente aldaar. Die lidmate van die gemeente word vervolg. HuUe moet van hulle volksgenote dieselfde dinge ly net soos die Christene uit die Jode dit van hulle volksgenote moes verdra (1 Thess. 2 : 14). Teen hierdie agtergrond van lyding en dreiging staan die pauliniese vermaan tot voortdurende blydskap. Alvorens ons die imperatief van die blydskap aan die gemeente gaan verkondig, moet ons eers die indikatief van die blydskap predik. Paulus doen dit self ook in hierdie brief. Ons mag egter ook uit ander briewe van Paulus of ander gedeeltes van die Bybel put om die indikatief van die blydskap goed te kan verkondig.

Die apostel Paulus karakteriseer in sy briewe die begrip blydskap tweevoudig. Hy bring die selfstandige naamwoord blydskap of die werkwoord bly wees in verband met Christus én met die Heilige Gees. Daar is dus by Paulus 'n Ghristologiese én Pneumatologiese benadering van die blydskap.

In Fil. 4 : 4 dui hy blydskap aan as 'n blydskap in die Here. Hy skrywe Xul(jni: v XVQIW, verbly julle in die Here. Hier word die werkwoord bly wees openbaringshistories benader, Christus is die Kurios. Hy het deur sy opstanding die dood oorwin. Hy het ons lewe verlos van die dood, die dood as oordeel en straf op die sonde. Die blydskap wat Paulus hier bedoel is dus primer 'n blydskap oor die werk van Christus. Dit is 'n blydskap oor Sy oorwinning. Dit is egter ook 'n blydskap wat net in gemeenskap met Christus beoefen kan word. Ons is in Hom begrepe. Kragtens ons begrepenheid in Christus het ons saam met Hom opgestaan.

Die blydskap wat Paulus beoog en waartoe hy die gelowiges te Thessalonika oproep rus dus nie in die omstandighede van die lewe nie, maar dit rus in die volbragte werk van Christus.

Hoe sal ons egter by die voortduur bly kan wees? Hoe moet ons dit in die praktyk van die lewe van elke dag beoefen? Dit voel vir ons dit is te hoog, te ver, te ontoereikend.

Paulus gee egter nog 'n tweede aanduiding van hierdie blydskap. In 1 Thess. 1 : 6 noem hy die blydskap 'n blydskap van die Heilige Gees, ; (üj> di; nvtvfimug ayiov. Die genetief is hier 'n genetivus auctoris of qualitatis. Die Heilige Gees is die Bewerker van die blydskap. Ons is niet in staat om in die storms van die lewe en die stryd van elke dag die blydskap van Christus vas te hou nie. Die Heilige Gees is egter die Bewerker van die blydskap. Daarom is die blydskap 'n ga we van die Heilige Gees. Die imperatief : wees altyddeur bly, rus dus ook hier in die indikatief. Wat in die Woord van God gevra, geëis, beveel word, word ook belowe. Die Gees bewerk die geloof, ook die geloof in die imperatief.

Die geloof in sy reseptiwiteit aanvaar die indikatief en die geloof in sy aktiwiteit gehoorsaam die imperatief. De Gees bind aan Christus die bron van die blydskap, die Gees leer ons om te glo in die werk van Christus waaruit die blydskap ontspring.

Die gebod om bly te wees is dus bedoel om diegene wat dit hoor te bring tot die gebed. Dit is dan ook besonder treffend dat Paulus in 1 Thess. 5 die imperatief: ees altyddeur bly, laat volg deur 'n nuwe imperatief: id sonder ophou (1 Thess. 5 : 17). Voortdurende blydskap kan nie sonder onophoudelike gebede beoefen word nie.

Slotbeskouing

Op die vraag hoe ons die gebooie van die Bybel moet verkondig, kan

tenslotte saamvattend geantwoord word: ons moet die imperatiewe van die Bybel altyd predik in samehang met die magtige indikatief, die heilsindikatief van die Verbond en die Koninkryk van God.

Ons moet die imperatiewe van die Bybel ook in hulle kritiese funksie in ons prediking laat werk as 'n toessteen waaraan die hoorders hulle geloof moet toets.

