Digibron cookies

Voor optimale prestaties van de website gebruiken wij cookies. Overeenstemmig met de EU GDPR kunt u kiezen welke cookies u wilt toestaan.

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies zijn verplicht om de basisfunctionaliteit van Digibron te kunnen gebruiken.

Optionele cookies

Onderstaande cookies zijn optioneel, maar verbeteren uw ervaring van Digibron.

Bekijk het origineel

DIE KERSTENING VAN STRUKTURE

Bekijk het origineel

+ Meer informatie

DIE KERSTENING VAN STRUKTURE

25 minuten leestijd Arcering uitzetten

L. Floor

Aktualiteit

Daar is in ons tyd orals in die wereld 'n algemene gevoel van onbehae met betrekking tot die bestaande orde. Die ontwikkelingslande kyk met 'n gevoel van afguns na die ryk geïndustrialiseerde lande van die Weste om in die welvaart wat daar geniet word te deel.

In die ryk lande is mense egter nie tevrede met wat huUe verwerf het nie. Die bestaande orde word as onregverdig ervaar en steeds ernstiger klink die roep dat die samelewing moet verander.

Die wereld - of dit nou die Ooste of die Weste is of waar ook al - is vasgevang in verkeerde strukture. Daardie strukture moet verander word. Waar christene met hierdie probleem worstel, daar word gespreek van kerstening van die strukture.

In die dokumente van die Wereldraad van kerke lees ons herhaaldelik die woord 'struktuur' en onophoudelik word aangedring op kerstening van die strukture.

In die teologie van die Wereldraad van Kerke bestaan die neiging om strukture met menselike wesens te paralleliseer. In 'n rapport van 'n konferensie oor World Cooperation for Development te Beiroet in 1968, lees ons: "We know the reality of sin and the depth of its hold on human beings, and on our political and economic structures".' Strukture word hier beskou as wesens wat soos die mense kan sondig. Hierdie opvatting word bevestig in 'n uitspraak van Uppsala: 'He (God) judges our structures of thought and action''. Strukture word hier nie as iets onsydigs, as 'n neutrum gekarakteriseer nie, maar hulle word gei> ersonaliseer.

Sonde is nie iets wat alleen die mens aankleef nie, daar is ook strukturele sondes. J. Verkuyl is van oordeel, dat die begrip sonde in die teologie te veel beperk is tot indiwiduele oortreding. Hy noem dit 'n piëtistiese verenging van die begrip sonde.' Daar is volgens Verkuyl ook sprake van kollektiewe, institusionele en strukturele sondes en daarom moet die kerk ook aandring op 'strukturele bekering' *.

H. Berkhof gee in sy geloofsleer 'n soort teologie van strukture en hy onderskei dan 'n tweevoudige struktuurvernuwing. Die eerste geskied deur die gelowige mens. Hy word tot struktuurvernuwing aangedryf deur die Heilige Gees wat in hom woon. Maar, so sê Berkhof, die Gees van God werk ook aan die strukture buite die gelowige mens om. Die vernuwing van die wereld is nie 'n regstreekse gevolg van die vernuwing van die mens nie, want die Heilige Gees volg eie paaie.'

Deur die piëtistiese verenging van die begrip sonde is dit verklaarbaar dat nie-christene, humaniste dikwels eerder en skerper dan christene die strukturele sondes in feodalisme, slawerny, kolonialisme en imperialisme gesien het. Aan Karl Marx kom die eer toe, dat hy die oë van die arbeidersklasse oopgemaak het, sodat hulle die strukture as vyandige en vervreemdende magte kon raaksien, aldus H. Berkhof.'

Behalwe die begrippe kerstening en bekering word ook die begrip heiliging op die samelewingsverbande toegepas. Wat ons vandag nodig het is 'geheiligde' strukture. Die toepassing van die begrip heiliging op die strukture van die samelewing is 'n nuwe ding in die teologie. Volgens die ou opvatting is die heiliging gerig op God, maar in die nuwe teologie is die heUiging gerig op die wereld en die geskiedenis.'

Die Heilige Gees skep ook deur die arbeid van ongelowiges in hierdie wereld geheiligde strukture. 'Velen... kunnen daarom evenzeer als de gelovigen dragers worden van dit objectieve heiligingswerk van de Geest. Omgekeerd kunnen gelovigen op het terrein van de structurele heiliging verstek laten gaan, omdat hun mentaliteit en situatie hun ogen voor bepaalde, soms zeer dringende probleemgebieden gesloten houden''.

