Digibron cookies

Voor optimale prestaties van de website gebruiken wij cookies. Overeenstemmig met de EU GDPR kunt u kiezen welke cookies u wilt toestaan.

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies zijn verplicht om de basisfunctionaliteit van Digibron te kunnen gebruiken.

Optionele cookies

Onderstaande cookies zijn optioneel, maar verbeteren uw ervaring van Digibron.

Bekijk het origineel

DILEMMA TUSSEN PRAKTIESE TEOLOGIE EN EKKLESIOLOGIE

Bekijk het origineel

+ Meer informatie

DILEMMA TUSSEN PRAKTIESE TEOLOGIE EN EKKLESIOLOGIE

38 minuten leestijd

B. Spoelstra

INLEIDING

Tot en met die 17de eeu is teologie onbestrede as wetenskap aanvaar. Mense was bereid om wat huUe glo te weet en te weet wat huUe glo. Teologie het 'n eenheid gevorm en die praktiese beoefening van godsdiens en kerkwees bepaal.' Die nuanses tussen skolastiek en mistiek, nominalisme en realisme, het binne die teologie aksente en 'skole' laat varieer, maar teologie as sodanig het nie in gedrang gekom nie.

Gedurende die 18de eeu verander die posisie egter radikaal. Veral Immanuel Kant se filosofiese stelling dat die denke oor die werklikheid (teorie) verskil wesenlik van die werklikheid (praktyk) waaroor gedink word, het die plek van teologie as wetenskap in gedrang gebring omdat die objek van teologiese navorsing, naamlik God, nie vir ondersoek deur die rede beskikbaar was nie.^

Daarmee het die rasionalisme in die teologie 'n breuk geslaan tussen teorie en praktyk, tussen teologie en Christelike lewe.' Hierdie dualisme dra vandag grootliks by tot die dilemma oor wat onder ekklesiologie en praktiese teologie (godsdienstige en kerklike handeling en lewe) verstaan word en wat die verhouding tussen die 'vakke' moet wees. Oppervlakkig bekyk, lyk dit asof ekklesiologie vandag al minder belangrik geag word omdat dit 'teorie' behels en praktiese teologie al hoer aangeslaan word omdat dit kerklike handeling en lewe (praktyk) raak.

Die huidige aandag vir die mens as subjek wat godsdiens individueel en gemeentelik ervaar, skep vir 'praktiese' vakke die probleem om teologie te wees

en te bly en om nie in antropologiese wetenskappe op te gaan nie. Die tendens kom duidelik na vore in die moderne proses van 'ont-theologisering die heeft plaats gevonden aan de grotere faculteiten', waarop Willem van 't Spijker die aandag in verband met 'gemeenteopbouw' gevestig het.''

Van 't Spijker meen dat die vertrekpunt vir 'gemeenteopbouw' as 'onderdeel van de praktische theologie' gelee is in die aanname dat daar 'n kontras tussen die 'kerk' en die 'ekklesia' bestaan. Aan talie Universiteite word 'n nuwe vak 'gemeentebou' ingevoer, om die weg te wys na 'vemuwing' van die gemeente. Nuwe vorme word vir kerkwees gesoek, byvoorbeeld in die missionêre, diakoniologiese en sosio-politieke-betrokke gemeente. In ander gevalle verskuif die aksent na piëtisties-gemotiveerde groepsaktiwiteite in die gemeente wat met godsdienservaring verband hou. Die aandag vir die 'groep' of gemeente bring die verhouding tussen kerkreg en praktiese teologie in gedrang.

Gereformeerde teoloë wat die Skrif as norm en bron vir die teologie neem, ondervind 'n probleem met die nuwe wendinge. Hulle vind in die Skrif vir kerk en gemeente net die woord ekklesia.^ Die dualisme in die woordgebruik tussen kerk en gemeente', wat selfs in die Nuwe Afrikaanse Bybelvertaling voet in die deur gekry het', dui op 'n verwarring in die kontemporêre kerkbegrip waarin die woord kerk op genootskap of instituut (instelling) en die woord gemeente of lidmate, op 'n organisme dui.

Wie die begrip ekklesia uit die Skrif hanteer, kan uit Van 't Spijker se probleemstelling rondom 'gemeenteopbouw' vermoed A? A praktiese teologie en ekklesiologie in een en dieselfde vakgroep bestudeer moet word. Die kerk of gemeente vergestalt immers 'prakties' wie glo en wat geglo word.* Aan die Teologiese Skool in Broederweg, Kampen, het 'gemeentebou' onderdak onder ekklesiologie gekry. Aan die Teologiese Universiteite van Apeldoorn en Potchefstroom is daar nog nie so 'n vak gedefineer nie. Elders word vrywel algemeen 'n vak 'gemeentebou' onder 'praktiese teologie' geplaas, terwyl vrae oor wat praktiese teologie en gemeentebou presies is, oral rond gevra word.

In talie moderne teologiese fakulteite word ekklesiologie, behalwe miskien

kerkgeskiedenis, afgeskeep.' Praktiese Teologie geniet aan die ander kant in die jongste tyd wêreldwyd enorme belangstelling. Ekklesiologiese besinning ontbreek egter daarby.

Indien selfs net aspekte van ekklesiologie en praktiese teologie oorvleuel, kan gevra word waarom byvoorbeeld kerkreg 'verstoot' maar telkens nuwe 'vakke' vir praktiese teologie bygevoeg word. Hierdie artikel wil krities kyk na die dilemma wat ontstaan wanneer dissiplines van ekklesiologie en praktiese teologie sito-sito onderskei word, terwyl belangrike aspekte van ekklesiologie en 'praktiese teologie' oorvleuel. Moontlik kan die artikel bydra om 'n hoogsnodige dialoog tussen ekklesiologie en praktiese teologie op dreef te kry.

Die vraag kan gestel word of moderne ontwikkelinge in die huis van die teologiese wetenskap werklik kenteoretiese norme aanlê by die bepaling van die karakter, noodsaaklikheid, selfstandigheid en plek van nuwe vakke in die teologiese huishouding. Volgens Pannenberg is dit nie die geval nie.'° Hierdie artikel gaan nie verder op hierdie indringende vraag in nie. Indien die kenteoretiese verantwoording by hedendaagse teologiese vakindeling ontbreek, is die bestaansreg van teologie self op die spel.

Gevolglik stel hierdie artikel die dilemma tussen ekklesiologie en 'praktiese teologie' om teologie te wees of om teologie te bly aan die orde. Om gesprek hieroor uit te lok word gevra of die huidige teologie 'n uniforme karakter het en hom daarvan rekenskap gee. Enkele probleme word geïdentifiseer. Tegelykertyd wil die artikel aantoon dat ekklesiologie en 'praktiese teologie' duidelik onderskei moet word, of altematiewelijk, dat integrasie, harmonisering en strukturering van die teologiese wetenskap opnuut verantwoord moet word.

'N BASIESE PROBLEEM VAN TEOLOGIE

Verwarring oor die teologie self

Die dilemma vir ekklesiologie en praktiese teologie om hulle kleims in die teologiese wetenskap af te baken kan gedeeltelik terug gevoer word na die vraag wat onder teologie verstaan word. Van Wyk stel kategories dat daar verskillende vertrekpunte en 'uiteenlopende metodologieë' in omloop is en vervolg: 'Hierdie verskille in die verstaan van die begrip teologie (en dus ook ons verskillende

metodologiese metodologieë) is bepalend vir die teoloog se hele prakties-teologiese aktiwiteit'. Hy kruis daarom swaard met Jonker, De Klerk en andere wat die Skrif as bron en norm vir hulle teologie neem omdat dit onder andere 'multidissiplinêre same werking met ander wetenskappe en die moontlikheid van 'n werklike kritiese integrasie' van die wetenskappe by voorbaat uitsluit."