Ons moet veral ook die imperatiewe van die Bybel verkondig as 'n gawe van God. Wanneer ons die imperatiewe van die Bybel in hulle openbaringshistoriese en pneumatologiese verbande verkondig dan sal dit ons behoed vir afglyding in die rigting van sunergisme of werkheiligheid en dan sal die gemeente opgewek word tot geloof en tot goeie werke as vrug van 'n ware geloof.

Wanneer ons vashou aan die groot gedagte van die Skrif dat die imperatief rus in die indikatief dan het ons 'n wapen teen die invloed van die nuwere teologie wat heil en heiliging met mekaar verwar en wat die verlossing van mens en wereld selfs afhanklik maak van wat mense doen.

Veral in 'n tyd soos hierdie is dit van die uiterste belang dat ons vashou aan die Bybelse verhouding tussen indikatief en imperatief: hulle is onlosmaaklik aan mekaar verbonde en hulle volgorde is onomkeerbaar.


1 R. Bohren, Predigtlehre, 19722, S. 115. 283.

2 W. Schmithals, Jesus und die Weltlichkeit des Reiches Gottes, in: Evangelische Kommentare, 1968, S. 318.

3 R. Bultmann, Theologie des Neuen Testaments, I, 1948, S. 19, 20.

* J. Behm, Theologisches Wörterbuch zum Neuen Testament, II, S. 137.

5 Th. Stiasny, Die Theologie Kolbrügges, s.j., S. 18; K. Barth, Evangelium und Gesetz, s.j., S. 18.

6 A. van Selms, Evangelie en wet, in: Onder eigen vaandel 13, blz. 2, 99.

7 Liddell-Scott's Greek-English Lexicon, p. 138.

S Calvijn, Comm. in Har. Evang. CR., p. 111.

9 H. N. Ridderbos, De komst van het Koninkrijk, 1950, blz. 223.

W H. N. Ridderbos, a.w., blz. 225.

11 H. N. Ridderbos, Paulus, ontwerp van zijn theologie, 1966, blz. 282.

12 Vgl. vir die gebruik van el Blasz-Debrunner, Gramm. 372, 7; 439, 2; 454, 2.

13 o. Schraitz, Theologisches Wörterbuch V, S. 777.

14 H. N. Ridderbos, Aan de Romeinen, 1959, blz. 27.

15 Calvyn op Rora. 1 : 5.

IB F. W. Grosheide, Hel heilig Evangelie volgens Johannes II, 1950, blz. 338.

ITr R. Bultmann, Das Evangelium des Johannes, 1952, S. 412.

18 S. Greijdanu.s. De brieven van de apostelen Petrus. Johannes en de brief van Judas, 1929, blz. 469.

19 Vgl. J. Douma en H. v. d. Vegt, Het gepredikte Woord, IV, s.j., blz. 7.

20 W. H. Velema, Verkenningen in Romeinen, 1962, blz. 61.

21 J. J. Botha, Dihiaat Homiletiek, Teol. Skool Hammanskraal, s.j., p. 17.

22 H. du Plessis, Die sendingroeping in die verhouding tot die werk van God, in: Die saailand is die wereld, 1972, p. 28.

23 H. N. Ridderbos, De komst van het Koninkrijk, 1950, blz. 221.

24 H. N. Ridderbos, a.w., blz. 222.

25 H. N. Ridderbos, a.w., blz. 232.

26 H. N. Ridderbos, a.w., blz. 233.

27 J. P. Versteeg, Christus en de Geest, 1971, blz. 381; vgl. H. N. Ridderbos, Paulus, ontwerp van zijn theologie, 1966, blz. 234 e.v.

Dit artikel werd u aangeboden door: Theologia Reformata

Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen, vragen, informatie: contact.

Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing. Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this database. Terms of use.

Bekijk de hele uitgave van vrijdag 1 maart 1974

Theologia Reformata | 84 Pagina's

DIE INDIKATIEF EN DIE IMPERATIEF IN DIE PREDIKING

Bekijk de hele uitgave van vrijdag 1 maart 1974

Theologia Reformata | 84 Pagina's