H. Berkhof noem die uitspraak, dat die vernuwing van die wereld nie 'n regstreekse vrug van die vernuwing van die mens is nie, maar eie paaie volg, 'n geloofsuitspraak. So'n uitspraak is nie vanuit die algemene ervaring te bewys nie, maar wel kan so'n uitspraak aan die ervaring in de wereld getoets word en dit doen Berkhof deur te wys op wat hy noem die fenomeen Europa. As tekens van geheiligde strukture noem hy dan die sorg vir armes en siekes, die ontgoddeliking van die staatsalmag, die prinsipiële gelykheid van die mens, die sorg vir die enkeling en die beklemtoning van sosiale geregtigheid. Berkhof dui dit alles dan saamvattend aan as 'het christelijk ferment' wat so'n beslissende rol in die Europese samelewing gespeel het.'

Dit klink alles baie indrukwekkend, maar vind ons hiervan ook voorbeelde in die Bybel. Berkhof antwoord op hierdie vraag: 'De aard en de omvang van de structurele heiliging die we hier bespraken, zijn natuurlijk niet in de bijbel te vinden. Het is geen onderdeel, maar een eigen indrukwekkende toepassing

van de bijbelinhoud. Toch wordt het in het OT wel degelijk als gebod geponeerd' '". Berkhof is van oordeel, dat ons na die Ou Testamentiese Israel in Europa die eerste groot voorbeeld van strukturele heiliging vind en dat hierdie voorbeeld moontlik in die vroeëre Europese kolonies nagevolg en miskien selfs oortref sal word."

Om dit op ons situasie toe te pas: as Suidelike Afrika eers maar geheel van die rampsalige struktuur van kolonialisme en apartheid verlos is, dan sal daar 'n nuwe samelewing kom waarin strukturele heiliging duidelik sigbaar sal wees. So is die trend in die huidige teologiese klimaat. Wat ons hier in Suid-Afrika die meeste benodig is kerstening van strukture. Hier sien u die aktualiteit van ons onderwerp.

Begripson lleding

Voor ons egter die vraag kan beantwoord of strukture gekersten kan word, moet ons eers nagaan wat 'n struktuur presies is. Die woord struktuur is 'n modewoord wat byna op alle samelewingsverbande en institute toegepas word. Die huwelik, die kerk, die onderwys, die staat, die nywerheid, die vakbeweging, kortom alles wat maar iets of iemand, dinge of mense saambind, word met die woord struktuur aangedui.

H. M. Kuitert definieer struktuur as die onpersoonlike kant van die sosiale werklikheid.'^ Die samelewing het nie alleen 'n personele kant nie maar ook 'n struktuur-sijde.". Kuitert kom dan met die verbasingwekkende stelling, dat die ontdekking van die struktuurkant van die samelewing nog maar 'n eeu oud is, terwyl hy slegs 'n paar reels verderop aantoon dat struktuur maar 'n nuwe woord is vir 'n ou begrip, wanneer hy praat van die feodale struktuur van die Duitse vorstedomme."

Wat ons vandag strukture noem is deur Luther al aangedui as 'Ordnungen' en deur A. Kuyper as 'levenskringen' of 'levensterreinen'.

Daar is verskillende soorte van strukture in die samelewing: strukture wat deur God saam met die skepping gegee is soos huwelik, gesin, familie, staat. Hulle kan ons aandui as skeppingsstrukture. Daar is ook herskeppingsstrukture soos die kerk, die amp. In die derde plek is daar ook mensgemaakte, mensgevormde strukture, soos die S.T.V. byvoorbeeld.

De menslike samelewing het in sy oudste vorm nog maar 'n uiters ongekompliseerde karakter gehad. Die gemeenskap het net bestaan uit 'n huweliks-, gesins-en 'n familiegemeenskap. Hierdie 'primitiewe* vorm van samelewing het ook al sy eie strukture gehad. Struktuurelemente soos gesagsverhoudinge, die wyse van omgang met mekaar, die meerdere en die mindere in die omgangsverhoudinge ens. was reeds van die begin af aanwesig.

Met die uitbreiding van die mensheid ontstaan daar egter ook 'n skaalvergroting van die gemeenskap. Die samelewing word gekompliseerder en bepaalde take moet eenvoudig gedelegeer word. Ouers moeten byvoorbeeld die opvoeding van hul kinders toevertrou aan institute wat daarvoor geskep is i.e. die skool.