Waar gereformeerde teoloë in ekumeniese verband besin het oor wat teologie is, onderskei Jonker vier modelle: die klassieke model van Augustinus waarin teologie wysheid wou wees, die model van Anselmus en Thomas Aquinas waarin teologie rasionele kennis oor God wou verwoord, die reformatoriese model waarin 'n luister na en weergawe van die Skrif met die oog op die geloof van die gelowiges is'^ en vierdens die neo-protestantse model wat in navolging van Schleiermacher teologie as die bestudering van die mens se geloof of religieuse ervcuing en aktiwiteite tipeer.'^ Vir hierdie artikel is laasgenoemde twee modelle van belang. r, . , ,

Rietveld reageer op Jonker se stelling oor reformatoriese teologie met die opmerking dat teologie tog eintlik 'knowledge of God' impliseer. 'n Mens kan nie 'n onbekende wese lief hê nie. 'Theology may busy itself methodologically with the Scripture but the Scripture drives us to the search for God ... The knowledge of God is the final purpose of the believer and the theologian'.'"

Klooster merk weer op: 'Many employ the term "theology" for anything that deals with the church or the confessions and often anything to religion in its widest connotations'." Velema vestig aandag op 'n tendens om teologie met etiek te vereenselwig en hoop dat gereformeerde teoloë 'should, after all, achieve some consensus about what we mean by current theology'.'* Selfs 'n voorstander uit die neo-protestantse of 'rasionaliteits'-model vir teologie sê dat die vraag na 'die begrip teologie ... nog nie voldoende geproblematiseer is nie'.'^

Met reg sê Tjaart van der Walt daarom: 'The swing of the pendulum in theology is a definite trait ... Time and again a pronounced shift of emphasis is clearly discernible. Indeed, theology is not less susceptible to the whims of fashion than

the victims of Dior ... are supposed to be. In the history of theology the pendulum has swung from the one extreme to the other. To this, current theology is no exception. A one sided preoccupation with the vertical dimension paradoxically resulted in a (similiarly one sided) horisontalisation. From orthodoxy the accent shifted to orthopraxis. A palace revolution dethroned Dogmatics as the queen of the theological empire to be succeeded by Ethics, Practical Theology and the Social Sciences. Ontological Christology was displaced by functional Christolo-

Hierdie waamemings teken 'n beeld van teologie wat slinger tussen uiterste pole van ortodoksie en ortopraxis, van vertikalisme en horisontalisme en dat veral teologie en die objek van die teologiese navorsing baie uiteenlopend geformuleer word.

Ons neem soos die reformatoriese teologiese model wat Jonker aandui die Skrif as openbaring van God as ons eie basisteorie ten spyte van die besware wat Van Wyk opper. Hy bied self nie 'n aanvaarbare alternatief vir 'n 'konfessionele benadering' met sy 'praktiese teologie as handelswetenskap' of 'n 'gemengde tipe' teologie nie." 'Reformatoriese' of 'konfessionele' teoloë kan egter ook in die huidige teologiese geselsskap ongemerk in die neo-protestantse of rasionaliteitsmodel vir teologie oorgly.

Tegelykertyd moet die reformatoriese teologie waak om nie soos party definisies neig, teologie bloot biblisisties te defineer nie, dat wil sê deur by die Bybel as kenbron vas te steek sonder om by openbaring, by eksistensiële en praktiese kennis van God uit te kom. Teologie is meer as Bibliologie.

Wie saamvat wat Jonker en Klooster sê, hoor dat daar 'n onversoenbare kloof tussen reformatoriese en neo-protestantse teologie bestaan. Die reformatoriese teologie neem 'n bepaalde Boek (openbaring van God) as studieveld vir die teologie.'^" Daarby is die 'openbaring van God' in die natuur en geskiedenis veronderstel, maar moontlik tog nie as 'openbaring' in die beoefening van die teologie genoeg in praktyk gebring nie. Teen die einde van die 18de eeu het Semler al op die kloof gewys tussen twee uiterste uitgangspunte: 'die Position einer gesetzlichen und fundamentalistischen Bibelautoritat die ausnahmslos alle

biblischen Angaben und Vorstellungen als verbindlich ansicht, und die Position eines modemistischen Relativismus, der das Zeitbedingte akzentuiert und es kaum noch gestattet, von einem bleibend gültigen ' 'Worte Gottes" in der Bibel zu reden'.''

Schleiermacher is die mees invloedryke teoloog gedurende die laaste twee eeue en grondlegger van die neo-protestantse model van teologie. Hy het in sy jeug die piëtisme ingedrink waarin die godsdienstige handeling en ervaring swaar geweeg het. As student het die rasionalisme en Kant se onderskeiding tussen teoretiese en praktiese kennis hom sterk aangespreek. Hy wou gevolglik die teologie red deur die menslike ervaring van God en godsdiens voorwerp van studie te maak.'' Hy stel die empiriese godsdiensverskynsel of godsdienservaring wat in die menslike 'Suchen nach Frömmigkeit, Bildung und Freundschaft' na vore tree as die objek vir teologiese ondersoek.'^ Die Bybel is slegs 'n bron waarin die ervaring of 'teologie' van bepaalde outeurs verwoord is. Daarmee het die 'kerk' in die plek van Gods-of Skrifopenbaring die objek van teologiese nadenke geword.'" Teologie het in baie opsigte sinoniem vir ekklesiologie gewerd en feitlik alle teologiese uitsprake is op 'die kerk' betrek.

Die neo-protestantse 'teoloë' neem primer die religieuse verskynsel onder mense en die 'kerk' tot objek van studie (vgl. Klooster hierbo). Dit bring onmiddellik die dilemma mee dat hierdie teologie na sosiologie, antropologie en psigologie kan oorhel.

In Suid-Afrikaanse interfakultêre vakwetenskaplike werkgemeenskappe werk reformatoriese en neo-protestantse teoloë onder die noemer 'teologie' saam asof hulle onder teologie dieselfde verstaan en dit eners beoefen. So word verhoed dat die resultate vanuit die twee verskillende voorveronderstellings logies deurgetrek word. Die basiese en dieperliggende verskille tree slegs sporadies aan die lig, byvoorbeeld wanneer 'n beoefenaar van een tipe teologie die ander as onwetenskaplik ettiketteer omdat sy vertrekpunt van die eie verskil. 'n Moderne praktiese teoloog aan 'n kerklik-onverbonde fakulteit ettiketteer die diakoniologiese gerigtheid as 'ghetto-teologie' wat hom aan die 'probleembewussyn van ons tyd' onttrek het.'^

Vir die tradisionele reformatoriese teologie is ekklesiologie 'n belangrike dissipline. Onder Nederlandse gereformeerdes speel ekklesiologiese vertrek-en verskilpunte, byvoorbeeld aksente in die Afskeiding^* en die Doleansie", 'n deurslaggewende rol. Die Stryd in die GKN sedert die Geelkerkensaak tot die breuk en 'vrymaking' in 1944 gaan finalitêr oor ekklesiologiese vrae soos oor 'ware' en 'valse' kerk en 'tugreg van meerdere vergaderings'. Die teologie in die gereformeerde tradisie het ondertussen nie hoog opgegee vir die moderne 'praktiese teologie' nie.^*

Calvyn gebruik die Nuwe Testament vir kerkinrigting en kerkregering. Die gereformeerde belydenisskrifte bevat 'meer of minder uitvoerige passages ... over de wijze waarop de kerkdienst worden ingericht - de hoofdlijnen van de kerkorde werden zo tot een onderdeel van de belijdenis'.^' Op huUe beurt het die neo-protestantse teoloë min erg aan vaste kerklike vorme of tyd vir teologie wat die ampte (diakoniai), stelsels van kerkregering en kerkinrigting soos Calvyn aan Bybelse gegewens wil normeer. Hulle volg eerder in die Lutherse en verenigingsregtelike tradisie waarin sigbare kerkstrukture kerkreg en diakoniologiese patrone pragmaties produseer.'"

