Digibron cookies

Voor optimale prestaties van de website gebruiken wij cookies. Overeenstemmig met de EU GDPR kunt u kiezen welke cookies u wilt toestaan.

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies

Noodzakelijke en wettelijk toegestane cookies zijn verplicht om de basisfunctionaliteit van Digibron te kunnen gebruiken.

Optionele cookies

Onderstaande cookies zijn optioneel, maar verbeteren uw ervaring van Digibron.

Bekijk het origineel

Ds. J.A. van Rooy over de Chr. Geref. Kerken

Bekijk het origineel

+ Meer informatie

Ds. J.A. van Rooy over de Chr. Geref. Kerken

6 minuten leestijd Arcering uitzetten

Onze zendeling ds van Rooy, miss. predikant van Hoogeveen, bezocht ter gelegenheid van de slotdag van de A.B.C.- Z.-actie Nederland en onze kerken. In een vorig nr. werd een artikel over de A.B.C.- Z.-actie reeds opgenomen, dat na onderstaand aritkel verscheen. In „Die Kerkblad schreef hij, teruggekeerd in Zuid-Afrika, het volgend interessante artikel:

Hartlike samewerking
Die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika werk nou al vir meer as ses jaar met die Christelijk Gereformeerde Kerken in Nederland saam op sendinggebied. Die samewerking was nog altyd besonder hartlik en vrugbaar. Daar is volle korrespondensie tussen die twee kerke, sodat die predikante onderling beroepbaar is en attestate wedersyds aanvaar word. So is bv. 'n sendeling wat deur genoemde kerke vanuit Nederland uitgestuur is, ds. L. Floor, as professor op Hammanskraal benoem. Die broeders het ook in die gemeentes in Suid-Afrika bekend geword en groot waardering geniet vir hulle eenvoudige en kragtige prediking van die Woord van God.
Ondergetekende het die voorreg gehad om onlangs van naderby met die Christelijke Gereformeerde Kerken kennis te maak, toe hy op uitnodiging van die reëlingskomitee van 'n groot gesamentlike sendingaksie daar besoek afgelê het. Ons hoop om in 'n volgende artikel iets oor hierdie aksie te sê, maar in hierdie artikel wil ons graag iets meer vertel oor die genoemde kerke en hulle kerklike lewe.
Onbekend maak onbemind, en in hierdie geval, bekend bemind.

Wie is die Christelijk Gereformeerde Kerken?
Wie is hierdie kerk waarmee ons so nou saamwerk, en wat saam met ons een Gereformeerde kerkverband op die sendingveld opbou? Om hierdie vraag te beantwoord, sal ons eers 'n paar sinne van kerkgeskiedenis aan u moet opdis.
In 1892 was daar 'n vereniging tussen die Christelijk Gereformeerde Kerk, wat in 1834 onder leiding van ds Hendrik de Cock van die Hervormde Kerk afgeskei het, en die Nederduits Gereformeerde Kerken, wat in 1886 onder leiding van dr. A. Kuyper van die Hervormde Kerk afgeskei het.
Daar was egter in die Chr. Geref. Kerken beswaar teen die teologiese beskouings van dr. Kuyper, wat veral gegaan het oor die leer van die veronderstelde wedergeboorte by verbond en doop. 'n Aantal persone het gevoel dat hierdie besware eers in die reine gebring moes word voordat daar tot vereniging oorgegaan word. Toe dit egter in 1892 besluit is om met die vereniging deur te gaan, het drie gemeentes besluit om nie daarmee saam te gaan nie, en voort te bly bestaan as die Christelijk Gereformeerde Kerken.
Sedertdien het die Chr. Geref. Kerken uitgegroei tot ongeveer 68,000 lidmate, in 175 gemeentes met 117 predikante. Die gemeentes is oor die algemeen nogal klein, met gemiddeld ongeveer 400 lidmate per gemeente, waarvan 200 belydende lidmate. Daar is 73 vakante gemeentes. Daara is 'n kerklike orgaan wat weekliks verskyn, nl. De Wekker, en 'n Teologiese Skool te Apeldoorn, met vier hooglerare en vier-en-twintig studente oor vyf studiejare versprei.
Die Christelijk Gereformeerde Kerken het sedert 1927 op Celebes in Indonesië onder die Toradjas sendingwerk gedoen, wat ryklik geseën is. Daar het 'n sterk jong kerk tot stand gekom wat tussen 30,000 en 40,000 lede tel.

