Digibron cookies

Voor optimale prestaties van de website gebruiken wij cookies. Overeenstemmig met de EU GDPR kunt u kiezen welke cookies u wilt toestaan.

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies zijn verplicht om de basisfunctionaliteit van Digibron te kunnen gebruiken.

Optionele cookies

Onderstaande cookies zijn optioneel, maar verbeteren uw ervaring van Digibron.

Bekijk het origineel

Veluwse brieven

Bekijk het origineel

+ Meer informatie

Veluwse brieven

Uit Transvaal

6 minuten leestijd Arcering uitzetten

Onder postmerk „Transvaal, Suid-Afrika, 30 Junie 1936”, zond Ds. D. N. Kotze, predikant der Gereformeerde Gemeente, te Rustenburg, onderstaand schrijven. Hoewel het persoonlijk aan mij is gericht, meen ik niet beter te kunnen doen, dan het in ons kerkelijk orgaan door te geven, omdat het toch feitelijk bestemd is voor de Chr. Geref. Kerk. In een volgend nummer hoop ik op dit schrijven nader terug te komen.

Hoogagte Prof.,
Die Eerw. Sinode van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika, wat in Maart te Buthulie vergader was, het o.m. ook oor die geloofsvervolging in Rusland gehandel. ’n Kommissie van die Sinode, wat tydens die sitting op die saak moes ingaan, het I die aandag van die Sinode gevestig op persberigte in verband met die toestand I daar wat diepontroerend is, en het o.m. die volgende gesê:
„Volgens ,De Standaard’ was daar 300 Evangeliese predikante in Rusland, waarvan nou nog 16 oor is, en 44.000 Or-todokse geestelikes, waarvan 12.000 oor is, en volgens Prof. Keiler was daar voor die wereldoorlog 200 Lutherse predikante, waarvan nou nog slechts 8 oor is. Prof. Keiler skryf, dat die Kerk so te sê verdwyn het in Rusland.”
Die Sinode het dit toe aan die Kerkeraad van Rustenburg opgedra en kom hieroor na ons Hoë Owerheid te wend met die versoek om sy stem op die Volkebond teen die geloofsvervolging in Rusland te verhef en verder om met binne en buitelandse Kerke, daaroor te kor respondeer. Deur die Kerkraad is toe weer ’n kommissie benoem om namens hom in die saak op te tree en te handel.
Met blydskap en veel waardering en met dankbaarheid jeëns God het ons in die pers en andersins verneem, van wat reeds in die buiteland vir die vervolgdes gedoen word deur liggame soos deur die Komitee met sy sentrale kantoor in Genève en Prof. Keiler as algemene sekretaris en „Het Nederlandse Comité tot Steun der Christenen in Rusland (Necorus)”.
By wat reeds in die buiteland gedoen word het die Kommissie van die Kerkraad besluit as volg aan die opdrag van die Eerw. Sinode uitvoering te gee, en hy hoop en bid dat onse God die poging met sy seën mag bekroon:
(1) Ander Kerke in ons land te vra vir hulle samewerking om:
a. ’n Deputasie na ons Hoë Owerheid af te vaardig met die beleefde versoek aan hom om deur middel van sy verteenwoordiger op die Volkebondsraad of andersins sy stem teen die vervolging te laat hoor, en om, met die oog hierop, Syhooged., die Eerste Minister te vra om die deputasie te ontmoet, sodat hierdie ernstig-dringende saak met Syhooged. kan bespreek word.
b. Artikels in die pers te plaas om sodoende die Christelike gewete op hier-die punt wakker te maak en die Christendom in ons land op te wek tot gebed vir die vervolgdes.
c. In die pers of andersins ’n oproep te doen vir geldelike bydraes, wat vir ons I mede-Christene daar kan aangestuur word.