Aan talie teologiese fakulteite word hoogstens kerkgeskiedenis tot ekklesiologie gereken en kerkreg as onderafdeling van kerkgeskiedenis of selfs buite die teologie onder regswetenskap weggestop." Publikasies van die SA Werkgemeenskap vir Praktiese Teologie vertoon 'n opvallende gebrek aan gesprek met en verantwoording aan ekklesiologiese literatuur.

Verwarring rondom die kerkbegrip

Die kerkbegrip bepaal die ekklesiologie en is daarom van belang vir teologie wat op die lewe en werk van die kerk gerig is." Enige studie wat op die aktiwiteite van die kerk gerig is, moet op 'n bepaalde opvatting oor wat die kerk is, gebou word. Tog versuim praktiese teoloë vandag om te verklaar wat hulle onder 'kerk' verstaan en word die 'church's existing practice as embodied in the traditional duties of the parish clergy' sondermeer as basiese vakverdeling vir praktiese

teologie aanvaar.

Dit woord 'kerk' word in die teologie vandag met hoë frekwensie gebruik, terwyl dit waarskynlik die mees ongedefinieerde woord in die teologie is. Die Interim Komitee van die GES gee by monde van prof K. Runia blyke dat hulle bewus is van die dominerende plek wat die koninkryk van God in verband met die 'identity of the church' inneem en dat die koninkryk 'the greater of the two' begrippe is en dat koninkryk 'the church' defineer en kwalifiseer.^'' 'n Mens sou dus verwag dat in die reformatoriese teologie 'n kerkbegrip gebruik sal word wat aan die koninkryk van God en die Skrif ontleen is. Niks is egter verder van die waarheid nie.

Teoloë binne die GES ontleen nie hulle kerkbegrip aan die koninkryk nie, maar eerder aan Kuyper se onderskeiding tussen kerk as instituut en kerk as organisme^', alhoewel hulle goed weet 'that as far as biblical data are concerned, the distinction seems to be hardly applicable, for the simple reason that the New Testament writings hardly ever single out the church in its institutional form'.^* Die kerk is in die Skrif immers altyd gelowige mense. Vanuit reformatoriese teologiese perspektief is die kerk daarom per definisie nie 'n objektiewe instituut, genootskap of vereniging vir mense nie, maar die gelowige mense onder koningskap van Christus self.^^

Die Interim Komitee van die GES praat van die 'institutional church' in die enkelvoud wat 'n taak soos 'n Roomse priester teenoor 'its members' vervul. Ten opsigte van die objektiewe of abstrakte 'whole church' word 'n 'local congregation' onderskei.'* Hierdie dualistiese kerkbegrip plaas 'church' in die enkelvoud selfs langs 'christians' in die meervoud.''

Elders het ek probeer aantoon dat reformatoriese teologie in stryd met sy pretensie om na die Skrif te luister 'n buite-Bybelse kerkbegrip hanteer sodat gereformeerde kerkwees in die 20ste eeu veelal in strukture gestel het.'*"

Die gereformeerde teologie in Nederland wat Suid-Afrika grootliks beïnvloed het, word, soos genoem, gekenmerk deur 'n dominerende vertrekpunt wat in die 'kerk' geneem word. In Nederlands Hervormde kringe gaan dit om die Nederleindse volkskerk. Die tienmaal gereformeerde kringe laat swaar en eksklusiewe aksent op die eie instituut val. Die algemene uitdrukking 'ga naar de kerk', gee waarskynlik in die volksmond uitdrukking aan 'n belewing van die objektiewe 'kerk'. Ons is nie die kerk nie, maar ons gaan na hierdie of daardie kerk. In die CRC van die VSA het elke 'kerk' dikwels 'n eie onderskeidende naam, byvoorbeeld 'the Timothy CRC-Church'. Die verband van 'kerk' met die koninkryk van God word in al die geledinge dalk veronderstel, maar nie gedemonstreer nie.

In die volgstroom van die Reglement van 1816 het die institusionele begrippe van algemene kerk en plaaslike gemeente*' of weergegee as 'plaaslike kerk' en 'kerkverband"*^ dominerende rolspelers geword. Die abstrakte begrip 'kerk' in die enkelvoud word ook veelal as die subjek van die kerklike instituutvorming aange-43 wys.

Anders as Rome wat die amp op grond van die koninkryksbeginsel teologies van Christus en Petrus aflei"*, het die reformatoriese teologie vanaf die 17de eeu al meer met die 'kerk as instituut' begin werk."' Daarmee het die reformatoriese teologie prinsipieel al nader aan die neo-protestantse teologie van Schleiermacher en sy opvolgers beweeg. Kuyper sien raak dat Schleiermacher die Skrif met die kerk as vertrekpunt vir sy teologie verplaas. Tog poneer hy ook sito-sito na die Skrif die kerk as instituut as kriterium om ekklesiologie direk op bibliologie te laat volg."'

Die beoefenaars van praktiese teologie kon op huUe beurt by Luther se aandag vir die priesterskap van die gelowiges aansluit en vir kerkwees op die gemeente teruggaan omdat die 'unmittelbare Verbundenheit der Glieder, mit Christus ... macht jedes glaubige Glied der Gemeinde zum Priester, 1 Pt. 2, 9'."^ Die 'institutionele kerk' kon selfs as 'n wettisistiese en formalistiese belemmering vir die

priesterskap geag word.

Hierdie aksent op die gemeente as organisme bied aan 'praktiese teologie' 'n basis waarvandaan 'n alternatief vir die sekulêre, wetlikomlynde kerk as objektiewe instituut aangebied kan word, sonder dat die koninkryk van God as vertrekpunt geneem word. Indien die ekklesiologie egter soos Rome en Calvyn met die kerk as organisme onder leiding van ampte gewerk het wat in relasie tot God (koninkryk) staan, kon die ekklesiologie en diakoniologie in harmonie enprakties gebly het. • • •

Die teenstelling teorie en praktyk

Schleiermacher skep die begrip 'praktischen Theologie' naas wat hy filosofiese en historiese teologie noem. Onder praktiese teologie het hy die kerkdiens en kerkregering op die oog."" Hy het geleer dat godsdiens anders as rasionalisme en metodisme, onderskeidelik nie kennis of werke vra nie, maar op 'n 'unmittelbares erleben' van die gemeenskap met God in die gevoelslewe neerkom, want 'in al de empirische bestaande godsdiensten openbaart sich de Religie'."' Teologie bestudeer hierdie godsdienstige 'praktyk'.'"

Die konsekwensie van hierdie gedagtes van Schleiermacher speel vandag 'n bepalende rol in die teologie. Aan die een kant word aanvaar dat daar 'n 'spanningsgebeure' tussen teorie en praktyk in die teologie afspeel.'' Pannenberg maak die interessante opmerking dat die eensydige aksent op die praxis juis vandag die historiese teologie en so die band met die historiese Jesus gedevalueer het.'^ Die aksent van 'praktiese teologie' op die gemeente as sosiale faktor kan Christus bloot funksioneel aan die gemeente ondergeskik maak.

Tog sê Pannenberg tereg: 'The meaning of "practice" is not selfevident' en 'the question of the relation between theory and practice' is nie uitgeklaar nie. Dit is nog nie uitgemaak wat praktiese teologie presies is nie.'^ Bolewski'" sê dat teologie nie kan wen by 'n 'scheinbar modem pietistischen Verstandnis von der Praxis der Kirche und ihrer Verkiindigung' nie, omdat slegs 'n 'wissenschaftlich kritischen Revision dieser Praxis' kerkwees kan bevorder. Dit sal tog saam met kerkreg moet gebeur, 'n Mens wil saamstem met Pannenberg dat nadruk op praxis

los van 'n 'theoretical basis' wetenskaplik onmoontlik is. Ook diegene wat eensydig op 'praktiese teologie' aandring, koester 'n teoretiese basis vir hierdie aandrang. Praxis moet noodwendig op die 'experience of meaning' gerig wees.''