Geestelike ligging
Die Chr. Geref. Kerken is teologies konserwatief. Wat dit betref, is my indruk dat hulle op min of meer dieselfde vlak staan as die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika. 'n Mens voel jou dadelik tuis in die atmosfeer daar.
Daar is natuurlijk aksentverskille. In die Chr. Geref. Kerken is die persoonlike oproep tot bekering 'n meer pertinente element in die prediking as by ons in Suid-Afrika. Dit lyk asof dit 'n heilsame uitwerking het. Aan die ander kant is die mense daar minder allergies vir „illustrasies” en verhale uit die praktyk onder die prediking as hier by ons. Die mense hou bepaald daar van om die Skrif op hierdie wyse prakties toegelig te sien. Dit wil nie sê dat hierdeur die Skrifverklaring op die agtergrond gedruk word nie.
In die Chr. Geref. Kerken is daar twee rigtings, waartussen daar somtyds nogal 'n mate van spanning tot openbaring kom. Die een rigting, wat veral in die suide van die land invloed het, lê besonder veel nadruk op die ellende en magteloosheid van die mens. Hierdie groep het ook beswaar teen die gebruik van die Nuwe Nederlandse Bybelvertaling en teen die ritmiese sing van die Psalms. Die ander groep, wat in die meerderheid is, vind dat eergenoemde groep te eensydig die ellende van die mens aksentueer. Wanneer dit egter by skouer aan die wiel sir vir sending kom, is daar hartlike gemeenskaplike arbeidsvreugde en eensgesindheid, en „swaar” en „lig”, offer saam.

Persoonlike indrukke
Die eerste, allesoorheersende indruk, was die van broederliefde en belangstelling van die kant van die broeders en susters met wie ek in kontak gekom het. In my sendende gemeente, Hoogeveen, het ek dit veral sterk ondervind. So het die gemeente byvoorbeeld, ter uitdrukking van die band van eenheid van die Psalms in Afrikaans laat afrol en gesing. Die sang is hartlik en lewendig. Ek het die voorreg gehad om een Sondag in Noordeloos in die erediens voor te gaan. Dit is een van die drie gemeentes wat destyds in 1892 nie met die vereniging meegegaan het nie. Daar word ook nie ritmies gesing nie, maar die sang is daar beslis nie dooierig nie!
Die kerke is, ook in die heel klein gemeentes, opmerklik vol. Die gehore is 'n bietjie woeliger as wat ons in Suid-Afrika gewoond is, maar die aandag is wel daar.
Wat 'n mens tref, is die simpatieke gesindheid teenoor die Afrikaners in Suid-Afrika, veral wat betref die probleme op politiek gebied. Dit sal natuurlik nie help om te probeer voorgee dat die Afrikaners sonder foute en sondes is nie en dat ons hier in Suid-Afrika in die duisendjarige vrederyk leef nie, maar die mense is wel bereid om te luister, en hulle glo nie al die eensydige en leuenagtige propaganda wat daar vir hulle opgedis word nie — waarvan die omvang en gemeenheid 'n Afrikaner verstom laat stom.
Dit is seker daaraan toe te skryf dat hulle nog grotendeels vry is van die sosialistiese en rewolusionêre invloede wat die mode in Europa en ook in Nederland is. Dit kan ongelukkig nie in dieselfde mate van al ons geloofsgenote in Nederland gesê word nie.
Maar dit sal seker ook in 'n groot mate saamhang met die saaklike en nugtere inligting wat hulle van die kant van hulle sendelinge hier ontvang. Die gemeentes daar word ook gereeld deur hulle voltydse sekretarisse van die Deputate vir Buitelandse Sending besoek en toegespreek en oor die sendingwerk in Suid-Afrika ingelig. Hulle is baie goed op hoogte en leef intens mee. Dit was vir my weer eens 'n bewys dat afstand tussen sendende kerke en sendingwerk geen hindernis in die weg van werklike meelewing hoef te wees nie. Wanneer dit bv. gebeur dat lidmate van die Chr. Geref. Kerken of besoek kom, kom hulle gewoonlik ook na Vendaland, neem skyfies, en by hulle terugkeer in Nederland spreek hulle die gemeentes daar toe — in stampvol kerke.
Daar sal seker ook genoeg in die kerklike lewe daar wees wat 'n mens kan kritiseer as jy krities ingestel is, maar daar is soveel mooi dinge te bespeur dat dit vir my 'n behoefte van die hart was om dit ook aan die lesers van Die Kerkblad bekend te setl. Ons moet die band met hierdie kerk behou.


Uiteraard gaan we niet discussieren over de vraag of ds van Rooy onze kerken in alles goed ziet. Soms is het beeld wel wat geflatteerd. Soms is de tekening te overtrokken. Maar interessant is het wel.

Dit artikel werd u aangeboden door: De Wekker

Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen, vragen, informatie: contact.

Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing. Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this database. Terms of use.

Bekijk de hele uitgave van vrijdag 18 oktober 1968

De Wekker | 8 Pagina's

Ds. J.A. van Rooy over de Chr. Geref. Kerken

Bekijk de hele uitgave van vrijdag 18 oktober 1968

De Wekker | 8 Pagina's