Huisnywerhede as eie identiteite sien ons in die loop van die geskiedenis meer en meer verdwyn. Organisasie van vakgenote word noodsaaklik in 'n samelewing wat steeds ingewikkelder word. Bedryfsgenote organiseer hulle tot die sg. glides.

Dit ontwikkeling van wetenskap en tegniek, die industrialisasie, die intensivering van vervoer en verkeer skep allerlei nuwe strukture. Kernenergie het die struktuur van die internasionale atoomburo laat ontstaan. Die mens van vandag is nie meer soos vroeër in die begin van die geskiedenis alleen opgeneem in sy gesins-en familieverband nie. Ook staan hy nie meer soos dit in die Middeleeue die geval was, alleen maar in 'n verhouding tot die kerk en die staat nie. Hy belewe die oorgang van die laatste fase van die landbou na 'n kuberneties geleide industriële maatskappy. Daar is in die samelewing van ons tyd 'n veelheid van lewensterreine wat die samelewing hoogs interessant maar ook uiters ingewikkeld maak. Daar is telkens nuwe strukture nodig om die ontwikkeling in die regte bane te lei en om chaos te voorkom. Kyk net na die boerdery. 'n Boer moet vandag behalwe landbouer ook ekonoom, tegnikus, finansier, plannoloog, bodemdeskundige wees. Sy boerdery lyk meer na 'n fabriek met hoogs gesofistikeerde werktuie. Strukture soos landboutegniese dienste, landboukoöperasies, bemarkingsinstitute, banke met kredietfasiliteite is daar ten behoewe van die boerdery.

Dis egter nie denkbeeldig dat daardie strukture soos 'n nuwe Farao oor die boer gaan heers nie.

In die loop van die geskiedenis sien ons hoe die verskillende samelewingverbande as gevolg van 'n proces van steeds verder voortgaande differensiasie hulle al hoe duideliker van mekaar gaan onderskei in allerlei funksies en strukture wat daarby behoort. Huisnywerheid wat vroeër baie sterk aan die gesin verbonde was word tot 'n selfstandige struktuur in die vorm van 'n fabriek.

Behalwe die prosesse van differensiasie sien ons in die huidige samelewing ook 'n proses van integrasie. Verskillende terreine van die samelewing beïnvloed mekaar wederkerig. Die staatapparatuur gaan trekke vertoon van die samelewing. Die staat doen self besigheid, maak bedrywe oop en beheer dit. En die maatskappy gaan trekke vertoon van die staat, 'n Besigheid het 'n eie bedryfspolisie, 'n eie gesagstruktuur. Ons sien ook in hoog geïndustrialiseerde lande 'n enorme uitbreiding van die taak van die owerheid. Daar bestaan 'n neiging om steeds minder te verwag van die straffende taak van die owerheid en om as gevolg daarvan die swaardmag van die owerheid te vervang deur welsynsorg. Gevolg hiervan is die sosiallsering van die staat.

Wanneer ons alles wil saamvat dan kan ons sê: Strukture bestaan uit wette, afsprake, reels, instellings, organisasies, metodes, tegnieke, instrumente en

apparate wat almal daartoe dien om maatskaplike prosesse goed te laat funksioneer. 'Stmcturen kanaliseren en combineren menselijke handelingen'".

Wat leer die Bybel oor strukture?

In die Bybel vind ons die huweliks-en familie-en staatstruktuur. In die OT word redelik breedvoerig oor strukture gehandel. Daar is sprake van wetgewing, kultus, feeste, koningskap. Ons vind in die OT die uiters belangrike struktuur van die verbond. Dit lyk of die NT wat terughoudender oor strukture praat. Daar is weer die uiters belangrike struktuur van die kerk. Dan vind ons in die sg. huistafels die gesinsstruktuur en die struktuur van die slawemy, 'n voluit sosiale struktuur.

Maar word die strukture ook in huUe wese en as 'n vraagstuk in die NT behandel? H. Berkhof beantwoord hierdie vraag bevestigend wanneer hy skrywe: 'We kunnen zeggen, dat de leer van Paulus over de machten de enige vorm is waarin in de bijbel het structuurvraagstuk bewust aan de orde wordt gesteld'".

Dit breng ons by die vraag: wat bedoel Paulus precies met magte? Oor hierdie vraag het al baie eksegete in die loop van die geskiedenis hul hoofde gebreek. Daar is in die NT 'n hele skala van begrippe wat almal meer of minder op magte en aanverwante verskynsels wys. Ons lees van archai, exousiai, archontes, dunameis, kosmokratores, kuriotétes, pneumata en stoicheia.