Wetenskaplike kennis (teorie) word beoefen om in praktyk toegepas te word.'* Teologie wil juis prakties wees." Die Skrif word nie bestudeer om abstrakte intellektuele kennis of teorie te formuleer nie.'* Nietemin moet teologie soos enige ander wetenskap met basiese voorveronderstellings begin." 'n Eenvoudige teologiese stelling soos 'God red jou deur geloof in Jesus Christus' wat vir praktiese teologie essensieel is, is volledig dogmaties (teoreties) bepaald. 'Theologie als Denkweise bezieht sich auf einen Kanon grundlegender Aussagen ... Ohne Dogma gibt es keine Theologie'.^

Ons moet aanvaar dat die skeiding of teenstelling tussen teorie en praktyk het 'apokryph geworden ... Das gilt mutatis mutandis auch für das Verhaltnis von wissenschaftlicher Theologie und kirchlicher Praxis'." Die intensiewe poging wat Malan Nel aanwend om Praktiese Teologie as wetenskap te vergelyk met 'n boog waarvan die twee punte van teorie en praktyk ewe sterk moet span om 'n 'nuwe praxis' af te skiet, oortuig nie. Hy probeer Praktiese Teologie multidissiplinêr, interdissiplinêr en intradissiplinêr voorstel waar binne 'n spanningverhouding, as ek hom reg verstaan, tussen 'teologie' as teorie of een punt van die boog en sosiale wetenskappe as praktyk of ander punt van die boog in ewewig moet bly. Hy pleit gevolglik dat die opleiding in 'pylpuntlose teorie' (teologie? ) beëindig moet word.'^

Voorlopige konklusie

'n Mens kry die indruk dat die stroomversnelling na die Tweede Wereldoorlog die gereformeerde teologiese wereld so gejaag het om aktueel te bly, dat daar 'n skisofrenie in essensiële en basiese aspekte van die teologiese besinning aan die dag getree het. Daar bestaan 'n kloof tussen reformatoriese en neo-protestantse teologie. Dit kom veral na vore in 'n fundamentele verskil oor wat teologie werklik is. Die reformatoriese teologie stel in lyn met die Reformasie onomwonde

die Skrif en openbaring van God asprincipium theologiae. Tog wek die hantering van die begrip kerk as instituut (al word die koninkryk en onsigbare universele kerk erken) twyfel of die principium theologiae konsekwent deurgetrek word en of met die kerkbegrip nie 'n stap na die neo-protestantse teologie gedoen word nie.

Die neo-protestantse teologie ondersoek die kerk en godsdienstige mens. Dit verstaan onder teologie eintlik 'n vorm van ekklesiologie of godsdienstwetenskap omdat die 'teologie' die religieuse ervaring en aktiwiteite rondom die kerk, individueel en gemeentelik, en volgens die nuutste formuleringe in die 'samelewing'", bestudeer. Gevolglik kan 'praktiese teologie' al meer in 'n altematiewe teologie ontwikkel met die idee dat teorie en praxis parallel naas mekaar beweeg en met mekaar kan kommunikeer.

Die rasionalistiese dualisme tussen teorie en praktyk skep 'n dilemma, omdat ekklesiologie nie sonder praktiese gestaltes en handelingsgebeure en praktiese teologie nie sonder dogma en teorie oor godsdiens, kerk en teologie beoefen of verstaan kan word nie. Sou hierdie dilemma Pieterse laat sê: ' 'n Prakties-teologiese ekklesiologie binne die perspektief van hierdie teorie van kommunikatiewe handelinge in diens van die evangelie is nodig'? *^ Moet praktiese teologie 'n altematiewe ekklesiologie lewer? Kan Praktiese Teologie ekklesiologie lewer sonder om op die terrein van Kerkreg te beweeg? Dit is onmoontlik om ekklesiologie as 'n teorie sonder praktyk of praktiese teologie sonder 'n ekklesiologiese teorie te beoefen. Gevolglik moet veral kerkreg en praktiese teologie in gesprek tree om sinvolle ordeming te skep tussen wat die kerk is en hoe die kerk handel en leef. In die ekklesiologie kan 'praktiese' vakke 'n definitiewe inset lewer. 'Often what churches need is not a better understanding of the faith, but a more adequate knowledge of the society in which they are trying to live it out. Knowledge is required, and not all ... will be found within the classical theological discipli-

DIE DILEMMA OM WETENSKAP TE WEES

Die probleem vir praktiese teologie om wetenskap te wees hang saam met die formulering van voorveronderstellings, veld van ondersoek en metodes waarmee kennis omtrent die veld van ondersoek verkry, geverifieer en gesistimatiseer

word.** Die voorveronderstelling dat die praktiese van die teoretiese afgegrens kan word, het ons reeds hierbo betwyfel en heel resent word gevra: 'Kan die praxisbegrip (wat in die kritiese teorie funksioneer) net so op Praktiese Teologie oorgedra word? '*^ Daarmee is ook die veld van ondersoek van praktiese teologie bevraagteken. Die beslissende vraag is dus wat onder 'prakties' verstaan word. Die eenstemmige antwoord biy praktiese teoloë tot op datum ontwyk.

Die wetenskaplike karakter en selfstandigheid kom in gedrang wanneer praktiese teologie sou bedoel om die resultate van ander teologiese vakke in die lewe van mense toe te pas.*^ Die resultate van die Suid-Afrikaanse Werkgemeenskap vir Praktiese Teologie is vir 'n dekade onder die titel Die Kerk se Werk gepubliseer.'' Trimp praat van die 'praktijk der kerk' wat ondersoek word.'" Sodra op kerklike praktyk toegespits word, kom die 'pretentie theologische wetenschap' te wees in gedrang. 'De theologie staat hier voor de moeilijke opgave theologie te blijven en toch de kerkelijke praktijk kundig te dienen.'"

Van 'n vak 'praktiese teologie' word gepraat asof dit een bepaalde vak in die teologie is. By nader ondersoek val die vak egter uiteen in 'n aantal vakke. Vandag word die tradisionele diakoniologie^^ tot die Praktiese Teologie met of sonder byvoegings soos kommunikasiestudies of gemeentebou, gereken, maar sê Nel 'die dilemma bly nog hoe die verskillende dissiplines in die prakties-teologiese teorie bymekaar gebring word'.'' Liturgie en kategetiek pas nie by mekaar onder die noemer 'didaskaliese vakke' soos Kuyper doen nie. Die orde van diens van die gemeente verskil tog van die diens van die leraar. Gevolglik vind praktiese teologie dit moeilik om sy deeldissiplines te defineer'" of daaroor saam te stem.'' 'n Stroom van artikels spartel in resente tyd met die wetenskapsopset van praktiese teologie.'*

Praktiese Teologie wil vandag doelbewus nie soos diakoniologie die Skriftuur-

like basis van die ampte bestudeer nie7^ 'n Mens kry die eienaardige indruk dat daar eers 'n vakgebied met die naam 'praktiese teologie' geskep is en dat daarna geprobeer word om die vakgebied kenteoreties en teologies te regverdig.'* Die vraag is of dit hier om 'n vak dan wel om 'n poging gaan om teenoor Skrif-teologie 'n altematiewe 'rassionaliteitsmodel' teologie ('godsdienstwetenskap'? ) te lewer.

