Digibron cookies

Voor optimale prestaties van de website gebruiken wij cookies. Overeenstemmig met de EU GDPR kunt u kiezen welke cookies u wilt toestaan.

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies zijn verplicht om de basisfunctionaliteit van Digibron te kunnen gebruiken.

Optionele cookies

Onderstaande cookies zijn optioneel, maar verbeteren uw ervaring van Digibron.

Bekijk het origineel

Jan van RieBeeck en Zuid-Afrika

Bekijk het origineel

+ Meer informatie

Jan van RieBeeck en Zuid-Afrika

4 minuten leestijd Arcering uitzetten

Jan van Riebeeck, afkomstig van die Hollandse dorpie Culemborg, het op 6 april 1652 geland op die strand van die Kaap van Goeie Hoop, aan die voet van Tafelberg. Hy het gekom om 'n verversingspos vir skepe onderweg na die Verre Ooste te open-en hy het 'n nuwe nasie gestig. Hierdie vastbeslote, vooruitstrewende jong arts, sy vrou en klein bende troue Hollanders het - ongeag slegte weer, wilde diere, vyandige Hottentotte en plunderende Boesmans - vir die beskawing 'n vastrappelk gevind op wat byna die onderpunt is van die ontsaglike vasteland van Afrika, daar waar die warm strome van die Indiese Oseaan en die ysige Atlantiese Oseaan bymekaar kom.

Die vaart het 104 dae geduur, en hulle het in daardie tyd gedink dit was vinnig. Min kon Van Riebeeck dink dat die tog driehonderd jaar later vier en tweintig uur sou duur; of dat die paar morg waarop sy moedige geselskap gewoon het, sou groei tot 'n land waarin vyf en dertig Nederlande ingedruk sou kon wordt, 'n ontsaglike, voorspoedige land met sy stede van wolkekrabbers, sy ryk goudmyne, uraan, diamante en wol. 'n Land met 'n netwerk van lug-, pad-en spoorweë wat strek van die groot Limpoporivier met sy krokodille (die grens tussen Brittanje se nuwe Sentraal, Afrikaanse Federasie en Portugal se Mosambiek) in die noorde, vanaf die verraderlike tweeduisendmyl-lange Seekus van

clie Doocl met sy gestrande skepe in die weste tot die Kaap van Golie Hoop in die suide en tot bij die ryk suikerpeantasies van Natal in die ooste.

Jan van Riebeeck was nie die eerste om na die suidelike uithoek van Afrika te kom nie. Bartolomeus Dias het die Kaap van Goeie Hoop in 1486 ontdek, ses jaar voordat Columbus op Amerika afgekom het. Vasco da Gama het dit omseil toe hy in 1497 clie roete na Indië geopen het.

Antonio de Saldanha het Tafelberg in 1503 uitgeklim en sewe jaar later is Francisco d' Almeida, onderkoning van clie Portugese Indiese Eilande, en vier en sestig van sy manne deur die Hottentotte gedood toe hulle waaghalsig genoeg was om aan wal te gaan.

Sir Francis Drake het dit die mooiste Kaap op aarde genoem toe hy om die wereld geseil het en twee ambisieuse jong Engelse het geland, die Britse vlag gehys en dit namens Jakobus I in bezit geneem. Later moes hulle ontdek dat Sy Majesteit nie belang stel nie en hul aanspraak is sonder bekragtiging gelaat.

Dit is aan die Nederlands Oos-Indiese Kompanjie gelaat om Suid-Afrika se eerste setlaars te bring toe hulle die han-

del met die Ooste uit die hande van die Portugese geneem het. Hulle het 'n verversingspos halfpad op daardie lang en gevaarlike vaart van Holland na die Ooste nodig had.

Hulle het die jong Jan van Riebeeck gekies om die nedersetting te stig en hul skepe onderweg van voorrade te voorsien. Tot vandag toe stap 'n mens in die hartjie van Kaapstad net langs die Parlementsgeboue deur 'n park met akkerbome-deel van daardie eerste tuine wat hy geplant het.

Jan van Riebeeck moes veg teen vernietigende siektes wat sy mannekrag verswak het, toen wilde diere en teen moordende bendes Hottentotte wat so baie van sij beeste gesteel het dat daar tye was, waarin hy gedink het dat hy nie genoeg vleis vir sy eie mense sou hê nie. En hy het geveg teen die weer wat sy tuine verspoel het.

Hy het sy oog op die ryker Ooste gehad en het met sy gesin slegs tien jaar in die Kaap gebly. Tog het hy, ten spyte van al die moeilikhede, in daardie tyd die grondslag gele van wat vandag clie Moederstad van Suid-Afrika is.

Hv het die vryburgers aangemoedig om hulle te vestig, hy het die eerste slawe ingevoer - die inboorlingstamme het in daardie tyd nog nie tot in clie suide getrek nie - en hy het die Kaap se eerste regering gevorm. Teen die tyd dat hy die land verlaat het, het die klein nedersetting onder die skadu van Tafelberg gegroei van honderd en sestien mans en hul gesinne tot byna veertienhonderd siele.

Van Riebeeck het nooit teruggekeer nie. Hy het in Batavia gesterf en sy naam is vergete in die land waar hy sy tuiste wou maak. Dit is Suid-Afrika wat hom onthou en hom as die stigter van 'n nuwe nasie vereer. Die eerste standbeeld wat 'n mens sien als jy vanaf Kaapstad se groot hawe die stad se hoofstraat binnegaan, is van die moedige mannetjie; en in Kaapstad se museum bewaar Suid Afrika trots sy grafsteen, stuk-stuk gered van sy graf in die Verre Ooste.

Dit artikel werd u aangeboden door: Jeugdbond Gereformeerde Gemeenten

Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen, vragen, informatie: contact.

Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing. Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this database. Terms of use.

Bekijk de hele uitgave van vrijdag 13 november 1959

Daniel | 8 Pagina's

Jan van RieBeeck en Zuid-Afrika

Bekijk de hele uitgave van vrijdag 13 november 1959

Daniel | 8 Pagina's