Digibron cookies

Voor optimale prestaties van de website gebruiken wij cookies. Overeenstemmig met de EU GDPR kunt u kiezen welke cookies u wilt toestaan.

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies zijn verplicht om de basisfunctionaliteit van Digibron te kunnen gebruiken.

Optionele cookies

Onderstaande cookies zijn optioneel, maar verbeteren uw ervaring van Digibron.

Bekijk het origineel

Ek soek my broers …

Bekijk het origineel

+ Meer informatie

Ek soek my broers …

5 minuten leestijd Arcering uitzetten

Wanneer Josef in die veld naby Sigem ronddwaal en rondsoek, is daar 'n man wat vir hom vra: wat soek jy? Aangepas aan ons omstandighede: wat soek jy met/bij feestelike byeenkoms (te)? Josef se antwoord aan die man was: ek soek my broers …

Is die paar woorde nou maar net die woorde waarmee Josef daardie man geantwoord het? Woorde sonder verdere betekenis vir ons …? Of sou die Heilige Gees tog ’n bepaalde bedoeling gehad het met die antwoord en dit daarom laat opneem het in die Skrif? In die Skrif – so dat ons as lesers van die Skrif ons daarvan souw rekenskap gee?

Dan moet ons natuurlik wel bedink wat hier die agtergrond was.
Dis bekend:
• daar was verdeeldheid in die gesin van vader Jakob: die broers een kant (almal saam as ’n groep) en Josef ander kant; Josef ook ’n broer maar ’n broer – een – kant. In hulle oë was die broer ’n dromer, met glad te veel verbeelding.
• bietjie onverstandig van vader Jakob om dan juis hóm te stuur om die broers te gaan soek om na hulle welstand te gaan vra.
Josef self lyk maar al te gretig met sy antwoord: “goed Pa”. Dalk trots op homself dat hy belangrijk genoeg blyk te wees om op so’n sending gestuur te word.
Nee – in die alles lyk daar nie veel van ’n voorbeeld vir ons nie. Lyk nie alsof Josef uit liefde tot sy broers hulle gaan soek het nie; dalk was dit net uit gehoorsaamheid an sy Pa.
Maar nou ja, hoe ook al – hy het gese “ek soek my broers”; en dit was die waarheid.

Implikasie vir ons?
Ons het ook ’n Vader (in die hemel) wat ons stuur – stuur om ons broers (en susters) te gaan soek. Gelowiges is mos in die Here ’n eenheid, broers en susters van mekaar. Maar dan is die implikasie van tekste soos Joh. 17: 11, 12, 21 en 22 tog dat ek mij broers soek. Nee, nie gaan sit en wag tot hulle my soek nie; dit het Josef ook nie gedoen nie. Hy het gegaan en sy broers daadwerkelik gesoek. Daarin is hy ons tot ’n voorbeeld, sou ek dink.
En die opdrag daartoe is viral ook duidelik in Joh. 13: 34, 35. En as ek dan in Hebr. 2: 11, 12 lees dat onse Here Jezus nie skaam is om “hulle” (is: die gelowiges, jy en ek …) “broers” te noem nie, dan word ek klein voor God.
Hy is nie skaam om my Sy broer te noem nie; en óók nie skaam om die ander Sy broer te noem nie – die ander met wie ek van mening verskil oor nuwe dinge en wat anders teën dinge aankyk as ek en veranderinge anders ervaar en beleef als ek.
Maar dan kan en mag ek die ander nie op ’n afstand hou nie of afskryf. Dan sal ek moet leer om die antwoord van Josef op my lippe te neem – in die begin dalk aarselend en onseker, bietjie ongemakkelik, maar daarom tog …: ek soek my broers (en susters). Om so die eenheid en die broederskap weer te beleef – of te wel: te laat herleef.
Nee – ek weet dis niet so maklik en eenvoudig uitvoerbaar nie.

Moeite voor doen
Daar moet jy dan wel moeite voor doen, en dit gaan selfverloëning van my vra.
Josef moes in sy verdere lewensloop ook agterkom wat dit hom gekos het om werklik sy broers te soek: direk al daar in die put waarin hulle hom gegooi het, toe als slaaf na Egypte en daar vir jare in die tronk. Maar op die ende, soos beskryf in Gen. 45 e.v. word die broederband daadwerklik herstel.
Dit het alles begin met die woorde “ek soek my broers”. Nou soek hulle mekaar …!

En nou die vraag
En nou die vraag: Wanneer ons dan in 2009 feestelike bijeenkomte gaan hê ter viering van ons 150-jarige bestaan as GKSA – sal die dan wees in die gesindheid van “my broers soek …”?
Van Josef lees ons dat hy sy broers gaan soek het “in die veld” naby Sigem. En ons – waar gaan ons dit doen?
As goeie Doppers, natuurlik “in die veld” naby Potchefstroom …! Ja, maar nou weet ons ook dat die naam “Potchefstroom” ’n verskeidenheid van gevoelens oproep t.o.v. veranderinge onder bespreking, veral die wel of nie daarvan. Die gevolg is eerder verwydering van mekaar als toenadering tot mekaar.
Dit help ook nie om, soos party mense dit wil he, te praat van “in die veld” van “Tlokwe”. Want daardie nuwe naam “Tlokwe” konfronteer ons teveel met die politieke beleid van hede en verlede in hierdie land van ons.

Daar is ’n klein plekkie ins die ou Transvaal waar ons eintlik – als dit moontlik was – bijmekaar sou moes kom. Dit sou nogal sinvol wees vanweë die toepaslike en insperende naam van daardie dorpie, meer as enige ander naam. Dis ’n naam wat tog asseblief te alle koste gehandhaaf moet bly in die proses van naamsveranderinge. Die naam màg nooit verander word nie …!
Dat is geen beter naam dinkbaar niet; want geen ander naam is meer toepaslik als daardie klein dorpie in Transvaal se naam. Want die naam is uitermate rigtinggewend vir ons onderlinge verhoudinge in ons kerk. En sommer ook vir die volkere- en rasseverhoudinge in ons kerk. En sommer ook vir die volkere- en rasseverhoudinge in Suid Afrika. En die naam is “Soek Mekaar”.

M. Rebel
(Ds. M. Rebel is emerituspredikant en woont in Zuid Afrika.)


Dit artikel heeft als achtergrond de groeiende verdeeldheid binnen de GKSA n.a.v. liturgische en andere veranderingen die al jaren onderwerp van discussie zijn. Aangezien ds. Rebel sterke overeenkomst vermoed tussen de situatie van de kerk in Zuid Afrika en die van de kerk in Nederland bood hij het navolgende artikel aan. Dit artikel is een vervolg op een ander artikel dat hij schreef met het oog op het aanstaande 150-jarige bestaan van de GKSA in 2009. Op zijn verzoek is het geplaatst in het Afrikaans.

Dit artikel werd u aangeboden door: De Wekker

Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen, vragen, informatie: contact.

Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing. Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this database. Terms of use.

Bekijk de hele uitgave van vrijdag 17 oktober 2008

De Wekker | 16 Pagina's

Ek soek my broers …

Bekijk de hele uitgave van vrijdag 17 oktober 2008

De Wekker | 16 Pagina's