DIE DILEMMA OM TEOLOGIE TE WEES

Vanuit Luther se twee rykeleer waarin die kerk wesentlik geestelik en onsigbaar teenoor die sigbare preekinstituut beskou word, bly die uitspraak van die regsgeleerde Sohm aityd groen: 'Das Wesen des Kirchenrechtes steht mit dem Wesen der Kirche in Widerspruch'7' Sy kerkbegrip is vanuit die Lutherse dialektiek eensydig en spiritualisties wanneer hy beweer: 'Es gibt keine sichtbare Kirche'.*" Indien die 'kerk' of 'liggaam van Christus' met die 'kerk as instituut' geïdentifiseer word'*', het Sohm op sterkte van die notae ecclesiae gelyk naamlik, dat 'n kerk wat in terme van 'n 'formalen Rechtsgesetzes'*^ of volgens 'menschlichen Rechtsordnung', jede of volgens 'Verfassung nach Art sonstiger Vereinsgewalt'*^ verstaan word, 'ist als solche nicht die Kirche Christi, sondem ein Teil der Welt. Sie ist kein geistliche Reich, kein Reich Gottes, sondem ein weltlich gearteter Verein'.*"

Barth*' het op grond van die unieke aard van die kerk kerkreg getipeer as reg wat na die stem van Christus luister. Daarom kan hy kerkreg en liturgie baie intiem verbind. Kerkreg het te doen met praktiese kerkwees, liggaam van Christus wees, die communio sanctorum. Kerkreg moet dus 'Dienstrecht, Recht im Rahmen einer Dienstordnung' wees. Barth kon met reg pleit vir 'n 'gottliches Recht, eine von Gott der Christenheit mitgebore kirchlichen Rechtsordnung, eine Rechtsordnung welche einen gegenstand des Glaubens darstelt, deren Beobachtung für das rechte Verhaltnis zu Gott entscheidend ist'. Kerkreg kan nie van 'praktiese teologie' geskei word nie.

Op die verskillende en wisselende konotasies van die woord 'kerk' gaan ons nie

in nie.** Dit is genoeg om te sê dat verskillende vertrekpunte oor wat amp, gesag en kerk is, verskillende opvattings oor kerkreg veroorsaak/' Teen die begin van hierdie eeu is die 'rechtlich organisierten Leben der Kirche' nog 'Substantz der praktischen Theologie'.** 'n Legio standpunte ontstaan oor wat kerkreg behels.*' 'Kerkreg' kan nie met die begrippe 'kerk' en 'reg' gedefineer word nie.** Wie die 'kerk' as 'n vereniging of instituut in die samelewing verstaan, behoort 'kerkreg' onder verenigingsreg en nie onder teologie te bestudeer nie. Aan die naam 'kerkreg' hoef ons dus nie te veel gewig te heg nie.

Vanuit die dominante en objektiewe betekenis wat die woord 'kerk' in Nederland en elders verkry het, kry kerkreg 'n konotasie wat los van die koninkryk staan. Volgens Nauta is die 'kerk' outeur van die reg vir die kerk as 'samelewingsverband'." 'n Samelewingsverband is 'n sosiale verskynsel. Bakker defmeer kerkreg as 'n poging om 'het geheel van de normen die de structuur van de kerkelijke organisatie en de rechtsverhoudingen binnen de kerken, alsmede de betrekkingen van de kerken naar buiten, zowel tot elkander als tot de staat bedoelen te regelen'.'^ In die definisie kan 'normen' nog op teologie slaan en aan Kuyper se ius constituendum naas 'n ius constitutum herinner.'^ Maar veel minder teologies en gerig op die ius constitutum noem 'n ander Kerkreg 'theologische wetenschap' wat in besonder 'aandacht heeft voor de functie van de vastgestelde rechtsregels' waarby 'niet een simpel schriftberoep mogelijk' is.'" Ons kan nie 'n 'kerkreg' as teologie aanvaar wat slegs moet dien as 'Oberrechenkammer der Kirche' wat die krankemente van dié reg met die oog op die 'geschichtliche Gestalt der Kirche und ihre Problem' moet aantoon nie.'^

Ekklesiologie wat op die gangbare kerkinrigting toespits, kan net so goed onder sosiologie tuisgebring word wat die 'kerk' as sosiologiese verskynsel bestudeer. Altematiewelik kan die verstaan van die regsverkeer van die instituut en van 'kerkreg' by die sekulêre regswetenskap tuishoort, 'n logiese konsekwensie van die oordrewe, statiese en aan die Skrif vreemde vertrekpunt wat in die 'kerk as

instituut' geneem word. Wie egter met die Skriftuurlike begrippe koninkryk en dienste wat die kerk as gelowige mense voorafgaan'* en met universele en plaaslike kerk soos dit in die Skrif voorkom'^, werk, kan tog meer legitiem op die naam 'teologie'aanspraak maak.

Inhoudelik het die kern van die teologie vanaf die 17de eeu egter na 'an anthropocentric interpretation of theology' verskuif. God self en die teologie word antroposentries verstaan. 'The subject of theology is now man, and its theme is man's constitution, his goal as a member of the human species. This naturally involves a consideration of the place of religion in human life, and there are important connections between the definition of theology as a scientia practica and the fact that form the 17th century onwards ... religion became the fundamental theme of theology.''*

Schleiermacher bou Praktiese Teologie op die Kirchenregiment. Praktiese Teologie moes ekklesiologies 'proper trained clergy' en die 'necessary leadership of the church' en so die 'blueprint for the clerical church' voorsien.** Kuyper se diakoniologie het bale hiermee gemeen, hoewel hy die 'amp' en Schleiermacher die kerk meer op die voorgrond stel."* Jonker neem die amp minder as Kuyper in ag en reken dat die amp in die Nuwe Testament na die gemeente gedelegeer is."" Daarmee gly die verstaan van die ampte al meer van 'n teotogiese of Christologiese na 'n ekklesiologiese basis.'"^ Die nuwe ekklesiologie vra nie meer na die ampte met die oog op die gemeente nie'"^, maar die gemeente werk indien nodig deur die ampte. "*^

Die versigtige identifikasie en subordinasie van die 'ampte' aan die 'gemeente' om die 'amp van die gelowige' op dreef te kry, is deur die 'demokratiseringsgolf' wat oor Europa gespoel het"", opgeraap. Daar word primer gevra na die heil van die mens en die wereld en hoe die gemeente daaraan kan meewerk. Sosiologie en psigiologie het dominante faktore binne ' 'n gehumaniseerde wereld' geword."*

Al meer sosiologiese, psigologiese, pedagogiese, politieke of tegnologiese studies word as teologie aangebied.""

Gepaard met die omkeer van 'kerugmatischer Theologie hin zu Theologie der Erfahrung''"* het teoloë die menswetenskappe begin ondervra oor die mens, sy wereld, sy psyche, sy taal en wat in die sosiale wetenskappe oor die mens gesê word. Die gevolg was dat die praktiese teologie in 'een soort Kirchensoziologie of een stuk kerkelijke psychiatrie' opgaan waarin die geheimnis van die werk van die Heilige Gees verlore gaan."**

Na my beskeie mening het die sosialiseringsgolf wat in die Weste in die sestigerjare momentum gekry het, baie bygedra om die huidige Praktiese Teologie dieper in 'n dilemma te beland. Die aksent val in navolging van Firet op 'hoe God deur sy Woord ... tot die gemeente en deur die gemeente tot die wereld kom'"", terwyl die kom van God tot die individu al minder aandag kry. 'Sosiaal-filosofies' word met 'n beroep op Kunneman gesoek na 'vooruitgang van die samelewing'.'" Met verwysing na Gadamer word gesê: 'Binne die veld van kommunikatiewe verhoudinge maak die sosiaal wetenskaplike kennisverwerwing deel uit van die gerigtheid op die instandhouding van die simboliese reproduksie van die samelewing'."^ Met verwysing na Otto, Mette, Greinacher, Spiegel en Bastian word teologie met 'n kerklike of ampsperspektief as te eng beskou en gevra dat teologie op 'n 'rasionaliteitsmodel' 'n 'blue print for a Christian society' moet lewer."^

Op hierdie toer word Habermas dan toepaslik vir die praktiese teologie gemaak om arbeidsmatig en taaimatig die aksent op menslike 'kommunikatiewe handelinge' in belang van menslike samelewing (en gemeentebou? ) te vestig. Van Praktiese Teologie word verwag om op 'meta-teoretiese vlak' by Habermas aan te sluit en op die voetspoor van Zerfass die 'kommunikatiewe handelingsteorie' tussen gelowiges in die gemeente te ontwikkel."'' Die vraag is gevolglik of hier met 'n

sosiologiese of 'n teologiese fenomeen gewerk word.