A. W. Kist het 'n uitvoerige en indringende studie gemaak van die begrip 'magte' by Paulus. Uit sy studie word wel duidelik hoe moeilik dit is om die presiese betekenis van die uitdrukking 'magte' by Paulus te agterhaal. Kist sluit hom nou aan by H. Berkhof en K. Barth. Berkhof is van oordeel dat Paulus met die woord magte aardse lewensverbande op die oog gehad het, " terwyl Barth die magte beskou as 'geëmancipeerde menselijke vermogens, die door die vreemding van de mens van God, een eigen bestaan gaan leiden en het denken en doen der mensen overheersen' ".

Toegepas op ons tyd sien Kist die 'magte', soos Paulus dit noem, in die strukture van die huidige samelewing waarin allerlei onkontroleerbare magte optree.

Met behulp van die sosiologie probeer Kist dan die magte en institusies te omskryf.

Wanneer Kist die verskillende magte gaan konkretiseer dan verskil hulle in wese min van die magsstrukture soos hulle in die rapporte van die Wereldraad van kerke aangedui word."

Kist interpreteer die magte van uit die moderne benadering en beskrywing

van die magsstrukture soos dit gevind word in die dokumente van die Wereldraad van kerke. Met groot stelligheid beweer Kist dat die magte 'voor Paulus en zijn volgelingen geen engelengestalten meer (waren), maar 'immanente instituties', die in elke tijd hun eigen vormgevingen en hun raadselachtige invloeden op de meest verschillende wijzen en op alle gebieden der menselijke samenleving ontwikkelen'"'.

Wanneer ons Kist se 'magte-katalogus' nagaan dan word dit duidelik. Hy onderskei twee hoofdkategorië, nl. aan die een kant sosiale verskynsels soos anti-kommunisme, anti-semitisme, burokrasie, neokolonialisme, tribalisme, staatsvergoding, verstedeliking. Hierdie stnikture wat die vorm van magte aanneem gaan terug op 'n bepaalde aspek van menslike verhoudinge: ras, seks, staat, bestuur, nasie en politiek."

Die tweede groep magte kom volgens Kist tot openbaring in die verskynsels van sg. 'Interessengruppen', elite-groepe met 'n geweldige magskonsentrasie wat oor groot kollektiwiteite uitgeoefen word."

Hierdie groepe word deur Kist nie nader gekwalifiseer nie. In die eerste plek omdat hulle kleiner is. Hierdie groep magte is, aldus Kist kleiner in omvang en ten tweede hulle is minder kontroleerbaar, minder aanwysbaar.*' Mens wonder of Kist hier niet verwys na multinationals of vakbonde nie.

H. N. Ridderbos is baie versigtiger in sy aanduiding van die magte by Paulus. Ridderbos het nie soos Kist tot 'n 'Entmythologisierung' van die begrip magte gekom nie, want hy sien hulle nog as sataniese, afvallige engelemagte."

Paulus se spreke oor magte bied nie 'n verklaring vir die begrip strukture soos ons hulle vandag verstaan nie.

Daar is vandag nog nie *n communis opinio oor wat strukture presies is nie. Soms word strukture as ordeninge of institute aangedui en dan weer word onderskeid gemaak tussen institute en strukture.

Dis egter wel duidelik dat ons in die samelewing allerlei strukture kan ontdek nl. strukture van politieke, sosiale en maatskaplike aard. Dan is daar duidelik die onderskeid tussen goddelike ordeninge soos huwelik, gesin, owerheid en menslike institute of strukture.

Struktuur en mag

Wanneer ons kyk na die sosiale, politieke en ekonomies-maatskaplike strukture dan sal ons uitvind dat met daardie strukture twee dinge kan gebeur. Mense kan strukture goed of verkeerd gebruik. Mense kan strukture manipuleer. En aan die ander kant kan strukture ook 'n dwingende mag oor mense uitoefen.

'n Karaktereienschap van strukture is dat hulle mag uitoefen. Kuitert spreek

in hierdie verband van 'n gedrags-en lotsbepalende mag."

Die mens word nie maar net gebore uit bepaalde ouers, in 'n bepaalde familie nie, maar hy word ook 'in-geboren in een bepaalde, bestaande politieke, maatschappelijke en sociale orde. De bestaande structuurkant is daarmee geworden tot een soort gareel of loophek en in die zin: tot een gedrags-of zelfs lotsbepalende macht' ^'.

Nou vind ons inderdaad in die wereld strukture wat die menswees van die mens aantas. Die Bybel wys ons reeds op die struktuur van die slawerny.