(II) Aan buitelandse Kerke te skrywe, onse waardering uittespreek vir wat reeds in die buiteland gedoen word, en bogenoemde punte onder hulle aandag te bring met die vriendelike versoek aan hulle om, as hulle miskien nog nie in die rigting ge-werk het nie, dieselfde in hulle lande te doen en aan ander Kerke in hulle lande en in ander lande, wat ons miskien deur adres en taalmoeilikhede ens., nie kan bereik nie, te skrywe en hulle tot dieselfde op te wek. Beleefd bring ons hiermee bogenoemde punte onder u aandag vir oorweging. Miskien het die Christelike Geref. Kerk in Nederland alreeds in die rigting gewerk. Miskien het hy meer gedoen dan in bogenoemde punte aan die hand gegee. Ons hoop en vertrou egter dat hy, indien hy dit miskien nog nie gedaan het nie, gewillig sal wees om saamte werk en ook om met ander Kerke in u land en in ander lande te korrespondeer en hulle tot die-selfde op te wek.
U is daar seker meer op hoogte van sake, met wat in Rusland aangaan. Informasie van u aan ons en ook wenke in verband met wat gedoen kan word sal dus baie welkom wees.
Graag sou ons ook u gedagte verneem in verband met ’n algemene biddag vir die Christene in Rusland, wat vervolg word. Die gedagte het hier by ons ontstaan (Enkele verteenwoordigers van Kerke hier het met mekaar oor die saak gespreek) om, met die oog op die nood in Rusland, ’n dag van gebed en ook van verootmoediging te bepaal vir binnelandse Kerke hier en om dan alle Christene in alle lande te versoek om die dag ook waar te neem.
Ons gedagte was dan, dat die Christelike publiek eers deur die pers en andersins goed op hoogte van sake geste! moet word en dat dit dan minstens ’n maand vooruit en daarna weer verskillende kere agtereen oor die draadloos moet bekend gestel word, dat so ’n dag bepaal is. Dit sal dan ongetwijfeld goed wees, dat ook aan Christene elders wat vervolg word gedink word. Ons sal dit hoog op prys stel om u gedagte in verband met so ’n algemene bededag te hoor.
Dit spyt die Kerkraad van Rustenburg van harte, dat die korrespondensies in verband met hierdie dringende saak nie eerder al gevoer kon word nie. Dit is egter deels deur voorarbeid in verband met die opdrag en deels ook deur ander omstandighede, dat daar vertraging was. Waar die saak nou egter ter hand geneem is en, na ons hoop. met die goeie samewerking van die Kerke nou meer pertinent onder die aandag van die Christelike publiek in ons land en miskien ook in ander lande sal gebring word, hoop en bid die Kerkraad, dat die seën van die Here mag rus op wat reeds in ander lande gedoen word en ook op hierdie poging, en dat dit alles daartoe mag saamwerk dat ons almal meer saam sal voel met ons mede-Christene wat vervolg word, ons meer aan hulle in ons gebede sal gedink, gewillig sal wees om onse offers te gee om hulle lyding te versag en eindelik om spoedig ’n einde aan die vervolging te maak, sodat die Evangelie daar weer ongehinderd kan verkondig word, die Kerk van die Here daar vermeerder en sy Koninkrijk uitgebrei kan word.
En hoe verblijdend sal dit nie wees nie as daar werklik, soos berigte in die pers lui, ’n verandering van regeringsvorm kom en as dit dan in middel in die hand van die Here gaan wees waardeur daar weer vryheid van Godsdiens toegelaat word.
Mog die lig van ’n beter dag spoe-dig opgaan in Rusland!
Aangenaam sal dit vir die Kommissie van die Kerkraad wees as u ’n spoedige, antwoord op hierdie skrywe aan ondergetekende wil rig.
Hoogagtend,
U dienstwillige dienaar en broeder in die Here,

D. N. Kotze ,Voorsitter.

Dit artikel werd u aangeboden door: De Wekker

Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen, vragen, informatie: contact.

Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing. Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this database. Terms of use.

Bekijk de hele uitgave van vrijdag 14 augustus 1936

De Wekker | 4 Pagina's

Veluwse brieven

Bekijk de hele uitgave van vrijdag 14 augustus 1936

De Wekker | 4 Pagina's