Die aanvaarding van die 'geloof van mense' en wat die Bybel daaroor getuig''' of nog wyer van religiositeit in die samelewing as objek van teologiese navorsing, verskerp die aandrang vandag dat al meer empiriese metodes in die 'teologie' gebruik moet word."* So is teologie sienderoë besig om in godsdienstwetenskap op te gaan.

GEVOLGTREKKING

Van Wyk is ongetwyfeld reg wanneer hy met verwysing na Van Huyssteen (1986:24) beweer 'dat teologie lank reeds in 'n identiteitskrisis gedompel is, omdat die vraag wat is teologie vir elke teoloog 'n onontwykbare vraag van die eerste orde geword het'.'" Kuyper"^, Jonker en De Klerk'" se formulering van basisteorië vir die teologie bevredig nie meer nie omdat dit nie duidelik die identiteit van die gereformeerde teologie teenoor die leemtes in die basisteorië van die rasionalistiese wetenskapsteorie in die moderne maatskappygerigte 'teologie' blootlê nie. Teologie wat nie 'n woord (logos) oor God (teos) kan sê nie, is nie teologie nie.

Tweedens verraai 'praktiese teologie' 'n doelbewuste opset om weg te beweeg van 'n Skrifgenormeerde diakoniologie. Die beweging word aangehelp wanneer 'kerkreg' buite rekening gelaat word. Dit is sinloos om te probeer voorgee dat hier slegs fasette van dieselfde teologie beoefen word. Praktiese Teologie probeer in werklikheid om 'n alternatie we teologie in bondgenootskap met die menswetenskappe daar te stel wat finalitêr neerkom op antropologiese godsdienstwetenskap. Gevolglik verkeer 'praktiese teologie' in die neo-protestantse teologie in 'n proses van gedurige geboorte.'^" Die gerigtheid van Praktiese teologie op die kerk as mense is sy sterkste aanvalswapen teen 'n kerkreg wat te dikwels 'n formeel-wetlik-omlynde instituut beskryf. Besinning oor wat die kerk is (kerkreg), kan nie geskei word van hoe die gelowiges handel en lewe (praktiese teologie) nie.

Die gereformeerde teologie sal groter dialoog, herstrukturering en eenheid tussen ekklesiologie en die sogenaamde 'praktiese teologie' moet soek. Die 'kerk as instituut' waarop die 'kerkreg' swaar leim, verdiskonteer nie die wese van die

kerk as organisme, liggaam van Christus, as mense onder sorg van die diakoniai (diakoniologie) nie.'^' Dit lyk daarom sinvol om selfs die begrippe 'kerkreg' en 'praktiese teologie' te bevraagteken en voor te stel dat die teoloë 'n nuwe diakoniologie oor die dienste aanbied, waarin prolegomena (kerkreg) sowel as praktiese uitvoering, integreer terwyl 'n nuwe ekklesiologie die aspekte van kerkwees wat ekklesiologie en praktiese teologie vandag bestudeer, sinvol kan kombineer.

BIBLIOGRAFIE

Bakhuizen van den Brink, J.N. 1968. lus Ecclesiasticum. Historische beschouwingen over Kerk en recht. Amsterdam. Noord-HoUandsche Uitgevers.

Bakker, W. 1990. 'Geschiedenis van de wetenschap van het kerkrecht.' (In: an 't Spijker, W., Van Drimmelen, L.C., Red. Inleiding tot de studie van het kerkrecht. Kampen. Kok:20-31).

Bakker, W. 1990. 'Wat is kerkrecht? ' (In: an 't Spijker, W., Van Drimmelen, L.C., Red. Inleiding tot de studie van het kerkrecht. Kampen. Kok:13-19).

Barnard, A.C. 1979/80 'Die Historiese Ontwikkeling van die Praktiese Teologie (In: . Nel, Red. Die Kerk se werk. Kongresreferate van die Werkgemeenskap vir Praktiese Teologie:31-52).

Barth, K. 1959. Kirchliche Dogmatik. Deel IV/2. Zollikon-Zürich. Evangelische Verlag.

Bolewski, H. 1969. 'Geschichtlichkeit der Predigt und Wissenschaftlichkeit der Theologie' (In: euenzeit, P., Red. Die Funktion der Theologie in Kirche und Gesellschaft. München. Kösel:75-87).

Bromiley, G.W. 1978. Historical Theology. An introduction. Grand Rapids: Eerdmans.

Calvyn, J. 1559. Institusie van die Christelike Godsdiens. Vertaling van H.W. Simpson. Potchefstroom, CJBF.

De Jongh van Arkel, J.T. 1986. 'Persoonlikheid en ampsgeskiktheid van die predikant'. Praktiese Teologie in Suid-Afrika. 1:24-38.

Dreyer, T.F.J. 'Eerste tree in die Praktiese Teologie - Waarheen? ' Hervormde Teologiese Studies. 47 (3):597-608. September.

Dijkstra, H. 1980. 'Die aard van die persoonlike toespitsing van die heil in die Heidelbergse Kategismus ('n SteekproeO'. In die Skriflig. 14. (56):40-53.

Dombois, H. 1969. Das Recht der Gnade. Oekumenisches Kirchenrecht Band I. Witten. Lutherverlag.

Dombois, H. 1974. Das Recht der Gnade. Oekumenisches Kirchenrecht Band II. Witten. Lutherverlag.

Douma, J. sj. 'Encyclopedie' (In: Oriëntatie in de Theologie. Studiegids samenge-

steld door de hoogleraren aan de Theologische Hogeschool van de Geref. Kerken in Nederland te Kampen. De Vuurbaak:7-20).

Du Plooy, A Ie R. 1982. Kerkverband, 'n Gereformeerde Ekklesiologiese studie.

D.Th. proefskrif. PU vir CHO.

Du Plooy, A Ie R. 1989. 'Kollegialisme'. In die Skriflig 23 (91):2-11.

Eybers, I.H., König, A., Stoop, J.A. (red.). 1982. Inleiding in die Teologie (Derde hersiene en uitgebreide uitgawe). Pretoria. NG Kerkboekhandel.

Firet, J. 1968a. Praktische Theologie als theologische futurologie. Kampen. Kok.

Firet, J. 1968b. Het agogisch moment in het pastoraal optreden. Kampen. Kok.

Fischer-Bamicol, H. 1969. 'Theologische Methode und mystische Erfahrung'. (In: euenzeit, P., Red. Die funktion der Theologie in Kirche und Gesellschaft. München.Kösel:88-109).

Friedrich, O. 1978. Einfüuhrung in das Kirchenrecht. Göttingen. Vandenhoeck.

Greinacher, N. 1969. 'Theologie im Spannungsverhaltnis von Theorie und Praxis'. (In: Neuenzeit, P., Red. Die funktion der Theologie in Kirche urui Gesellschaft. München. Kösel; 156-170).

Heyns, J.; Pieterse, H.J.C. 1990. Eerste tree in die praktiese Teologie. Pretoria. Gnosis.

Heyns, J.A.; Jonker, W.D. 1974. Op weg met die Teologie. Pretoria. NG Kerkboekhandel.

Honig, A.G. 1925. 'Schleiermacher (Friedrich Daniel)'. In: Christelijke Encyclopaedic voor het Nederlandsche volk. Kampen. Kok.

Homig, von G. 1991. 'Wahrheit und Historisierung in Semlers kritische Theologie'. TheologischerLiteraturzeitung. 116 (10):722-730. Oktober.

Janson, M. 1982. 'Praktiese Teologie' (In: ybers, I.H.; König, A.; Stoop, J.A.; Red., Inleiding in die Teologie. Pretoria. NG kerkboekhandel:325-346).