Op die gebied van die politiek kom die mensvernederende strukture tot uiting in kolonialisme, rassisme, staatsdiktatuur. Op die terrein van die ekonomie is daar deur middel van ekonomiese magskonsentrasies 'n uitbuiting van die werkende klasse.

Op sosiale gebied bring die kastestelsel, soos dit in India in die samelewing fungeer, 'n mensonwaardige toestand vir die laagste groepe in die maatskappy. Niemand kan ontken dat daar in die wereld institute en strukture is wat absoluut verkeerd is omdat dit mensonterende toestande handhaaf. Dat die duiwel hier ook sy mag en invloed uitoefen is duidelik.

Deur middel van 'n struktuur kan mag uitgeoefen word. Onder mag verstaan ons dan 'de invloed op het doen en laten van een ander overeenkomstig de doelstellingen van degene die macht heeft'". 'n Ondernemer besit mag in sy verhouding tot sy personeel. Hy kan byvoorbeeld in tye van werkloosheid van sy personeel afdank of hul loon verminder.

In die maatskaplike lewe is daar baie vorm van mag, sommige baie duidelik sigbaar ander meer subtiel van aard.

Struktuurkritiek

Daar is sonder enige twyfel verkeerde strukture, strukture wat ons as christene ten sterkste moet veroordeel en afwys.

Die vraag is egter of dit ons die reg verskaf om te spreek van strukturele en institusionele sondes.

Om hierdie vraag te kan beantwoord moet ons eers vasstel wat sonde is. Sonde is volgens die Bybel 'n etiese begrip. Sonde is volgens die Woord van God vyandskap, rebellie, ongehoorsaamheid, vervreemding en verlating. Sonde tas die relasie, die verhouding tot God wat 'n verhouding van liefde is aan. C. G. Berkouwer waarsku dat ons wat hy noem die 'relatie-moment' in die sonde altyd moet erken anders sal ons nie tot die wese van die sonde kan deurdring nie.^* Sonde verbreek die liefdes-relasie.

'n Struktuur kan dit nie doen nie en daarom is dit verkeerd om te spreek van strukturele sonde. Wie die sonde van die mens pak op 'n struktuur maak hom skuldig aan miskenning van die erns en die diepte van die sonde. Dis ten

diepte ontvlugting. Die moderne mens weier om sy eie verantwoordelikheid te aanvaar. Hy pak die skuld op die strukture.

G. de Ru skrywe in verband met hierdie saak: 'Men spreekt tegenwoordig nog al eens over "zondige structuren" en over "structurele bekering". Naar het mij voorkomt zijn dat theologisch onmogelijk woordcombinaties, voorbeelden van een onzuiver taalgebruik, dat tot niet gering misverstand aanleiding geeft. Zonde en bekering hebben alleen rechtstreeks betrekking op de relatie van de mens tot God. Structuren, economische systemen, staatsvormen op zichzelf zijn niet zondig en kunnen zich ook niet bekeren. Ze kunnen en moeten wel, als ze ondeugdelijk, onrechtvaardig, wreed, gevolg van menselijk egoïsme zijn, door mensen worden gewijzigd. Maar wat baat die wijziging, als de mensen zélf, die haar tot stand brengen, van zonde noch bekering (willen) weten? Er zal eerst iets met de mensen moeten gebeuren, voordat structurele veranderingen enig effect ten goede sorteren. Daarom gaat het in de Bijbel primair ook niet om verandering van structuren, maar om verandering van individuen' ^'.

Die groot vraag bly dus - as daar verandering moet kom - waar moet die verandering begin? Die stryd wat hieroor ontvlam het, word wel genoem 'die stryd oor die prioriteite'.

Ons sien in ons tyd 'n gevaarlike klemverskuiwing. Die aksent word verlê van God na die mens, van die enkeling na die gemeenskap, van die toekoms na die hede, van die reformasie na die rewolusie, van die regverdiging na die heüiging.

Wat sit hier agter? Ten diepste die invloed van die Marxisme. Karl Marx het met die stelling gekom: wanneer jy maatskaplike omstandighede verander, dan sal daardeur die mens ook verander, want die maatskaplike syn bepaal die bewussyn en nie omgekeerd nie.'° Verandering van die strukture moet voorrang geniet bo die verandering van die mens, omdat die laatste van die eerste afhanklik is.