Jonker, W.D. 1968. Theologie en praktijk. Een peiling van het theologische karakter van de diakoniologische vakken. Kampen. Kok.

Jonker, W.D. 1977. 'What is theology? ' (In: hurch and theology in the contemporary world. Grand Rapids. Secretanat, RES:4-\5).

Jonker, W.D.; Heyns, J.A. 1974. Op weg met die Teologie. Pretoria. NG Kerkboekhandel.

Kamphuis, J. sj., 'Ekklesiologie' (In: riëntatie in de Theologie. Studiegids samengesteld door de hoogleraren van de Theologische Hogeschool van de Geref. Kerken in Nederland te Kampen. Deventer. De Vuurbaak:88-107).

Klooster, F.H. 1977. 'Theology, Confession and the Church. (In: hurch and theology in the contemporary world. Grand Rapids. Secretariat, RES:21-38).

Kuyper, A. 1908, 1909. Encyclopeadie der Heilige Godgeleerdheid. Drie dele. Kampen. Kok. . . • •'•

Lovin, R.W. 1992. 'The real task of practical theology'. The Christian Century, 109(5):125-128.

Nauta, D. 1971. Verklaring van de Kerkorde van de Gereformeerde Kerken in Nederland. Kampen. Kok.

Nel, M. 1987. 'Die verhouding van gemeentebou tot die ander dissiplines van die vak praktiese teologie en ander teologiese vakke. Praktiese Teologie in Suid-Afrika. 2:26-37.

Nel, M. 1991. 'Die wisselwerking tussen teorie/praxis in die praktiese teologie. Praktiese Teologie in Suid-Afrika. 6(1):22-37.

Pannenberg, W. 1976. Theology and the philosophy of science. London. Darton, Longman & Todd.

Pieterse, H.J.C. 1991 'Die wetenskapsteoretiese grondslag van die praktiese teologie. Praktiese Teologie 6(1):38-51.

Pont, A.D. 1981. Die historiese agtergrond van ons kerklike reg. Pretoria. Kittal. Pont, A.D. 1983. 'Die betekenis van meerdere vergaderinge t.o.v. hulle gesag, funksie en handelinge in die kerk. Herv. Teol. Studies 38 (2, 3):104-135.

Popma, K.J. 1946. De plaats der Theologie. Wever. Franeker.

RES kyk Reformed Ecumenical Synod.

Reformed Ecumenical Synod, 1983 The Church Science and technology, Botha, DP et al red. Grand Rapids. Secretariat, RES.

RES, 1977. Church and theology in the contemporary world. Grand Rapids. Secretariat, RES.

Rietveld, B. 1977. 'Response'. (In: hurch and theology in the contemporary world. Grand Rapids. Secretariat, RES:16-20).

Schulze, L.F. 1988. 'Die Kategismusprediking in die krisis'. In die Skriflig. 22 (88):24-31.

Smit, C.J. 1985. Kerkreg en Kerkorde in die lig van God se reg en orde vir sy Kerk. Potchefstroom. PU vir CHO. Proefskrif.

Smuts, A.J. 1986. 'Die huwelik en gesinslewe van die predikant. Praktiese Teologie in Suid-Afrika. 1:52-68.

Snyman, W.J. 1977. Nuwe en Ou dinge. Potchefstroom. Pro Rege.

Spoelstra, B. 1986. 'Het ons kerkwees in strukture gestol? Hervormde Teol. Studies. 42(1):94-109.

Spoelstra, B. 1989. Gereformeerde Kerkreg en Kerkregering. Hammanskraal: Teol. Skool.

Spoelstra, B. 1992a. 'Op soek na 'n paradigma vir kerklike gesag met kerkreg en praktiese teologie as parameters. Hervormde Teologiese Studies, 48/2 & 3:1-22. Spoelstra, B. 1992b. 'Besinning oor die teologiese ensiklopedie van Abraham Kuyper met kerkreg en diakoniologie as parameters. (Verskyn waarskynlik in In

die Skriflig, Desember 1992.)

Stoker, H.G. 1961. Beginsels en Metodes in die Wetenskap. Potchefstroom. Pro Rege.

Stoop, J.A. 1982. 'Kerkgeschiedenis' (In: ybers, I.H.; König, A.; Stoop, J.A., Red. Inleiding in die Teologie. Pretoria. NG Kerkboekhandel:121-154).

Trimp, C. sj. 'Diakoniologie' (In: riëntatie in de Theologie. Studiegids samengesteld door de hoogleraren van de Theologische Hogeschool van de Geref. Kerken in Nederland te Kampen. Deventer. De Vuurbaak:146-164).

Van Huyssteen, J.W.V. 1986. Teologie as kritiese geloofsverantwoording. Pretoria. RGN.

Van 't Spijker, W. 1990a. 'De opvattingen van de Reformatoren'. (In: an 't Spijker, W., Van Drimmelen, L.C., Red. Inleiding tot de studie van het Kerkrecht. Kampen. Kok:86-103).

Van 't Spijker, W. 1990b. 'Aspecten van Gemeentebouw in de Reformatie.

Voornamelijk bij Luther, Buceren Calvijn. Theologia Reformata. 33:309-332.

Van de Beek, A. 1990. 'Hermeneutiek van het kerkrecht'. (In: an 't Spijker, W., Van Drimmelen, L.C., Red. Inleiding tot de studie van het Kerkrecht. Kampen. Kok:59-72).

Van der Walt, J.J. 1980. 'Die verhouding van die diakoniologie tot die ander teologiese dissiplines'. (In: el, M., Red. Die Kerk se Werk. Kongresreferate van die Werkgemeenskap vir Praktiese Teologie 1979 en 1980:20-30).

Van der Walt, Tjaart. 1977. 'Response'. (In: hurch and theology in the contemporary world. Grand Rapids. Secretariat, RES:63-66).

Van Wyk, A.G. 1991. ' 'n Verkennende gesprek rondom die begrip teologie in verskillende prakties-teologiese benaderings'. Praktiese Teologie 6 (1):76-85.

Van Wyk, J.H. 1968. 'Hoeveel kerkbegrippe is by ons in swang? In die Skriflig 2 (7):12-26. Augustus/September.

Velema, W.H. 1977. 'Central Issues in Current Theology. (In: hurch and theology in the contemporary world. Grand Rapids. Secretariat, RES:44-62).

Wolfaardt, J.A. 1979/80. 'Die verhouding van die Praktiese Teologie tot die ander wetenskappe' (In: . Nel, Red. Die Kerk se werk. Kongresreferate van die Werkgemeenskap vir Praktiese Teologie:53 e.v.).


1 Vgl.Pannenberg, 1976:231-240

2 Vgl. Pannenberg, 1976:300

3 Dijkstra, 1980:46; Schulze, 1988:27

4 Van 't Spijker, 1990b:309-332

5 Snyman, 1977:24-50

6 Vgl.Dombois, 1974:36

7 Matt. 16:18, en 18:17

8 Vgl. NGB artt. 27-32 en selfs Schleiermacher se verstaan van die kerk

9 Bakker, 1990:30 i.s. Nederland. Prof. Philay van Unisa, teoloog uit 'n charismatiese kerk het die KWS A te Pretoria in Januarie 1991 meegedeel dat Engelse en swart teoloë nie belang in kerkreg stel nie.