Ons vind by H. M. Kuitert ook baie duidelik 'n marxistiese invloed in sy beskouinge oor verlossing, heil vir die mens. Volgens Kuitert kan daar geen innerlike vrede vir die mens wees onafhanklik van sy sosiale, maatskaplike of politieke konteks nie. Heil vir die mens maak Kuitert afhanklik van nuwe sosiale, maatskaplike en politieke institute, 'n Nuwe sosiale, maatskaplike en politieke konteks is nodig sonder welke 'n nuwe mens nie nuut kan wees nie." 'n Marxis kon dit nie duideliker geformuleer het nie.

Daar kan natuurlik gevra word: maar wat bedoel Kuitert dan met heil? Heil moet volgens Kuitert aards wees. Dit moet minstens kos, kleding, veiligheid, voortplanting en genot insluit. As teoloog kan jy God nie heeltemaal buite rekening laat nie en daarom word God ook nog by gesleep, maar Hy is

nie meer as 'n funksie van die mens nie. Die woord God word net 'n aanduiding, 'n kwalifikasie van wat die mens uit homself, in eie krag reeds tot stand gebring het.

Wanneer ons egter eerlik en onbevange na die boodskap van die Bybel luister, moet ons tot die erkenning kom dat in die Bybel aan die mens prioriteit verleen word bo institute en strukture. Reeds in die OT sien ons hoe die profete wel sosiale misstande fel en skerp kritiseer, maar ons mag nooit vergeet nie dat hul protes nie primer gerig is op maatskappy-vernuwing nie maar op die mens in sy verhouding tot God. 'De door hen beoogde transformatie van intermenselijke verhoudingen - wij zouden vandaag zeggen: e aanpak van de samenlevingsvragen - begint dan ook steeds met de verandering van het "hart", de verwisseling van een "hart van steen" voor een "hart van vlees" (Jer. 24 : 7; Ezech. 11 : 19; 36 : 26).

Beteken dit dat ons strukture nie mag kritiseer nie? Hoegenaamd nie. Ons moet verkeerde strukture wysig, ons moet ook as kerk ons profetiese roeping verstaan. Ons moet persone, owerhede, wie ook al aanspreek wat strukture verkeerd hanteer en wat sy mag misbruik.

Struktuurkritiek is noodsaaklik. Dis ook nie 'n nuwe ding nie. Ek wil hier graag wys op Abr. Kuyper wat reeds in 1891 op die eerste christelike sosiale kongres volgens sy eie woorde gekom het met 'architectonische critiek op de menselijke sociëteit zelve'". In sy beroemde rede wys Kuyper op die foute in die struktuur van die samelewing van sy dae. Hy verwyt die derde stand, dit is die ondernemers en eienaars uitbuiting van die vierde stand dit is die arbeiders en werknemers.

Kuyper bly egter nie by die struktuur staan nie en hy bepleit nie net verandering van die bestaande struktuur nie. Hy rig hom in sy rede tot hulle wat die struktuur bedien. Hy verwyt die derde stand, die ondernemers dat hulle in hul verhouding tot die vierde stand, die arbeiders hulle skuldig maak aan selfsug en individualisme en hy noem hierdie sondes die vrug van die Franse rewolusie.

Vandag word wel beweer dat Kuyper ondanks sy skerpe analise van die grondfoute van die samelewingsstruktuur van sy tyd nie die moed gehad het om ook die arbeiders aan te spreek en hulle op hul verantwoordelikheid teenoor hul werkgewers te wys nie, maar dan word 'n 20ste eeuse situasie van medeseggenskap van die arbeiders so maar op 'n 19e eeuse toestand oorgeplaas.''

Kuyper kom in sy 'archetectonische' kritiek op 'n bepaalde struktuur tot kritiek op hulle wat daardie struktuur hanteer. Hy wys vir hulle hul sonde, nie die sonde van die struktuur nie maar die sonde van die mens wat die struktuur hanteer en hy roep hulle op tot bekering van hul selfsug en individualisme tot geregtigheid en solidariteit.

Onder geregtigheid word dan verstaan: 'de aanwijzing van ieder mens van die plaats, welke hij naar Gods ordinantiën tegenover God en alle schepselen heeft in te nemen.' Terwyl met solidariteit bedoel word 'naastenliefde, barmhartigheid, dienst aan en verantwoordelijkheid voor elkaar'".

Dit lyk vir my dat Kuyper ons hierdie regte pad wys. Met Vernuwing van strukture an sich is ons nie klaar nie. Dit gaan om die mens wat die strukture hanteer. Die mens is verantwoordelik vir die funksionering van die strukture.

Kerstening van strukture?

Kan daar werklik gespreek word van kerstening van strukture? Ons kan die woord kerstening miskien gebruik in dieselfde betekenis waarin ons spreek van kerstening van volkere. Ek sou liewer van vernuwing of verbetering of verandering van strukture wou spreek. By die woord kerstening kry ons nog te veel die gedagte van personifiëring of verselfstandiging van strukture.

Ons sien dat vandag die strukture te veel van die mens losgemaak word. Die sonde van die mens wordt op die struktuur oorgedra en dan word gespreek van strukturele sondes. Dis teologies onhoudbaar. Ons kan wel die gevolge van die sonde in die strukture terugvind. W. H. Velema spreek in hierdie verband van een 'plastische objectivering van de zonde''".

Ons kan om hierdie rede ook nie saamstem met H. Berkhof wat spreek van strukturele heiliging nie. En om die werk van die Heilige Gees buite die kerk en die gelowige om te wil soek in die vernuwing van bepaalde strukture, is ook teologies nie verdedigbaar nie. Hier kry ons 'n gevaarlike aantasting van die werk van die Heilige Gees. Prof. C. Graafland gebruik in een van sy geskrifte die uitdrukking 'alternatieve pneumatologie' ". Vernuwing in die wereld, verandering en verbetering van strukture word op die konto van die Heilige Gees geskryf.

Hier sit natuurlik 'n hele teologie agter. Dit lyk vir my dat die klassieke belydenis aangaande die Koninkryk van God hier in die gedrang kom.

Die Koninkryk van God word in die nuwere teologie steeds meer los gemaak van die kerk en verselfstandig. Karl Barth met sy kritiese distansie tussen kerk en Koninkryk van God en sy oortuiging dat die Ryk van God gerig is op die universele, het baie bygedra tot hierdie skeiding tussen Kerk en Koninkryk.

Die heilsgawes van die Ryk van God is ryker en omvattender as wat die kerk in haar verkondiging aanbied. Die partikuliere genade as vrug van Gods verkiesende genade in Jesus Christus moet plek maak vir 'n veralgemenisering van Gods heil waarin mens en wereld mag deel sonder dat persoonlike geloof nog relevant is.

In hierdie post-Barthiaanse tyd is die omwenteling wat Kar! Barth met sy

teologie veroorsaak het nog verder deurgevoer en geradikaliseer. Mede deur 'n sterk anti-metafisiese denke word Gods verlossing net op hierdie aardse werklikheid betrek.

Bekering word sosiale betrokkenheid, wedergeboorte word maatskappyvernuwing en verlossing word politieke bevryding met as eintlike doel 'n gehumaniseerde samelewing.

Ons moet dadelik toegee dat hierdie geluide nog nie by Barth self gehoor word nie, maar die nuwere Barth-interpretasie het tog aan die lig gebring, dat by Karl Barth wel reeds hierdie dinge in beginsel aanwezig was."

Die werk van die Heilige Gees word losgemaak van die Woord van God en verselfstandig. Dit loop uit op 'n alternatiewe pneumatologie. Wat die werk van die Heilige Gees genoem word is in wese niks anders as werk van ongelowige mens nie.

Daar is ongetwyfeld 'n regering van Christus extra ecclesiam, buite sy kerk. Maar hierdie regering van Christus oor die wereld volvoer Hy as Hoof van sy gemeente.

Vernuwing van strukture

Dit verdien aanbeveling om in plaas van kerstening van strukture te spreek van vernuwing van strukture. Daarby moet egter altyd onthou word dat elke vernuwing nie noodwendig 'n verbetering laat staan 'n kerstening of 'n bekering is nie.

Dit bly altyd die mens wat vir die funksionering van die strukture verantwoordelik bly. God het aan die mens heerskappy oor die skepping gegee. Hierdie heerskappy raak ook die strukture van die samelewing. Die mens kan dit gelowig gebruik of ongelowig misbruik. Strukturele verbetering sonder bekering van die mens wat in die strukture werksaam is kan nog rampsalig wees.

Die gevaar bestaan dat strukture so geobjektiveer word dat die verhouding van die mens ten opsigte van die strukture nie meer raak gesien word nie.

Aan die ander kant is daar ook die gevaar van piëtisme en privatisme. Die kerk het die roeping om deur middel van sy lidmate vernuwend in die wereld te werk. Die kerk is mos die goddelike struktuur wat vernuwend uitkring oor die wereld.

Dit is nie die taak van die kerk om self as vernuwer op te tree nie. Wel het die kerk die roeping om in sy prediking die lig van die Woord van God te laat skyn oor die samelewing.