10 Pannenberg, 1976:351, 363

11 Van Wijk, 1991:76 e.v.

12 Vgl. Calvyn, Institusie I, vi, 2

13 Jonker, 1977:3-7

14 Rietveld, 1977:17

15 Klooster, 1977:21.

16 Velema, 1977:44 : ^'

17 Van Wyk, 1991:81. ' .

18 Van der Walt, 1977:63

19 1991:76-84

19 1991:76-84 20 Jonker, 1968:16, 1974:274, 1986:18; Heyns, 1974:55 e.v., 127-148; Popma , 1946:70; Kuyper, 1909: I, 352 e.v., Douma, s.j.:8 : 13-19

21 Homig, 1991:727. Vgl.NGB, art. 2; Stoker, 1961-138 e.v., Douma, t.a.p.

22 Bromiley, 1978:362; Honig, 1925:86-88

23 Friedrich, 1978:237; Heyns, 1974:143

24 Kuyper, 1909: , 633 e.v., vgl. 294 e.v., Bamard, 1979/80:39; Pannenberg, 1976:314 e.v.

25 Van Wyk, 1991:83 '

26 Vgl. die begrip 'valse kerk' in die Akte van Wederkeer en ekklesiologiese kompartementering na 1834

27 Vgl. verskille tussen Hoedemaker, Kleyn en andere aan die een kant en Kuyper, Rutgers, De Savorin Lohman en Bouman aan die ander kant

28 Jonker, 1968:6; Trimp, s.j.:148

29 Bakker, 1990:24

30 Vgl. Smit, 1985:36 e.v., 59 e.v.

31 Vgl. Stoop, 1982:143; Kuyper, 1909: , 212 e.v.

32 Jonker, 1968:12, 22.

33 Vgl. Pannenberg, 1976:430-433.

34 RES, 1979:4, 16. '• , ,

35 Kuyper, 1909:111, 212 e.v. i •

36 RES, 1979:26; vgl. Snyman, 1977:24-50.

37 NGB art. 27-31, Heid. Kat. S 21.

38 GES, 1979:40-43; vgl. GES 1983:42 e.v.: church both in its institutional form and as a fellowship of believers'. Vgl. by notas 6 en 7 hierbo.

39 GES, 1983:33.

40 Spoelstra, 1986:4-17, 20 (80) Des. Vgl. Spoelstra, 1989:4-18. Vgl. Dingemans, 1990:210.

41 Kleyn, 1988.

42 Vgl. Bouwman, 1934:1-10; Bakker, 1990:25-30; Bronkhorst, 1990b:121 e.v., Deddens, 1990b:134.

43 Deddens, 1990c:146; Nauta, 1971:7, 14; 1990:151 e.v., 157; Dingemans, 1990:208; Kamphuis, sj:93.

44 Bakhuizen van den Brink, 1968:10 e.v.

45 Bakker, 1990:25 e.v.

46 Kuyper, 1909: II, 633 e.v. Vgl. 294 e.v. en III, 5 e.v., 183, 215; Spoelstra, 1992b.

47 Friedrich, 1978:88; Vgl. Van 't Spijker, 1990:86-90 en Bakhuizen van den Brink, 1968:33 e.v.

48 Barnard, 1979/80:39; Pannenberg, 1976:314 e.v.

49 Honig, 1925:88.

50 Van der Walt, 1980:20 e.v.

51 Wolfaardt, 1979/80:53; Nel, 1991:28 e.v.

52 Pannenberg, 1976:350-358, 434.

53 Pannenberg, 1976:435-438; vgl. Janson, 1982:328.

54 Bolewski, 1969:86.

55 Pannenberg, 1976:433.

56 Vgl. Stoker, 1961:133 e.v.; Pannenberg, 1976:347.

57 Jonker, 1968:5; Barnard, 1979/80:34.

58 Vgl. Stoker, 1961:142.

59 Stoker, 1961:140 e.v., 244.

60 Fisher-Bamicol, 1969:93.

61 Bolewski, 1969:81.

62 Nel, 1991:31, 35.

63 A la Habermas, vgl. Pieterse, 1991:41 e.v.; Nel, 1991:24

64 Pieterse, 1991:48.

65 Lovin, 1992:128. f K'-

66 Vgl. Stoker, 1961:51 e.v.

67 VanWyk, 1991:84.

68 Van der Walt, 1980:25; Jonker, 1968:6, 12.

69 Vgl. DuToit, 1973.

70 Trimp, s.j.:147 e.v.

71 Jonker, 1968:6 e.v. 72 Homiletiek, liturgiek, kategetiek, pastoraal, diakoniek, vgl. Jansen, 1982:339; Firet, 1968b:9 e.v.

73 Nel. 1991:27.

73 Nel. 1991:27. 74 Nel, 1986:12 e.v.

75 Wolfaardt, 1979/80:53; Van Wyk, 1991:76-85.

76 Van Wyk, 1991; Pieterse, 1991; Nel, 1991:23; Firet, 1968a:6, 9, 97 en 1968b:24; Janson, 1982:337-340.

77 Van Wyk, 1991:83.

78 Vgl.VanWyk, 1991:76; Nel, 1991:23e.v.

79 Sohm, 1892:700. , . ^ ' ,

80 Sohm, 1892:36.

81 Vgl. Bakker, s.j.:13; Kuyper, 1909: II, 184 e.v.

82 Sohm, 1892:27. - . •

83 Sohm, 1892:160; vgl. 695.

84 Ibid.:699; vgl. Bakhuizen van den Brink, 1968:20 e.v., 36.

85 Barth, 1955:765-824; Vgl. Spoelstra, 1992a.

86 Vgl. bv. Van Wyk, 1968:12-26.

87 Du Plooy, 1989:7, 10; Vgl. Barth, 1955:782 e.v.

88 Kahl, 1894:1-6.

89 Vgl. Friedrich, 1978:13-33.

90 Kamphuis, s.j.:90.

91 Nauta, 1971:7, 14.

92 Bakker, 1990:16.

93 Kuyper, 1909: III, 233.

94 Van de Beek, 1990:71.

95 Vgl. Dombois, 1969:13 e.v.

96 Vgl. Spoelstra, 1989:27 e.v.; Rm 10 : 14 e.v.

97 Snyman, 1977:24-55. . ' ',

98 Pannenberg, 1976:307 e.v., vgl. Schleiermacher.

99 Pannenberg, 1976:250, 253, 248 e.v.

100 Kuyper, 1909: I, 476; III, 471-473; Jonker, 1974:269 e.v.; Vir amp en kerk, vgl. Spoelstra, 1989:16 e.v., 30 e.v., 225 e.v.

101 Jonker, 1968:16 e.v., 1974:296 e.v. Vgl. Van der Walt, 1980:23, h.a. Velema. Vgl. Spoelstra, 1992a.

102 Vgl. Pont, 1983:106.

103 Rome en ook Calvyn, Institusie IV.3.i.

104 Vgl. Richards, Hoeldtke, 1908:293, 338 e.v., 361 e.v. en Jonker, 1968:20.

105 Runia, 1985: Centraal Weekblad 17 Mei.

106 Jansen, 1982:335; Douma s.j.:10; Nel, 1986:36.

107 Vgl. Klaus in Van der Walt, 1980:22; Vir voorbeelde, vgl. Smuts, 1986 en De Jongh vanArkel, 1986.

108 MüUer-Schwefe in Van der Walt, 1980:22.

109 Jonker, 1968:16, 23; Janson, 1982:329; Trimp, s.j.:149.

110 Nel, 1991:29, 33.

111 Pieterse, 1991:39.

112Pieterse, 1991:40e.v.

113 Van Wyk, 1991:80-81.

114 Pieterse, 1991:41-50; Van Wyk, 1991:79 e.v.

115 Pieterse, 1990:72.

116 Nel. 1991:32.

117 Van Wyk, 1991:83.

118 Vgl.Spoelstra, 1992b.

119 Van Wyk, 1991:76 e.v.

120 Vgl. Pieterse, 1990: Dreyer, 1991.

121 Vgl. Calvyn, Institusie IV, hoofstukke 1 tot 3.

Dit artikel werd u aangeboden door: Theologia Reformata

Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen, vragen, informatie: contact.

Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing. Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this database. Terms of use.

Bekijk de hele uitgave van woensdag 1 januari 1992

Theologia Reformata | 347 Pagina's

DILEMMA TUSSEN PRAKTIESE TEOLOGIE EN EKKLESIOLOGIE

Bekijk de hele uitgave van woensdag 1 januari 1992

Theologia Reformata | 347 Pagina's