Wanneer gevra word watter strukture verander moet word, dan moet die antwoord wees: alle strukture waarin die mens as die beeld van God nie tot volle ontplooiing van sy menswees kan kom nie. Dit is dan ook noodsaaklik dat die verskillende strukture getoets en geweeg word en waar blyk dat hulle mensonwaardig is, daar het die gelowige die plig om by te dra tot herstruktu-

rering. Die geld sowel vir die terrein van die politiek als vir die van die ekonomie.

Liefde en geregtigheid moet die twee groot motiewe wees wat die onderlinge verhoudinge in die samelewing moet beheers.

'Het beoefenen van gerechtigheid en liefde, en de erkenning van het feit dat God in de samenleving verbanden met hun eigen structuur verordend heeft, werkt bevrijdend. Daarin openbaart zich de verlossende heerschappij van Jezus Christus' **.

Selfs teenoor sondige strukture soos die slawerny wat tog 'n ernstige sosiale euwel was in Paulus se dae, verkondig die apostel nie die rewolusie nie. Paulus het besef dat hervorming van bestaande verhoudinge nie van buite na binne nie, maar van binne na buite bewerk moet word.

Die verkondiging van die koningskap van Christus het maatskappyvernuwende krag. Bestaande strukture sal geheilig word en sondige strukture sal van binne uit vernietig word.


' 'World development: The Challenge to the Churches', The Conference on World Cooperation for Development, Beirut, 1968, p. 17.

2 The Uppsala 68 Report, 1968, p. 45.

•' J. Verkuyl, Verantwoorde revolutie, 1970, p. 52.

< J. Verkuyl, a.w., p. 55, 56.

« H. Berkhof, Christelijk geloof, 1973, p. 522, 530.

• H. Berkhof, a.w., p. 527.

^ A. W. Kist, Antwoord aan de machten, 1971, p. 33, 336.

8 H. Berkhof, a.w., p. 529, 530.

» H. Berkhof, a.w., p. 532.

»» H. Berkhof, a.w., p. 532, 533.

" H. Berkhof, a.w., p. 532.

> 2 H. M. Kuitert, Anders gezegd, 1970, p. 89.

" H. M. Kuitert, a.w., p. 90.

" H. M. Kuitert, a.w., p. 90.

" H. Berkhof, a.w., p. 528.

" H. Berkhof, a.w., p. 530.

" A.W. Kist, a.H-., p. 160-163.

" A. W. Kist, a.w., p. 183, 184.

" A. W. Kist, a.w., p. 87, 187.

«» A. W. Kist, a.w., p. 191.

" A. W. Kist, a.w., p. 93, 94.

« A. W. Kist, a.w., p. 94.

" A. W. Kist, a.w., p. 94, 95.

" H. N. Ridderbos, Aan de Kolossenzen, 1960, p. 141.

" H. M. Kuitert, a.w., p. 91.

" H. M. Kuitert, a.w., p. 91.

2' H. J. van Zuthem, Gezag en zeggenschap, 1968, p. 36.

28 C. G. Berkouwer, De zonde II, 1960, p. 14.

*» G. de Ru, De verleiding der revolutie, 1974, p. 125.

'» K. Marx, Die Frühschriften (Kröners Taschenbuchausgabe Band 209), 1964.

^' H. M. Kuitert, De vrede van God en de vrede van de wereld, in: Kerk en Vrede, feesbundel opgedra aan Prof. Dr. J. de Graaf, 1976, p. 77, 79.

'* A. Kuyper, Proces-Verbaal Eerste Christelijke Sociaal Congres, 1891, p. 53.

" H. J. van Zuthem, a.w., p. 22, 23.

M A. Kuyper, a.w., p. 137, 54.

^* W. H. Velema, Herleving van de natuurlijke ethiek tegen de achtergrond van de securalisatie, 1969, p. 30.

'• C. Graafland, Waarom nog gereformeerd? 1973, p. 49.

" F. W. Marquardt, Theologie und Sozialismus, 1972*.

»« W. H. Velema, Politieke prediking, 1972, p. 37.

Dit artikel werd u aangeboden door: Theologia Reformata

Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen, vragen, informatie: contact.

Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing. Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this database. Terms of use.

Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 december 1979

Theologia Reformata | 100 Pagina's

DIE KERSTENING VAN STRUKTURE

Bekijk de hele uitgave van zaterdag 1 december 1979

Theologia Reformata | 100 Pagina's